Archive

Monthly Archives: Januarie 2019

Efes.1v17-18 => mag die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van WYSHEID en OPENBARING IN KENNIS VAN HOM GEE – VERLIGTE Oë VAN JULLE VERSTAND, sodat julle kan WEET wat die HOOP van sy roeping en wat die RYKDOM van die HEERLIKHEID van sy ERFDEEL onder die heiliges is.        

 

Dit is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie.

Dit is nie ‘n droom of visioen wat jy ontvang nie, maar voortdurende OPENBARINGSKENNIS deur God die OPENBAARMAKENDE HEILIGE GEES, van Jesus die Opgestane Christus.

Dit is BONATUURLIKE, GODDELIKE, GEESTELIKE KENNIS, GODDELIKE

GEESTELIKE WYSHEID, EN GODDELIKE GEESTELIKE BEGRIP WIE CHRISTUS IS.

Kol.1v19 => want dit het die VADER behaag dat IN Hom die GANSE VOLHEID sal woon.

Om kennis te hê wie Hy IN Sy Goddelike volheid IS.

 

Hierdie KENNIS is so groot en verhewe dat geen mens dit in een ervaring kan ontvang nie.

Alleen God die Heilige Gees kan net in ‘n breukdeel van ‘n sekonde iets daarvan  in ons gedagtes bekend maak.

Dit is voortdurende kennis wat ons gedagtes voortdurend vernuwe.

 

HOEKOM IS DIE OPENBARING VAN JESUS CHRISTUS SO BELANGRIK.

 

Om God te leer ken!

 

1Kor2v9-11 => wat die oog nie gesien, die oor nie gehoor het nie, wat nie in die hart van die mens opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet – kan net deur die Gees van God wat die dieptes van God KEN en ONDERSOEK, geopenbaar word – net soos die mens nie weet wat in die mens is, behalwe die gees van die mens nie, so weet ook niemand wat in God is nie behalwe die Gees van God.

 

Daar is geen ander weg of manier om God te ken behalwe dat Hy Homself aan ons deur Sy Gees openbaar.

 

HOEKOM MOET ONS CHRISTUS “IN” ONS LEER KEN?

 

Dit is net IN HOM, wat die volheid en ewige plan van God geopenbaar is.

Hy is die WOORD, die WEG, die WAARHEID, die LEWE, die VOLHEID van God.

Hy IS die ALLES en met Sy ALLES IS HY IN ONS –Efes.1v23.

 

Hy IS DIE BRON VAN WYSHEID EN KENNIS VAN GOD – 1Kor.1v24+30.

 

Ons kan alleen die Vader en Sy Volheid deur Christus IN ons ken => Joh.14v9 – Jesus sê vir Philippus , hy wat My gesien het, het die Vader gesien.

 

HOE ONTVANG ONS ‘N OPENBARING VAN CHRISTUS?

 

DIT IS ‘N WERK DEUR GOD SE GENADE!

 

Gal.1v15-16 => Paulus is deur God se GENADE GEROEP om Sy SEUN IN HOM TE OPENBAAR, sodat Paulus Hom onder die heidene sou verkondig.

Deur die genade van God => dit was God se soewereine wil, deur Paulus op ‘n bepaalde tyd te roep, om op ‘n bepaalde tyd volgens God se wil en tyd, hierdie openbaring van Sy Seun aan die heiliges te openbaar.      

Kol.1v26-27 => naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan Sy heiliges, aan wie God wou bekendmaak wat DIE RYKDOM VAN DIE HEERLIKHEID VAN HIERDIE VERBORGENHEID ONDER DIE HEIDENE IS, DIT IS CHRISTUS “IN” JULLE, DIE HOOP VAN HEERLIKHEID.

 

PAULUS HET ‘N HONGER GEHAD OM HIERDIE CHRISTUS TE KEN!

 

1KOR.2v2 => want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie, as net Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

 

Dit is nie ‘n vleeslike honger nie, maar ‘n honger in ons gees wat vloei uit God se genade.

 

Fil.3v8 => Paulus se belydenis van sy honger na die Christus in hom – ek ag alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, terwille van wie ek ALLES PRYSGEGEE het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry.

 

Dis nie ‘n honger na geestelike ervarings of vir die redding van siele nie, maar OM HOM DIE GEKRUISIGDE, DIE OPGESTANE CHRISTUS TE KEN.

 

GEEN VLEESLIKE MENS KAN DIT VIR ONS LEER NIE.

Die mens is die BEVESTIGER van die WOORD, Jesus Christus, net God die Heilige Gees kan vir ons die Woord openbaar en verstaanbaar maak dat ons dit geestelik kan verstaan – want God is Gees en Sy Woord moet geestelik aan ons geopenbaar word sodat ons dit geestelik kan verstaan.

 

Daarom Paulus se gebed in Efes.1v17-18 – dat God , die Vader van die HEERLIKHEID aan julle die GEES VAN WYSHEID en OPENBARING IN KENNIS VAN HOM MAG GEE – VERLIGTE Oë van julle VERSTAND sodat julle kan WEET wat die HOOP van ons roeping en die RYKDOM van die HEERLIKHEID van ons ERFDEEL onder die heiliges is.

 

Joh.16v13-15 => maar wanneer Hy gekom het, die GEES van die WAARHEID, sal Hy julle in die HELE WAARHEID lei – Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy HOOR, sal Hy SPREEK en die TOEKOMSTIGE dinge aan julle VERKONDIG – Hy sal MY VERHEERLIK, omdat Hy dit neem uit wat aan MY behoort en aan julle verkondig.

 

God het Paulus afgesonder, weg geneem van mense na Arabië waar Jesus self aan hom verskyn het – Gal.1v11-12.

God openbaar Homself in afgesonderde plekke, berge, in die woestyn – bv. Josef in die tronk – Moses op die berg Sinai – Elisa in die woestyn – Dawid, Johannes die Doper en selfs vir Jesus, Hy het op die berg aanbid.

 

       

                                                               *****

 

Ons moet Jesus in die Woord soek.

Jesus het Homself nie aan die Emmausgangers geopenbaar as die Opgestane Christus nie, maar het vir hulle die Skrifte uitgelê.

Aan die einde van hul reis het hulle gesê – was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons gepraat en die Skrif vir ons verduidelik het nie?

 

Daar is medisinale en genesingswaarde daarin om Jesus in die Skrifte te sien, “want Sy Woorde is lewe vir die wat daarna luister => ‘n volle lewe wat dit besit.”

Spr.4v22 – want Sy Woorde is die lewe vir die wat dit vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam.

 

1Kor.1v23 => Paulus sê – ons verkondig Christus wat gekruisig is – Christus, die krag van God en die wysheid van God.

             

                                                      ***************

 

God se plan, doel en bestemming vir die mens, Sy skeppinge!

 

Efes.1 => Sy Raadsbesluit voor Die grondlegging van die wêreld =>

dat Sy skeppinge heilig, sonder gebrek voor Hom in liefde sal wees.

 

HEILIG => afgesonder vir God => anders te wees as die wêreld, die ongelowiges.

 

Die ongelowige kan nie homself deur goeie werke geheilig voor God stel nie.

 

In die ou verbond tussen God en Israel het God deur die wet offers daar gestel waaraan hul moes voldoen om vergifnis van sondes te kry.

 

Die verskillende offers in die ou verbond => bv. die sondoffer => die priester ondersoek die dier

wat sonder gebrek of vlek moes wees – die sondaar plaas sy hand op die dier se kop – so word sy sondes op die dier geplaas. Sy bloed gaan betaal vir die vergifnis van sy sondes. Dit was ‘n

voortdurende proses wat herhaal moes word.

 

Op dieselfde manier moes Jesus aan die kruis sterf met ons sondes op Hom, sodat ons vergifnis van ons sondes kon ontvang.

Die verskil was Rom.6v10 => die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde EENS EN VIR ALTYD gesterwe.

Jes.53v5 => maar Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel – die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

 

Dit is ‘n volmaakte en voltooide, afgehandelde werk, en Hy sal nie weer geoffer word vir die mens se sondes nie.

 

Jesus se bloed reinig ons voortdurend van ons sondes.

Vir altyd gereinig, geheilig en staan ons met Christus se geregtigheid voor Vader se genadetroon.

Hy dink nooit weer aan ons sondes nie.

Ps.103v12 => so ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

 

Die sondoffer getuig van ons sondes wat op Jesus se liggaam aan die kruis oorgedra is.

 

Die brandoffer getuig van Jesus se geregtigheid wat aan die kruis op ons oorgedra is.

Hy het ook as brandoffer gesterf om ons aanvaarbaar, geregverdig en gunstig voor God te stel.

‘n Vuuroffer wat deur die Here aanvaar word – Lev.1v9 ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.

Gen.8v20-21 => nadat Noag uit die ark gekom het, het hy rein diere en voëls geneem en as brandoffers geoffer op die altaar wat hy gebou het – en die Here het die lieflike geur geruik, en in Sy hart gesê ek sal die aarde nie meer vervloek terwille van die mens nie.

Dieselfde vreugde waarmee God Jesus se offer aanvaar het en Hom ge-eer het, word ons op dieselfde manier deur God ge-eer in Sy Seun.

Joh.1 => die Woord het vlees geword en tussen ons kom woon – VOL VAN GENADE EN  WAARHEID.

Die wet is deur Moses gegee – die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

 

Wat is die WAARHEID?

Voor die grondlegging van die wêreld het God ons uitverkies IN Christus om sonder gebrek IN liefde voor Hom te wees IN Sy Geliefde Seun Christus, die Opgestane Christus.

 

Ons moet verstaan “OM TE WEES, EN TE IS!”

 

Om los te wees van die wêreld, is om ons vas te maak met die WAARHEID => om ‘n intieme verhouding met die waarheid te hê => “JY IS KIND VAN GOD!”

Jy IS UIT GOD GEBORE => SY SAAD JESUS, wat as koringkorrel in die grond gesterf het, SODAT  BAIE TOT REGVERDIGMAKING KAN KOM.

   

Ons is uit die “GROOT EK IS” gebore => UIT SY GODDELIKE RAS => AS ERFGENAME VAN DIE ALLERHOOGSTE GOD WAT HEMEL EN AARDE GEMAAK HET => ELOHIM, DIE SKEPPER VAN ALLES.

 

1Joh.3v2 – “NOU” is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons WEET dat ons, as Hy verskyn, aan Hom GELYK sal wees, omdat ons Hom SAL SIEN SOOS HY IS.

 Wat ‘n voorreg om hierdie waarheid te ken, dat ons alreeds “NOU” kind van God is.

 

1Joh4v4 – julle “IS UIT GOD” my kinders en het hulle oorwin, OMDAT HY WAT IN JULLE IS, GROTER IS AS HY WAT IN DIE Wêreld IS.

 

God die Almagtige woon in ons gees – daarom hanteer ons probleme, omstandighede en situasies as GEESWESENS.

Ons as geeswesens is groter as hulle in die wêreld.

 

Probleme, omstandighede en situasies is feite in die vlees.

Die WAARHEID is Christus se lewe IN ons maak ons geestelike oorwinnaars en word ons probleme geestelik hanteer.

 

Alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld.

As kinders van God wat die waarheid ken, kan nie losgemaak word van die waarheid nie, want die Waarheid woon in ons, as ons.

 

Jesus se oorwinning aan die kruis, in die hel en met Sy opstanding is ons oorwinning.

1Joh.5v4 – want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld, en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, NAAMLIK ONS GELOOF.

 

Die waarheid is, ek moet nie nog oorwin nie, ek het klaar oorwin In Christus IN MY, AS EK.

 

1Pet.3v18 – want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, OM ONS TOT GOD TE BRING – Hy wat wel dood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees.

Jes.53 – Hy is terwille van ons ootredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel, die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

 

 

Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte in die lug.

Wat ons in ons gedagtes aanval om te twyfel.

Twyfel is ongeloof.

 

God het vir Moses gesê “EK IS WAT EK IS! ons moet dit goed verstaan deur ‘n openbaring van die Heilige Gees.

Die WAARHEID is, ek moet dit vind in die “GROOT EK IS.”

Joh.16 “EK IS” die weg – “EK IS” die waarheid – “EK IS “ die lewe.

Joh.6 – “ EK IS” die brood van die lewe – “EK IS “ die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het – “EK IS” die vlees wat My lewe vir die wêreld sal gee.

Joh.10 – “EK IS “ die deur as iemand deur My ingaan sal hy gered word – “EK IS” die goeie Herder Ek ken My eie en word deur My eie geken.

Joh.11 – “EK IS “ die opstanding en die lewe, wie In My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe.

 Ek is wat ek is, want ek is uit die “GROOT EK IS GEBORE.”

Ek is DEELGENOOT van die GROOT EK IS, IN Christus, as ek.

 

 

                                                   *************** 

 

Jesus die weg die waarheid en GENADE => om in hierdie lewe te wandel in swaar tye en mislukkings.

Ons weet die Heilige Gees leer en lei ons stap vir stap om in hierdie lewe te oorwin.

 

Dankie Jesus deur U kruisdood het ons vryheid van al ons sondes en ongeregtighede.

U wat ons uithaal uit die donker put van mislukkings  en al die kere wat ons so maklik faal.

U ons genade, het die krag om alles om ons in die goeie te verander.

 

 Dankie Vader, deur Jesus se kruisdood  is nou onder die nuwe verbond, Jesus die Opgestane Christus, met die gawe van GEREGTIGHEID.

 

Ons dank U Vader dat U ons seën met al die geestelike seëninge in die hemele.

Vader ons glo, hoe meer ons ‘n openbaring van Jesus die gekruisigde en Opgestane Christus ontvang, hoe meer groei ons geloof en beleef ons ‘n lewe van oorwinning.

 

Dankie Jesus deur U kruisdood kan ons nou met U kleed van geregtigheid voor Vader staan.

Help ons om altyd bewus te wees van U liefde en U omgee vir ons, en op hierdie oomblik vir ons intree deur gebed voor Vader.

 

Dankie Jesus U is ons HOOP van HEERLIKHEID alreeds hier op aarde.

Dankie U TEENWOORDIGHEID verander elke omstandigheid en situasie wat oor ons pad kom.

As ons in U rus werk U, en alles sal gebeur tot ons beswil.

        

Draai asseblief ons oë en gedagtes weg van die mislukkings van ons verlede, dat ons oë en gedagtes net op U liefde gerig sal wees.

 

Dankie Vader dat U onverdiende, onvoorwaardelike genade die krag en sterkte is oor sonde.

Dankie dat ons na U toe kan hardloop in U liefdevolle arms, wat ons omvou in elke swak oomblik.

 

Dat ons ons naaste sal liefhê soos U hulle het.

Dat ons onsself sal liefhê omdat U ons eerste liefgehad het.

 

 Dat U ‘n weg berei het deur Christus uit sonde, wat ons domineer,  uit die tronk van vrees, skuldbewustheid en veroordeling.

 

Dankie Heilige Gees, U die magtige openbaarmakende Gees, wat in ons woon en die Evangelie van genade aan ons openbaar en ons geestelike oë en ore verlig om dit te verstaan.

 

Dankie Vader U raak ons diepste innerlike aan met U liefde en word ons van binne na buite vernuwe. So begin ons optree in woorde en dade bokant verwerping, verdrukking en versoekings.

In alles leer ons om ons gedagtes, wil en emosies na binne te draai waar U in ons gees woon, en na die stem van die Heilige gees, wat in ons liggaam woon as Sy tempel.

 

Dankie Vader dat ons in elke omstandigheid en situasie ookal, hoe deurmekaar, na U kan kom en U vertrou dat U ons sal genees en reinig tot U eer en verheerliking. 

 

Rom1.v16-17 => sê Paulus, dat hy hom nie skaam vir die Evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God vir elkeen wat glo – want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is – maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

 

Dankie Vader vir U belofte as ons as gelowiges waaragtig uit die geloof leef =>

alleen met ons geestelike oë en geestelike gedagtes met die sekere wete, U sal voorsien in alles wat ookal met ons gebeur fisies of in enige nood => want dit is Christus se geloof van Gal.2v20 wat deur ons vrygestel word op daardie oomblik => DIE NOU TYD wat in werking kom.

Die onsigbare wat werklikheid word.

Heb.11v1 => die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

 

Dankie Vader, ons is in die palm van U hand, ons is U s’n en U is ons s’n.

 

Dankie Vader, deur Jesus ons toegang, is die weg geopen na U troon van genadegawes, en kan ons met vrymoedigheid  kom om te deel in U goedheid en genadestrale waarmee U ons seën om op die regte tyd gehelp te word.

 

Dankie Jesus, dat al U kruisdoodwerke-seëninge aan ons behoort ooreenkomstig na die rykdom van U verheerlikte genade.

 

Dankie Vader vir ons verlossing en redding uit die koninkryk van duisternis, en dat U ons geplaas het in U koninkryk van Lig, as deelgenote van kindskap van U Enigebore Seun, Jesus die Opgestane Christus.

 

Dankie Vader dat ons ons lewe van mislukkings en verkeerde wêreldse oortuigings, kan vervang met die regte vasstaande, onwankelbare, en onveranderde waarheid van U Woord.

Deur die vernuwing van ons gedagtes sal ons lewensuitkyk en gedragspatrone ons help om anders op te tree in omstandighede en situasies.

 

 Dankie Vader as ons die waarheid glo dat U ons goeie Herder is, wat vir sorg in elke area van ons lewens, hoe meer sal ons gedagtes en emosies verander, sal ons minder die slagoffers van ongesonde emosies en gedrag wees.

 

Hy is ons Herder –

ons kom niks kort nie –

Hy bring ons by waters waar daar rus en vrede is –

Hy lei ons met Sy krag op die smal paadjies van ons lewens –

ons vrees geen donker dieptes nie –

want in U hande is ons veilig.

 

Dankie Vader, Jesus bevestig in Joh.8v32 – die waarheid sal ons vrymaak –

waarheid en genade het deur Jesus gekom – Joh.1v17 –

Jesus praat van Homself as genade en die waarheid.

Die waarheid van genade is Jesus die Persoon, wat in die bres kom staan het vir al ons sondes, ongeregtighede alles wat ons mislukkings en die slegte in ons uitgebring het. Hy het gekom om ons uit gevangenskap van die duisternis te red en te bevry.

 

Vader ons raak so maklik bang en bevrees as die skok van omstandighede en situasies ons tref – maar dankie dat ons onmiddellik kan stil raak te midde van die storm – want ons weet Jesus die Opgestane Christus in ons, is die Oorwinnaar wat op wonderbaarlike maniere storms laat

bedaar, tesame met die uitkoms.

 

Vader ons is verheug om te weet Jesus het die straf, wraak en toorn van ons skuldlas gedra en vereffen.

Hy is verbrysel vir ons vrede en deur Sy wonde het daar genesing gekom vir ons liggame.

Ons moet vasstaan op hierdie waarheid en dit aanmekaar aan mekaar bely, dat dit in ons denke, wil en emosies ‘n sekerheid word, ‘n vaste oortuiging wat niks of niemand van ons kan wegvat nie.

 

                                                          *************** 

 

Die Opstanding van Christus Jesus uit die dode, het verreikende gevolge gehad vir God se skeppinge, wat in duisternis van sonde gevange gehou was deur die god van hierdie wêreld, satan – wat alle mense se sinne verblind het, sodat die verligting van die Evangelie van die Heerlikheid (God se teenwoordigheid, wat Adam en Eva verloor het) van Christus , wat die Beeld van God is, nie op hulle sou skyn nie – 2Kor.4v4.

 

Efes.1v3 – Deur Sy Opstanding is almal geseënd met al die geestelike seëninge in die hemel IN Christus.

 

Joh.3v16 – want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe KAN hê.

 

Niemand kan uit werke kind van God wees nie.

Iemand is ‘n kind van God, as hy uit God gebore is, deur wedergeboorte uit die Saad van God, Jesus die koringkorrel wat gesterf het sodat daar baie saad kan voort gebring word met Sy oorvloedige lewe in hulle, as hulle.

 

Kol.3v3 – want julle het gesterwe, en julle lewe is saam, met Christus VERBORGE IN GOD.

Christus is ons lewe, as ons saam met Hom gesterwe het.

2Kor.5v21 – want Hy wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God IN Hom. (Rom.8v3.)

Christus is die geregtigheid van God, die lewe van God, die Lig van God, die Heerlikheid van God, die Teenwoordigheid van God, die FOTO van God.

God het Adam volgens hierdie foto geskape uit grond. want Hy het gesê – laat ons mense maak na Ons Beeld en Gelykenis.

Hierdie Foto is uitmekaar geskeur deur Adam se sonde van ongehoorsaamheid.

Jesus se kruisdoodwerke, het weer hierdie foto kom herstel, sodat ons weer deel van hierdie Foto kan word na wedergeboorte.

Hy het alles geword sodat ons kan word wat Hy is.

Hou op om te kyk na die vlees, want Jesus het al klaar die vlees oorwin.

Heb.2v14 – aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel.

 

 Daar is dan geen veroordeling vir ons wat IN Christus is nie Rom.8v1.

Hy is nou ons identiteit.

 

In ons gees is ons alreeds heilig deur Sy Heilige lewe in ons gees.

In ons gees is ons alles wat wat Hy is – Efes.1v23.

2Pet 1v2-3 => mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die KENNIS VAN GOD en JESUS, ONSE HERE – Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die LEWE en GODSVRUG dien, deur die KENNIS van Hom wat ons geroep het deur Sy heerlikheid en deug – waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur DEELGENOTE kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Deur KENNIS van God word ons genade en vrede vermeerder.Hoe meer KENNIS hoe meer GENADE en VREDE.

Hoe meer KENNIS van God wat ons geroep het deur Sy Heerlikheid en deug, word Sy kosbare beloftes wat Hy ons geskenk het, hoe meer manifesteer Sy GODDELIKE NATUUR in ons as DEELGENOTE van Sy Goddelke Natuur.

God openbaar Homself deur Sy Woord => die Woord wat tot in ewigheid bly.

1Pet.1v22 => as julle aan gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot 0onveindste broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê met ’n rein hart – want julle is weergebore nie uit die verganklike saad nie, maar uit die ONVERGANKLIKE, deur die lewende Woord van God wat tot in ewigheid bly. – want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid  van die mens soos ‘n blom van die gras – die gras verdor en sy blom val af – maar die Woord van God is tot in ewigheid – en dit is die Woord wat ons aan julle verkondig.                                                                    

Daar is nie meer ‘n kloof van sonde wat ons van God skei – dit is oorbrug deur die bloedbevlekte kruis.

Ons hoef ons nie te bekommer oor ons foute van die verlede, ons huidige omstandighede en toekomstige uidagings nie – dit is wat God se genade vir ons gedoen het – dis die Een wat uit genade oor ons waak en vir ons sorg, want Hy alleen besit krag oor lewe en dood.

Ons is nie meer die voorwerp van Sy toorn nie – ons is nou Sy voorwerpe van Sy liefde.

S0y toorn is op hulle wat ons wil vernietig.

Ons gebruik die swaard van die Gees, die Woord, om deur die Gees te bid vir Sy beloftes van genade in omstandighede en situasies.

Daardeur beskerm ons ons harte teen gedagtes van wanhoop en vrees.

Sy Woord is Saad – hoe meer KENNIS van Sy Woord, hoe meer groei die Saad in ons –  hoe meer godsvrug dra die Woord, die Saad.

God se Woord is die KENNIS van God – wie Hy is – Sy wil vir ons in elke omstandigheid en situasie.

Joh.14 bevat al Sy beloftes wat Hy tot Sy dissipels gespreek het = >

  • laat julle hart nie ontsteld word nie –
  • glo in God –
  • glo ook in My –
  • Ek gaan om vir julle plek te berei –
  • Ek kom weer en sal julle na My toe neem, sodat julle kan wees waar Ek is –
  • julle KEN die weg waarheen Ek gaan –
  • Ek is die WEG, die WAARHEID en die LEWE –
  • niemand kom na die Vader behalwe deur My nie –
  • as julle My GEKEN het sou julle die Vader ook GEKEN het –
  • as julle My gesien het, het julle My Vader gesien –
  • EK IN DIE Vader en die Vader IN My – glo dit –
  • Ek spreek nie uit Myself nie, maar die Vader wat IN My bly doen die werke –
  • voorwaar voorwaard, wie IN My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen
  • en hy sal groter werke doen as Ek, omdat Ek na My Vader gaan – wat julle ookal IN My Naam vra dit sal Ek doen, sodat die Vader IN die Seun verheerlik kan word –
  • as julle My liefhet, bewaar My gebooie –
  • Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in

ewigheid –

  • die GEES VAN DIE WAARHEID wat die wêreld nie kan ontvang nie –
  • die wêreld kan Hom nie sien of KEN nie –
  • maar julle KEN Hom omdat Hy by julle bly en Hy IN julle sal wees –
  • Ek sal julle nie as wese agterlaat nie, Ek kom weer na julle toe –
  • maar julle sien My omdat Ek LEWE en julle sal lewe –
  • IN die dag sal julle weet dat Ek IN My Vader is, en julle IN My, en Ek IN julle –

(watter dag Hand.1v8 – julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom – Hy sal julle bekragtig met KENNIS en julle sal My getuienis wees tot aan die uiterstes van die aarde.

  • as iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en ONS sal na hom toe kom en by hom woning maak –
  • die Trooster, die Heilige Gees, wat My Vader IN My Naam sal stuur, Hy sal sal julle alles LEER en julle HERINNER aan ALLES wat Ek vir julle gesê het –
  • My vrede gee Ek julle, laat jul harte nie ontsteld word of bang wees nie –

Jes.54v9-15 – Ek sal nie op jou toornig word nie of jou dreig nie – want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die Here, jou Ontfermer – jy ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste – kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere – en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou ringmuur van edelgesteentes – en al jou KINDERS sal deur die Here GELEER wees, en die VREDE van jou KINDERS sal groot wees – deur geregtigheid sal jy bevestig word – wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie – en ver van veskrikking, want dit sal nie by jou kom nie – as hulle ook die aanval begin – dit is nie uit My nie – wie jou aanval, sal oor jou val.

  • 14v30 Ek sal nie veel verder met julle kan spreek nie, want die owerste van hierdie wêreld kom en het niks aan My nie –
  • maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos My Vader My beveel het.

 

Joh.15v9 => soos die Vader MY liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad –bly in hierdie liefde van My.

v12 => dit is My gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

v26 => die Gees van die Waarheid wat van die Vader uitgaan, sal van My GETUIG.

 

Joh.16v8-11 => as Hy kom sal Hy die wêreld oortuig van sonde => omdat hulle nie glo nie, want hulle het nie KENNIS van God se wil in elke probleem, krisis, situasie of omstandighede nie – ons aanvaar dit maar so dat dit maar so moet wees.

Gaan oor in aksie – bv. rugpyn => verklaar ek is genees deur Christus se wonde – JOU AKSIE IS JOU GELOOF SE KRAG WAT IN WERKING TREE!

 

Hy oortuig van GEREGTIGHEID => ons moet Christus vertrou in al ons mislukkings, al die kere wat ons faal of kwaad word ens. – ons almal is al voor die grondlegging van die wêreld vergewe in die lam van God – Heb.4v3 => Sy werke is al voor die grondlegging van die wêreld af volbring – 1Pet.1v20 => deur die kosbare bloed van die Lam, sonder gebrek en vlekkeloos deur voorkennis van God van voor die grondlegging van die wêreld.

 

Die Heilige Gees getuig van OORDEEL => die oordeel van die wêreld => satan is alreeds veroordeel.

Ons as God se skeppinge se oordeel alreeds op Jesus geplaas aan die kruis.

Sonder die Heilige Gees kan ons nie weergebore word nie.

1Pet.1v23 => want julle is weergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit die ONVERGANKLIKE, deur die LEWENDMAKENDE WOORD van God wat tot in ewigheid bly.

Die spreek van tale is die Heilige Gees wat deur ons tot God bid – ‘n intieme, volmaakte gesprek volgens God se wil – net God die Heilige Gees ken God se diepste innerlike wil vir elkeen vir ons.

 

1Kor12v3 => niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

v7-11 => maar aan elkeen word die openbaring van die GEES gegee met die oog op wat nuttig is nl. deur die Gees ‘n woord van WYSHEID, ‘n woord van KENNIS, GELOOF deur dieselde GEES, genadegawes van GESONDMAKING deur dieselfde GEES, werkinge van KRAGTE, deur dieselfde Gees PROFESIë, aan ander ALLERHANDE TALE, aan ‘n ander UITLEG VAN TALE – al hierdie dinge werk een en DIESELFDE GEES wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

v13 => want ons is almal deur een GEES gedoop tot EEN LIGGAAM, of ons Jode, Grieke is, slawe of of vrymanne – en ons is ALMAL VAN EEN GEES DEURDRONGE.

 

Spr.18v21 => dood en lewe is in die mag van die tong – en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

 

Jak.3v1-5 => moenie baie leermeesters wees nie, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan- want almal struikel dikwels – as iemand nie in woorde struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou – stange in perde se bekke stuur hulle hele liggaam om gehoorsaam te wees – skepe in hewige sterk wind word gestuur deur ‘n baie klein roer – net so die tong ook, ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge – kyk hoe ‘n groot hoop hout deur ‘n klein vuurtjie aan die brand gesteek word – die tong is ook ‘n vuur => besmet die wêreld van ongeregtigheid – besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.

Die tong kan geen mens tem nie – dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.

Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

Spr.17v27- wie sy woorde inhou, besit kennis – en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.

v28 – selfs ‘n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word – as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

Die tong beheer die reaksie van jou liggaam.

 

In krisisse spreek woorde van geloof.

In siekte moenie dit praat nie.

Vrees word vrees wanneer ons dit praat – moenie ons gedagtes uitspreek in negatiewe woorde nie – spreek woorde van God se waarheid.

 

Mat.25v25-34 => as God so getrou vir die lelies en voëls sorg, hoeveel te meer vir Sy skeppinge waarvoor Jesus Sy Seun aan die kruis gesterf het – ons wat mede-erfgename saam met Jesus is as ons gewillig is om saam met Hom in hierdie wêreld te ly – kinders van ‘n wonderlike liefdevolle Vader wat Sy alles gegee het om ons as Sy kinders vir Homself aan te neem.

 

 

                                                              ***************

 

1Kor.11 => hoe die Nagmaal verstaan moet word.

Hierdie beker is die Nuwe Testament in My Bloed – doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, verkondig julle die dood van die Here, totdat Hy kom.

Wie die brood op onwaardige wyse eet, sal skuldig wees aan die Liggaam van Christus, Jesus.

 

Exod.12v9 => die Pasga – julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gemaak is nie, MAAR OOR DIE VUUR GEBRAAI, DIE KOP EN POOTJIES SAAM MET DIE BINNEGOED.

 

Die Paaslam BEELD van Jesus wat aan die kruis gehang het.

Soos God se TOORN, WRAAK EN STRAF op die PAASLAM deur VUUR GEBRAAI het, so het God se loon van sonde met VUUR op SY LAM Jesus neergekom.

Hy was sonder sonde maar die beker met al ons sondes het Hy geledig in Getsemané en het Hy in ons plek sonde geword.

Jes.53 – Hy het al ons krankhede en ons smarte op Hom geneem – Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel, die staf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

 

Dink daaraan dat Jesus het vir alle krankhede, sondes en ongeregtighede met Sy lewe aan die kruis betaal – alle slegte dinge deur Adam se ongehoorsaamheid is deur sy saad oorgedra aan die hele mensdom, alle mense het dit ge-erf, maar dankie vir God se liefde wat deur Jesus se KRUISDOOD-VUUR vernietig is.

 

Adam se wysheid wat hy in begin gehad het – ‘n wysheid wat God aan hom gegee het om alle lewende wesens volgens hul soorte – vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hul soorte, name te gee.

Selfs die vrou wat God uit hom geskep her, het hy ‘n naam gegee.

Gen.2v23 – toe sê die mens – dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees – sy sal MANNIN genoem word, want sy is uit die man geneem.

 

Hierdie wysheid het hy verloor deur sy sonde van ongehoorsaamheid.

 

So is ons weer terug in die posisie van Adam soos aan die begin want ons leef nie meer nie, Christus leef in ons met Sy geregverdige lewe.

 

 

 

                                                              *************

 

 

                                                                

 

                              GOD DIE GOD VAN REG EN GEREGTIGHEID!

 

Van die wet van werke na genade deur Jesus die Opgestane Christus .

Die werke van die wet is vervang deur Jesus, die Seun van die mens, die enigste mens wat die wet kon vervul het, is deur die kruisdood werke van die Gekruisigde Jesus aan die kruis vernietig – Efes.2v15- sodat Hy, deur vrede te maak, die (twee Israel en die heidene) geskep tot een nuwe mens (die weergebore kinders van God.)

 

GENADE OP GENADE!

 

Ps.105v 37 => Israel => toe het God hulle laat uitgaan uit Egipte met silwer en goud, en onder die stamme was daar niemand wat gestruikel het nie. God het vir hulle water uit ‘n rots, kwartels en manna, ‘n vuurkolom as lig in die nag en ‘n wolkolom in die dag vir koelte voorsien.

 

Exod.19 => aankoms van die Israeliete by Sinai – God aan Moses – so moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel spreek – julle self het gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het – as julle terdeë na My stem luister en My verbond hou, sal julle My eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is Myne.

 

God het aan Moses die wet gegee, as hulle gehoorsaam was het God hulle geseën.

Deut.28v14 => maar as julle NIE luister na die stem van die Here, om sorgvuldig te hou al Sy gebooie en Sy insettinge wat Ek vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal v16- v68.

 

Hulle kon dit nie nakom nie want as hulle in een wet sou faal, was hulle skuldig aan almal.

Deur die wet word niemand voor God geregverdig nie.                                            

 

Rom.3v20 – aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

v21 – maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en profete daarvan getuig – die geregtigheid van God deur die GELOOF IN Jesus Christus vir almal en oor almal wat GLO, daar is geen onderskeid nie – want ALMAL het gesondig en dit ontbreek hulle aan die HEERLIKHEID van God – en word almal geregverdig deur die VERLOSSING wat IN Christus Jesus is.

v30 – die besnedenes word geregverdig UIT DIE GELOOF – die ONBESNEDEDES DEUR DIE GELOOF.

 

v10-12 – soos geskrywe is – daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie – daar is niemand verstandig nie, daar is niemand wat God soek nie – almal het afgewyk, saam het hulle ontaard – daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.

 

Rom.4v7 – welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.    

 

Rom.6v14 – die sonde sal oor julle nie heers nie, want julle is nie meer onder die wet nie, MAAR ONDER DIE GENADE.

 

v6 – ons weet dat ons oue mens saam met Christus gekruisig is, sodat die liggaam van sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie –

v9 – ons weet dat Christus nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor HOM NIE MEER NIE –

V10 – DIE DOOD WAT Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe, maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God –

v11 – so moet julle ook weet dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God IN Christus Jesus, onse Here.

 

Rom.8 – daar is dan nou geen veroordeling vir die wat IN Christus Jesus is nie, vir die wat n die vlees wandel nie, maar na die GEES.

V9 – julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon – maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie – maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid –

v14 – want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God –

 v17 – as ons kinders is, dan ook erfgename, van God, en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word –

v18 – want ons reken dat die lyding van die teenswoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie –  

v23b – ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossiug van ons liggaam.

 

 

                                                                  ***************

 

 

2Pet.1v2-4 – ‘n gebed – mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die KENNIS van God en Jesus, onse Here – Sy goddelike KRAG het ons alles geskenk wat tot die LEWE en GODSVRUG dien, deur die KENNIS van Hom WAT ONS GEROEP HET DEUR SY HEERLIKHEID en DEUG – WAARDEUR HY ONS DIE GROOTSTE EN KOSBARE BELOFTES GESKENK HET, sodat julle daardeur DEELGENOTE KAN WORD VAN DIE GODDELIKE NATUUR, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

 

Kennis => selfbeheersing => lydsaamheid => tot godsvrug => broederliefde =. naasteliefde.

v9 – as hierdie dinge by ons nie aanwesig is nie, is ons geestelik blind en kortsigtig, en het ons die reiniging van ons vorige sondes vergeet.

v11 => wie vasstaan sal nooit struikel nie en aan hulle word verleen die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.

v14 => want nie een van ons weet wanneer die aflegging van ons tentwoning ophande is nie.

 

Deur Sy genade, ons guns by God, deur SY vrede as volmaakte wesens,  geseën met God se goedheid en geestelike seëninge , vry van vrees.

                        

Die sleutel is om KENNIS van Hom te hê.

Hoe meer ons kennis van ons liefdevolle Jesus Christus en Sy kruisdood vermeerder, hoe meer vermeerder Sy oorvloedige guns in ons lewens.

 

Dit is die TEENWOORDIGHEID van Jesus wat ons ‘n sukses maak.

Nie wat jy besit nie, maar wat ons in Hom het.

 

Sy belofte in Fil.4v6-7 – wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God – en die vrede wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar IN Christus Jesus – verder broeders , alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit – en alles wat julle geleer en ontvang en gehoor en gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

 

 

                                                          

 

                                    OM ‘N GESEëNDE LEWE TE Hê!

 

1 – begin jou dag om stil te wees in Vader se Teenwoordigheid nog voordat jy jou Bybel begin lees.

 

Ps.46v11 – laat staan en weet dat Ek God is.

Exod.14v12 – wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle sal bewerk – die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.

2Kron.20v17 – julle hoef nie te veg nie, staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die Here by julle – vrees nie en wees nie verskrik nie – die Here is met julle.

 

  1. Bid en begin jou Bybel lees.

Mark.1v35 – en vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ‘n eensame plek vertrek en daar gebid.

Ps.119v147 – voor die môreskemering roep ek om hulp, op U Woord wag ek.

 

Ons bid wat op ons hart is op daardie oomblik bv. familie genesing ens.

3 – Lees jou Bybel op enige plek – as jy besig is met ‘n Boek of hoofstuk, lees verder.

 

  1. – Luister en skryf neer wat jy dink jy hoor wat God vir jou sê.

Ps.45v2 – my hart word bewoë deur goeie woorde – ek dra my gedigte voor aangaande ‘n Koning, my tong is die pen van ‘n vaardige skrywer.

1Kron.28v19 – dit alles – al die werke van die voorbeeld – het Hy my geleer volgens ‘n beskrywing uit die hand van die Here wat oor my was .

Hab.2v2 – toe antwood die Here my en sê – skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.

 

Om van God te hoor is die hoogste vorm van ‘n intieme verhouding met Hom.

 

Ps.19 – die bevele van die Here is reg – hulle verbly die hart – die gebod van die Here is suiwer – dit verlig die oë –

Die vrees van die Here is rein – dit bestaan tot in ewigheid – die verordeninge van die Here is waarheid – tesame is hulle regverdig –

hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud – en soeter as heuning en heuningstroop.

 

 

                                                ***************

 

Jes.43v1-3 =>  Ons Skepper en Verlosser.

 

Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos –

Ek het jou by jou naam geroep –

jy is myne –

as jy deur water gaan, is Ek by jou –

en deur riviere, hulle sal jou nie oorstroom nie – as jy deur vuur gaan, sal dit jou nie skroei nie –

en die vlam sal jou nie brand nie –

want “EK IS” die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland –

omdat jy kostelik is in My oë –

hoog geag is –

en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

 

 

                                                                                                      

Jes.54 – belofte aan Israel wat ALMAL (heidennasies ook) insluit => Abraham, deur sy geloof is hy geregverdig => deur sy beloofde seun Isak wat hy bereid was om vir God te offer => deur sy seun Jakob uit wie die volk Israel gebore is – sy twaalf seuns die twaalf stamme van Israel = > uit wie Jesus hul Messias gebore is as hul Verlosser.

 

Efes.2v14-15 => deur Sy bloed het Hy die wat ver was en die wat naby is EEN gemaak, en die middelmuur van skeiding afgebreek het – deurdat Hy in Sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan – sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een NUWE MENS kon skep (die wedergeborenes gebore uit God se Saad Jesus die Opgestane Christus.)

 

  • Jes.54 – breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie –
  • maak die plek van jou tent wyd, maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in –
  • want jy sal regs en links uitbreek –
  • wees nie bevrees nie –
  • want jy sal nie beskaamd staan nie –
  • vrees geen skande nie –
  • want jy sal nie nodig hê om te bloos nie –
  • jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie –
  • WANT JOU MAKER “IS” JOU MAN –
  • HERE VAN DIE LEëRSKARE “IS” SY NAAM –
  • DIE HEILIGE VAN ISRAEL IS JOU VERLOSSER –
  • HY SAL DIE GOD VAN DIE HELE AARDE GENOEM WORD –
  • SOOS EK GESWEER HET DAT DIE WATERS VAN NOAG NIE MEER OOR DIE AARDE SAL GAAN NIE –
  • SO HET EK GESWEER DAT EK NIE OP JOU TOORNIG SAL WEES OF JOU DREIG NIE –
  • WANT BERGE MAG WYK EN HEUWELS WANKEL, MAAR MY GOEDERTIERENHEID SAL VAN JOU NIE WYK –
  • EN MY VREDEVERBOND NIE WANKEL NIE –
  • Sê DIE HERE, JOU ONTFERMER.

 

 

Wat beteken hierdie beloftes vir ons?

Ons staan met Jesus se geregtigheid voor Vader in ‘n nuwe verbond van genade

Hy beloof om nooit weer toornig of veroordelend of ons te verwerp nie.

Berge mag wyk en heuwels wankel, maar Sy goedertierenheid sal nie van ons wyk en Sy vredeverbond nie wankel nie, sê die Here ons Ontfermer.

 

Hy is aan ons kant –

Sy vrede is aan ons kant om ‘n sukses van ons lewe te kan maak.

Al die hemelse bronne behoort aan ons ten spyte van omstandighede, situasies en storms om ons.

 

Ps.91 – Hy is ons toevlug – ons bergvesting ons God op wie ons vertrou – Hy red ons uit die net van die voëlvanger – van die verderflike pes – Hy dek ons met Sy vlerke – ons skuil onder Sy vleuels – Sy trou is ons skild en pantser – ons hoef nie te vrees vir die skrik van die nag – vir die pyl wat bedags vlieg nie – vir die pes wat in die donker wandel – die siekte wat op die middag verwoes nie – net met ons oë sal ons aanskou die vergelding van die goddelose – U ons Here is ons beskutting – U die Allerhoogste is ons beskutting – geen onheil sal ons tref – geen plaag naby ons tent kom nie – U gee U engele aangaande ons bevel om ons te bewaar –

hulle sal ons op die hande dra sodat ons ons voet teen geen klip sal stamp nie – op die leeu en die adder sal ons trap, die jong leeu en die slang vertrap – omdat ons U IN Christus liefhet, sal U ons red – omdat ons U Naam ken sal U ons beskerm – as ons in nood U aanroep sal U ons verhoor en met ons wees – ons uitred en ons eer – met lengte van dae sal U ons versadig – U sal dat ons U heil sien –   AMEN en AMEN!

 

                                                              ***************

 

In die ou verbond, onder die wet moes Israel lammers sonder vlek of enige gebrek bring om geoffer te word.

Al die sondes van die persoon of huisgesin het die priester op die kop van die lam geplaas. Daarna is die lam geslag.

Die Priester het die bloed na die Allerheiligste, agter die gordyn wat die skeidsmuur was tussen God en die mens.

Dit op die versoendeksel gesprinkel vir vergifnis van sonde.

 

Deut.28 spel God se seëninge vir hulle uit, as hul getrou die wet nakom sal hul geseën word, as ongehoorsaam sal die vloeke, vanaf v14-68, hul tref.

Die wet kon die mens nie volmaak verlos van sonde nie.

Dit was ‘n voortdurende proses.

Gal. 2v16 – ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof van Jesus Christus, omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

Gal.3v13 – Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word – want daar is geskrywe – vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang.

Toe Jesus aan die kruishout gehang het, het Hy in ons plek ‘n vloek geword.            

Jesus die Lam van God, sonder sonde, het deur sy Heilige lewe een keer gesterf – HY was die volmaakte offer wat vir God welbehaaglik is.

Na wedergeboorte stap ons weg van die kruis – gereinig van ons sondelas – met Sy geregtigheid staan ons voor God asof ons nog nooit gesondig het nie.

God se seëninge kom na ons deur Jesus die Opgestane Christus se geregtigheid na ons.

Net Christus se geregtigheid, vervul die hele wet, as ons.

Deur die wet kom die kennis van sonde.

Die wet het nie die krag om sonde te stop nie.

Die wet wek sonde – dit wek die begeerte om sonde te doen – bv. ‘n groepie jong mense op pad na ‘n sportoefening – stap by klomp huise verby, maar by ‘n spesifieke huis, is ‘n bordjie “moet asseblief nie die hond terg nie” – op die plek besluit een, “kom ons skop teen die hek” – hul hardloop weg want die hond bestorm die hek – verkeerde gedagte word ‘n begeerte en reaksie van die liggaam volg.              

1Kor.15v56 – die angel van die dood is die sonde, en die krag van sonde is die wet.

 

Rom.7v8- Paulus – die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk, want sonder die wet is die sonde dood. – en sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe – die gebod wat die lewe moes wees, die het vir my geblyk die dood te wees- want die sonde het aanleiding gevind    deur die gebod en my verlei en daardeur gedood – dus is die wet heilig en regverdig en goed – want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.

 

Rom.3v10 – daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie – die weg van vrede ken hulle nie – daar is geen vrees van God voor hulle oë nie – nou weet ons alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees – aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

 

Kol.2v13-15 – en julle wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het – en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te spyker, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

 

Die wet met al sy gebooie en insettinge is aan die kruis vernietig saam met die hele mensdom se sondes van verlede, hede en toekoms.

Jesus was die enigste mens wat die wet kon vervul, daarom kon dit vernietig word in Sy kruisdood.

Die wet is heilig, maar het nie die krag om die mens volmaak met eenkeer se diere-offer van hul sondes te verlos nie.

Die wet is om soos in ‘n spieël te kyk en al die foute te sien maar kan dit nie wegneem nie.

 

                                                                ****************

 

Jer.17v5-8 => so sê die Here – vervloek is die man wat op die  mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk – en hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land – geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is – WANT HY SAL WEES SOOS ‘N BOOM WAT BY DIE WATER GEPLANT IS EN SY WORTELS UITSKIET BY DIE STROOM EN NIE VREES AS DAAR HITTE KOM NIE, MAAR SY BLAD BLY GROEN, EN IN ‘N JAAR VAN DROOGTE IS HY NIE BESORG NIE EN HOU NIE OP OM VRUGTE TE DRA NIE.

 

Ps.1v3 – hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie, en alles wat hy doen, VOER HY VOORSPOEDIG UIT.

 

Spr..11v28 – wie op sy rykdom vertrou, die sal val, MAAR DIE REGVERDIGES SAL SOOS BLARE UITSPRUIT.

 

DIT IS TROTS => ‘N AFGOD => WAT OP JOUSELF VERTROU OM IN JOU VLEES OP TE TREE.

Om te besluit jy gaan in jou eie krag optree is ‘n vloek => selfvertroue aan jou kant =>

so vasgevang in jouself, dat jy nie die oplossing sien wat God beloof in Sy Woord nie => geseënd is die man wat op die Here vertrou  => wat die storm nie vrees nie, maar => sy vrug van vertroue en geloof in Hom die goeie  Herder wat voorsien, en nie toelaat dat jy bo jou kragte versoek word nie, en saam daarmee die uitkoms gee.

 

Spanning en angs veroorsaak stres en beroof ons van ons gesondheid.

 

Deur ons oë op Hom te vestig die voleinder van ons geloof en die Bevestiger van ons ewige lewe.

Ons sit alreeds in hemelse plekke in Christus.

Ons is verborge, weggesteek onder Sy vleuels en beweeg in Sy skaduwee waar niemand ons uit Sy hand kan ruk en ons beroof van Sy ewige liefde nie.

Ons is alreeds burgers van Sy Koninkryk van Lig.

 

 

                                                           ***************

 

 

 

 

 

 

       Uitsorting van die Heilige Gees nadat Jesus opgevaar het Hemel toe!

 

Hand.1 => v4 – wag op die belofte van die Vader – julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank na hierdie dae nie.

 

Hand.2v37-38 => die eerste bekeerdes –

laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het – toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref – en het vir Petrus en die ander apostels gesê  –  wat moet ons doen, broeders ?

en Petrus sê vir hulle – BEKEER julle, en laat elkeen van julle GEDOOP word in die Naam van Jesus Christus tot VERGEWING VAN SONDES, en julle SAL DIE GAWE VAN DIE HEILIGE GEES ONTVANG.

 

Volgorde van wedergeboorte!

BEKEER => om te glo dat God Jesus opgewek het uit die dode sal jy gered word – GEDOOP => ONTVANG GAWE VAN HEILIGE GEES!

 

Want die belofte kom julle toe en julle kinders en ALMAL WAT DAAR VER IS, DIE WAT DIE HERE ONSE GOD NA HOM SAL ROEP.

 

Belofte nie net vir Israel uit wie die Christus gebore is nie, maar vir alle mense dws. die heidene wat Hom aanroep en hulle bekeer, laat doop en wat die Heilige Gees as gawe ontvang.

 

v41 => die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het (bekeer) is gedoop en daar is op die dag omtrent drieduisend siele toegebring.

v47 => terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk – en die Here het daagliks by die gemeeente gevoeg die wat gered is.

 

                                                            ***************

              

Vader maak ons harte oop om U volmaakte liefde en onmeetbare genade vir ons te sien en te ervaar.

Om meer van U Geliefde Seun te wete te kom.

Wys ons Sy skoonheid, liefde en genade en lei ons in ‘n dieper verhouding met Jesus die Gekruisigde, die Opgestane Christus.

Alleen deur U genade kan ons uit styg bo alle slegte omstandighede om die vryheid en seën te ervaar wat Christus vir ons is, as ons.

 

                                                                  ****************

 

DEUR ADAM SE SONDE HET DAAR SKEIDING GEKOM TUSSEN GOD EN HOM.

DEUR SY SONDIGE SAAD WAT AAN ALLE MENSE OORGEDRA WORD, WORD ALLE MENSE MET VERWERPING DEUR GOD IN DIE VLEES GEBORE.

 

Rom.5v12 – soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.

 

As gevolg van Israel as volk se ongeloof om nie te trek na die land van melk en heuning nie, het God hulle verwerp.

 

2Sam.15v23 – en die hele volk het hardop gehuil terwyl al die mense verbytrek, op pad na die woestyn.

 

Ho00s.4v6-7 – My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis – (Hosea) omdat jy die KENNIS VERWERP het, sal EK JOU VERWERP, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie, omdat jy die wet van die Here vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet – hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig – Ek sal hul heerlikheid in skande verander.

 

Daar is niks goed in ons nie!

 

Rom.3v10-12 – daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie – daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie – hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard – daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.

 

Die uitkoms!

 

Luk.4v17-19 – en die boek van Jesaja is aan Hom oorhandig – en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is – die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die Evangelie aan die armes te bring, Hy het My gestuur om die wat verbrysel van hart is, te genees – om aan die gevangenes vrylating te verkondig en aan die blindes herstel van gesig, om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur, om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

 

2Kor.6v2 – want Hy sê – in die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp – kyk, nou is die dag van heil.

 

Efes.1v7 – in Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade – wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand.

 

                                                             ************

              .                                          

Rom.5 – versoening met God en vrede deur die geloof!

 

Gebed – dankie Vader deur Jesus, U Seun wat U as offer gegee het vir die verlossing van die wêreld, het ons as weergebore kinders van U vrede, geregverdig IN Christus se geregtigheid – en kan ons met vrymoedigheid deur Hom, die Enigste DEUR ingaan na U genadetroon, om met U te kommunikeer as deelgenote van Christus se kindskap.

Dankie vir die gawe van genade, Jesus die weg, die waarheid, die lewe, ons wysheid, geregtigheid, krag, heiligmaking en verlossing.

Jesus, ons roem in die HOOP op die HEERLIKHEID van God.

Die hoop beskaam nie, omdat die liefde van U in ons harte uitgestort is, deur die Heilige Gees, wat U aan ons gegee het.

 

               .                                                **************

 

                                Hoe gee ons vatkans vir satan in ons lewens!

Daar is drie oop deure waarin hy kan inkom in ons lewens.

 

  1. Trots – ons ontken dit baie maklik.

Definisie van trots => ons vertrou op ons eie krag en sterkte. in plaas van om op God te vertrou.

 

Luk 22v31 – 34 – en die Here sê – Simon, Simon, kyk, die satan het vurig begeer om julle soos koring te sif – maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie, en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk – en Simon antwoord – Here, ek is gereed om saam met U in die gevangenes en in die dood in te gaan – maar Jesus antwoord –Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy My drie keer geloën het nie, en dat jy My nie ken nie.

 

Wat het gebeur – satan het gevra vir ‘n oop deur –

Mark.14v27 -30 -Petrus gewaarsku – toe sê Jesus vir hulle – julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My – want daar is geskrywe – ek (satan) sal die Herder slaan , en die skape sal verstooid word –

Petrus, al sal almal ook aanstoot neem, dan tog nie ek nie –

Jesus – voorwaar Ek sê vir jou, vandag, in hierdie nag, voordat die haan twee maal kraai, sal jy My drie maal verloën –

Petrus het nog meer gesê – al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie – en so het almal gesê.

 

Petrus kap ‘n soldaat se oor af – vertrou op sy eie krag.

Ontken dat hy Jesus ken voor ‘n tiener.

 

Baie gelowiges val in hierdie strik.

1Kor.10v12 – daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie – geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie, maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

 

  1. Trots is om in jou eie geregtigheid te vertrou.

Job1v6-12 – miskien het my kinders gesondig en God in hul harte geseën – het brandoffers gebring vir sy kinders.

Hy het gedink hy doen dit om sy kinders voor God te regverdig.

Job32v1 – die drie manne het opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.

v2 – die drie manne teen Job – omdat hy homself regverdig beskou het voor God.

Job33v9 – Job sê – rein is ek – sonder oortreding, suiwer is ek, daar is geen skuld by my nie.

 

Job34v35 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand. `

 

Job40-v41 – Job het die regverdigheid van God in twyfel getrek – laat Job dan nou die wêreld regeer.

v1 – en die Here het Job uit ‘n storm geantwoord en gesê – gord tog jou heupe soos ‘n man, Ek sal jou ondervra en onderrig jy My –

wil jy werklik My reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?

Het jy dan ‘n arm soos God –

en kan jy donder met die stem soos Ek –

versier jou tog met heerlikheid en hoogheid en beklee jou met majesteit en glorie –

giet jou toorn in strome uit, en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit –

onderwerp dit, werp die goddelose neer daar waar hulle staan –

begrawe hulle almal saam in die stof, sluit hul aangesigte in ‘n verborge plek weg –

dan sal Ek ook jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.

 

Lees verder God se ondervraging aan Job.

 

Job 42 bely Job sy skuld – so het ek dan gespreek sonder om te verstaan – dinge te wonderbaar vir my –wat ek nie begryp nie.

 

Sy geseënde einde.

 

  1. – trots vertrou op sy eie wysheid.

1Kon.22 – Agab verwerp raad van Miga en kom om in die oorlog.

v15 – Miga antwoord koning van Israel – trek op – u sal voorspoedig wees en die Here sal dit in die hand van die koning gee.

 

Miga sê v17 – ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie – en die Here het gesê – hulle het geen herder nie – laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.

Koning wou nie eers vir Miga glo nie.

v19 – Miga sê – ek het die Here sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan – aan Sy regter- en aan Sy linkerkant – en die Here sê – wie sal Agab oorhaal, dat hy

kan optrek en val by Tamot en Gilead?

Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die Here staan en sê – ek sal hom oorhaal – en die Here het gevra – waarmee – en hy sê ek sal uitgaan en ‘n LEUENGEES WORD in die mond van al die profete – en hy sê – jy sal oorhaal – ja, jy sal ook oorwin, gaan uit en doen so – die Here het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee.

 

v39-40 Agab het ontslaap met sy vaders, en sy seun Ahasia het in sy plek koning geword.

 

Om op eie krag, geregtigheid en wysheid te steun, is oop deure vir verleiding en aanvalle van satan.

 

 

                                                                  **********

 

Nog ‘n oop deur vir die vyand is GULSIGHEID!

 

Joh.2 – Jesus reinig die tempel – neem hierdie dinge hier weg – moenie die huis van My Vader ‘n handelshuis maak nie => gierigheid aan kant van duiweverkopers.

 

Gen.3v1 –die slang was listiger as al die diere wat God gemaak het – hy sê vir die vrou – is dit ook so dat God gesê het – julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

Gen.2 – Hy plaas twyfel in Eva se gedagtes – sy SIEN dat die boom goed was om van te eet – dit was ‘n LUS vir die oë – sy begeer verstand.

Sy open haarself vir ‘n vloek omdat sy ongehoorsaam aan God se opdrag was om van al die bome te eet behalwe die boom van KENNIS van goed en kwaad.

Sy het KENNIS van God begeer.

Hulle het geneem van die vrug van die boom van lewe wat aan God behoort.

 

Dit was die eerste wet wat God aan die mens gegee het.

Gen.2v16 – en die Here God het aan die mens BEVEL GEGEE EN GESê – van al die bome van die tuin mag jy vry eet – maar van die boom van KENNIS VAN GOED EN KWAAD, daarvan mag jy nie eet nie, WANT DIE DAG AS JY DAARVAN EET, SAL JY SEKERLIK STERWE .

Nie ‘n fisiese dood maar ‘n geestelike dood => verwyder uit God se teenwoordigheid en God het Sy Heerlikheid waarmee hul bedek was weggeneem, daarom het hul gesien hul is kaal.

 

So het God Israel getoets – Daniël – dissipels.

Exod.13v2 – God se wet van eersgeborenes – heilig vir My al die eersgeborenes – kinders van die mens en van diere IS MYNE.

God verwerp Essau omdat hy sy eersgeboortereg aan Jacob verkoop het – sy berou agterna kon dit nie vir hom teruggee nie.

Exod.23 – vir ses jaar kon hul hul land bewerk en alles vir hulleself hou – maar die sewende jaar se opbrengs het aan die Here behoort.

Exod.27v30 – ook al die TIENDES van die land – graan – vrugte behoort aan die Here.

Jos.6v19 – inval in Jerigo – al die silwer en goud en die koper- en ystervoorwerpe is heilig aan die Here en dit moet by die skat van die Here kom – dis bangoed.

Om te steel van bangoed bring ‘n vloek.

Jos.7v11 – Agan het van bangoed gesteel en weggesteek – God – Israel het gesondig en het ook My verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.

v20 – Agan – waarlik, ek het gesondig teen die Here, die God van Israel, en so het ek gedoen.

v25 – hoe het jy ons in die ongeluk gestort – die Here sal jou vandag in die ongeluk stort – daarop het die hele Israel hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi – en hulle het “n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is – toe het die Here Hom afgewend van die gloed van Sy toorn – daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.

 

Mal.3v8 – Mag ‘n mens God beroof?

Want julle beroof My, en julle sê – waarin het ons U beroof – in die tiendes en die offergawes – bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in My huis kan wees, en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.

As ons nie ons tiendes gee, of dit neem, is dit dieselfde.

Mat.23v23 –julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle na, die reg en die barmhartigheid en trou – hierdie dinge behoort julle te doen sonder om ander te na te kom.

 

Judas het geld van God se skatkas geneem om Jesus te verraai en te laat kruisig.

Luk.22v3 – en die satan het in Judas gevaar, en met die owerpriester en hoofde beraadslag hoe om Jesus aan hul oor te lewer.

 

As ons nie teruggee in die vorm van tiendes,  van dit wat God aan ons gee, beroof ons God.

Ons gee tiendes uit dankbaarheid vir God se goedheid en barmhartigheid deur Sy liefde vir ons, om Sy Seun as offer te gee, om ons vry te koop van die vloek van die wet.

 

Israel moes die wet nakom om geseën te word.

 

Na Jesus se kruisdood het God Sy genade as gawe aan ons gegee.

Deur geloof in die Kruisdoodwerke van Jesus ontvang ons Vader se genade as gawe en ontvang ons Sy Seëninge.

Genade => geloof in Jesus die Opgestane Christus = > maak ons deelgenote van Chritus se seëninge.

 

                                                          ***************

 

                           Nog ‘n oop deur vir die vyand is ONGELOOF!

Rom.14v23 – ……… alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

Mark.16v14 – Jesus verwyt dissipels na Sy opstanding – en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom na Sy Opstanding gesien hetn NIE GEGLO NIE.

Mark.9v24 – vader van seun wat maansiek was – maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons – Jesus sê as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo – dadelik roep die Vader uit – EK GLO, HERE – KOM MY ONGELOOF TE HULP

 

                                              **********

 

 

 

 

                                 Nog ‘n oop deur vir die vyand is vrees!

Job het gevrees dat sy kinders sou sondig, Job het  elke oggend brandoffers gebring om hulle te heilig.

satan – is dit verniet dat JOB God vrees?

God kon nie vir satan weier om Job te beproef en te versoek nie, want hy ‘n deur van vrees oopgemaak in sy lewe.

1Joh.4v18 – hy wat vrees het nie volmaak geword in die liefde nie.

2Tim.1v7 – God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van liefde, krag en selfbeheersing.

 

Oop deure aan die vyand maak ons slawe van hom!   – Exod 22.

 

                                                            ***************                                                  

 

                                  Nog ‘n oop deur vir die vyand is wellus!

 

  1. Begeerte.

Gal.5v16 => wandel deur die GEES, dan sal julle nooit die BEGEERTES VAN DIE VLEES VOLBRING nie.

Rom.6v19 => ek spreek menslikerwys terwille van die SWAKHEID VAN JULLE VLEES, want net soos julle jul diensbaar gestel het aan die onreinheid en WETTELOOSHEID om WETTELOOS te wees, so moet julle jul nou diensbaar stel aan die GEREGTIGHEID TOT HEILIGMAKING.

Rom.8 => want die wat VLEESLIK is, BEDINK vleeslike dinge, maar die wat GEESTELIK is, GEESTELIKE dinge – want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die GEES BEDINK, is LEWE EN VREDE – omdat wat die vlees bedink, VYANDSKAP TEEN GOD is, want dit ONDERWERP HOM NIE AAN DIE WET VAN GOD NIE, WANT DIT KAN OOK NIE – en wat in die vlees is, kan GOD NIE BEHAAG NIE – julle is egter nie in die vlees nie,

maar in die Gees, as naamlik die GEES VAN GOD IN JULLE WOON – AS IEMAND DIE GEES VAN CHRISTUS NIE HET NIE, DIE BEHOORT NIE AAN HOM NIE – MAAR AS CHRISTUS IN JULLE IS, DAN IS DIE LIGGAAM DOOD VANWEë DIE SONDE, MAAR DIE GEES IS LEWE VANWEë DIE GEREGTIGHEID – en as die GEES van Hom wat Jesus uit die dode OPGEWEK het, in julle woon, dan sal HY wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle STERFLIKE LIGGAME LEWEND MAAK DEUR SY GEES WAT IN JULLE WOON – daarom is ons SKULDENAARS, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie – want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die GEES DIE WERKE van die LIGGAAM doodmaak, sal julle lewe – WANT ALMAL WAT DEUR DIE GEES VAN GOD GELEI WORD, DIE IS KINDERS VAN GOD – WANT JULLE HET NIE ONTVANG ‘N GEES VAN SLAWERNY NIE OM WEER TE VREES NIE, MAAR JULLE HET ONTVANG DIE GEES VAN AANNEMING TOT KINDERS, DEUR WIE ONS ROEP – “ABBA VADER!”

 

Rom.13v14 – maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy BEGEERLIKHEDE te bevredig nie.

 

Kol.3v12 – ‘n GEBED – Heilige Gees, ons bid vir wysheid, oop geestelike oë en  ontvanklike gedagtes en ‘n voortreflike gees om ons te beklee, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid , sagmoedigheid en lankmoedigheid – dat ons mekaar sal verdra en vergewe, as die een teen die ander ‘n klag het,  soos Christus ons vergewe het deur Sy bloed, dood en Sy lewe wat Hy vir ons afgelê het.

Dat ons bekleed sal wees met dankbaarheid vir Sy liefde en vrede.

Dat Jesus, die Opgestane Christus, die WOORD, die Waarheid ryklik in ons sal woon in alle besluite, keuses, omstandighede en situasies, met Sy wysheid en krag.

 

  1. Moenie begeertes plek gee, of toelaat nie.

Spr.6 – waarskuwing teen ‘n slegte vrou – bewaar my seun die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie – want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van tug ‘n weg tot die lewe, om jou te bewaar vir ‘n slegte vrou, vir die gevlei van

‘n vreemde tong.

 

  1. Dit veroorsaak geestelike dood.

Jak.1v14-15 – maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word – daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde , en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die DOOD voort.

Dit beinvloed jou finansies, gesondheid en ander areas van jou lewe.

 

  1. Lê dit af – verwerp dit – breek daarmee – bid vir verlossing – en ontvang geestelike leiding deur die Woord te bestudeer sodat ons kennis kry en daarteen standvastig kan staan en volhard om gehoorsaam aan die Woord te wees.

2Kor.10v3v4 – want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie, want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp – terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus – om gereed te wees om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

 

                                                          ***************

 

Luk.4 – Jesus se bediening!

v16-21 – toe kom Hy in Nasaret waar HY opgevoed was, en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Sabbatdag in die sinagogo en staan op om te lees –

en die boek Jesaja is aan Hom oorhandig, en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar daar geskrywe staan –

  • die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die Evangelie aan die armes te bring –
  • Hy het My gestuur om die wat verbrysel van hart is, te genees –
  • om aan die gevangenes vrylating te verkondig –
  • aan blindes herstel van gesig –
  • om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur –
  • om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

 

 

Toe begin Hy vir hulle te sê – VANDAG IS HIERDIE SKRIF IN JUL ORE VERVUL!

 

                                                          ************

 

‘n Sterk vesting wat ‘n houvas op ‘n persoon kan hê – ‘n gebroke heart!

 

Verwerping –

Num.14v34 – omdat Israel teen God gesondig het omdat hul wou teruggaan na Egipte.

Net Kaleb en Josua sou die nuwe land van melk en heuning ingaan – vir res van Israel sê God – en jul kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat jul lyke in die woestyn verteer is – volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtigheid dra, veertig jaar lank, en My teëstand gewaar word.

 

2Kor.10v10-13 – en moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, hulle het deur die VERDERWER omgekom – maar al hierdie dinge het hul oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het – wie meen dat hy staan moet oppas dat hy nie val nie – geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie, maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan dra.

 

Emosionele verwerping hou mense ook gebonde

 

  • Woede – as gevolg van verwerping – Jonatan het Dawid se kant bokant sy vader s’n gekies – ‘n gees van woede is ‘n emosie wat deur eie krag jou wil bewys – 1Sam.19v9 – maar ‘n BOSE GEES van die Here het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
  • onsekerheid as gevolg van verwerping –
  • onafhanklikheid –
  • om maklik verkleineerd te voel –
  • om skaam of eensaam te voel ook as gevolg van verwerping –
  • manipulasie – om te wil heers – diefstal om te vat wat jy dink eintlik aan jou behoort –

al hierdie emosies kom uit die verlede – bv ongebore babas kan al met verwerping in wêreld kom – wat onderwyser vir jou gesê het ens.

 

Dis ‘n emosie van ‘n GEBROKE HART!

Jesus sê in Luk.4 – Hy het gekom om die wat gebroke van hart is te genees.

Deur Jesus kan ons verlos word van al hierdie vrugte van verwerping – want Hy het dit aan die kruis klaar vir ons betaal, sodat ons deur Sy wonde genesing kan ontvang.

 

Dit is vleeslike emosies.

Emosies is die VRUG VAN DIE VLEES.

Emosies is nie die sonde nie – die vlees is die sondaar –

Efes.2v15 – deurdat HY IN SY VLEES die vyandskap tot niet gemaak het ……….

1Kor.15v50 sê vlees en bloed kan die Koninkryk van God nie beërwe nie.

 

Daarom het Jesus in die vlees gekom om te sterf vir die vloek wat op die vlees was.

In Gen.3v17 het God aan die mens gesê vervloek is die aarde om jou ontwil ……

Adam is uit grond gemaak, daarom keer die mens weer terug tot grond.

 

Luk.4 sê Jesus ook Hy het gekom vir die VERBRYSELDES VAN HART .

 

Dis ‘n innerlike hartseer wat bloei as gevolg van verbreekte verhoudings – om iemand aan die dood af te gee.

Mat.18 – die gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser.

 

Terwyl een vergifnis kry by sy eienaar en sy skuld afgeskryf is, draai hy hom om en eis sy geld van die een wat aan hom skuld => onvergewens gesindheid.

v33-35 – moes jy nie ook jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie – en sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was – SO SAL OOK ONS HEMELSE VADER AAN JULLE DOEN AS JULLE NIE ELKEEN SY BROEDER VAN HARTE SY OORTREDINGE VERGEWE NIE.

 

Jak.4v7 – onderwerp julle dan aan God, WEERSTAAN DIE DUIWEL, EN HY SAL VAN JULLE WEGVLUG.

 

2Kor.2v10 -11– aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook, want wie ek ook vergeef het – as ek iets vergeef het – dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die satan bedrieg sou word nie – want ons is nie met sy planne onbekend nie.

 

 2Kor11– valse apostels – ek vrees, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus – geen wonder nie – want die satan self verander hom in ‘n engel van die lig – dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie – maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

 

DIE VRUG VAN DIE WOEDE VAN ‘N VERBRYSELDE HART IS , OM OP TE HOU HUIL.

 

Ons sien dit as ‘n swakheid om toe te gee om te huil – dalk te trots dat andere kan sien ons het ook swakhede.

die seer binne is dalk so seer dat dit ons gevange hou – dis soos n deksel wat toegeslaan het.

 

Ons is kwaad en raas liewers dat andere kan sien ons is in beheer.  Ons het geen hulp nodig nie.

 

                                                                  **********

 

Daar is verlossing om vry te kom!

 

  • Erken dat ons ‘n probleem het – dat ons hulp nodig het –

Luk.15 – die verlore seun het tot homself gekom – hy het opgestaan en na sy vader gegaan – erken dat hy teen God en sy vader gesondig het – vergifnis gevra –

  • hom bekeer – sy gedagtes is vernuwe – sy vader het hom ontvang asof hy nog nooit gesondig het nie.

Rom.12v2 – en word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Jak.5v16 – bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word – die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

 

  • verwyder die leuens van satan –

‘n leuen is ‘n strik wat satan vir jou stel en hy kry beheer oor jou lewe –

die tweede seun van die vader het kwaad geword toe hy van die veld kom en die musiek hoor en wou nie binne gaan nie – sy vader gaan toe uit en smeek hom – maar hy antwoord , kyk, ek dien u so baie jare en u het het nog nooit vir my ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kan wees nie – maar hierdie seun het al u goed deurgebring en ‘n fees word vir hom gereël – kind, jy is altyd by my, alles wat myne is is joune – laat ons vrolik en bly wees want hierdie broer van jou was dood en hy het weer lewend geword, en hy was verlore en is gevind.

 

Al twee seuns was gebind deur jaloesie wat ‘n oop deur vir satan was –

 

  • verlore seun ontvang die gawes van God ons Vader –

v22 – die vader sê vir sy diensknegte – bring die beste kleed en trek dit vir hom aan- gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.

 

Ons hemelse Vader beklee ons met Sy Seun Jesus, die Opgestane Christus se kleed van geregtigheid, na wedergeboorte.

Ons was verlore en het teruggekom en met ons hart geglo en met ons mond bely dat Jesus Christus die Seun van God gesterf het vir ons misdade en ongeregtighede.

Deur Sy Opstandigslewe kry ons Sy ewige lewe.

 

Jes.61v10 – ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God – want Hy het my beklee met die klere van heil – my in die MANTEL VAN GEREGTIGHEID gewikkel – soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hooftooisel ombind – en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele.

 

  • Ons ontvang die ring van Heerskappy – ons IN Jesus aan wie alle mag, krag en gesag behoort in die hemel en op die aarde.
  • Ons ontvang skoene van krag –

Hand.1v8 – maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.

Joh.14v20 – in die dag sal julle weet dat Ek in My Vader is, en julle IN My, en Ek IN julle.

 

Alleen Jesus kan ons vrymaak, as ons verslaaf is aan iets.

As ‘n Christen pornagrafie kyk, maak ons ‘n deur oop vir die demoniese gees van hoerery.

 

Luk.10 – Jesus stuur die sewentig uit in die strate – kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe – wie na julle luister, luister na My, en wie julle verwerp, verwerp My, en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.

v17 – en die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê – Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons IN U NAAM – en Hy sê vir hulle – Ek het satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.

v19 kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en OOR AL DIE KRAG VAN DIE VYAND, en niks sal julle ooit skade doen nie.

 

                                                                      **********

                                                God se grootste begeerte!

 

Gen.1 – in die begin het God die hemel en die aarde GESKAPE.

God het gespreek- laat daar lig wees – laat daar ‘n uitspansel wees.

 

v11 – uit die aarde het Hy voort geskep – LAAT DIE AARDE VOORTBRING, grasspruitjies, plante, bome ens.

 

God het gespreek wat Hy geskape het –

Hy het gespreek om iets uit niks te skep, bv. bome uit niks.

Laat die aarde voortbring grasspruitjies, bome ens.

Dit wat die aarde voortbring gaan weer terug aarde toe.                    

 

v24 – en God het gesê – LAAT DIE AARDE LEWENDE WESENS VOORTBRING volgens hulle soorte ……..

v26 – HET GOD TOT HOMSELF GESPREEK – LAAT ONS MENSE MAAK NA ONS BEELD, NA ONS GELYKENIS en laat hulle heers.

 

Hy het die mens se LIGGAAM uit grond GEMAAK – die liggaam gaan weer terug na stof.

 

God het Sy GEES in die mens geblaas – SY GEES GAAN TERUG NA HOM.

Efes.2v1 – en julle het HY LEWEND GEMAAK ……..

Joh.10v10 – …………. EK HET GEKOM DAT JULLE LEWE EN OORVLOED KAN Hê.

 

God het Adam gemaak volgens Sy beeld en gelykenis – sonder sonde.

Adam het ook ‘n begeerte gehad –

v20 – so het die mens dan name gegee aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen HULP GEVIND WAT BY HOM PAS.

 

Hoekom het God vir Eva gemaak – Adam het ‘n BEGEERTE GEHAD NA ‘N HULP WAT SOOS HY SOU LYK.

 

v23 – dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees –

hy het haar ook ‘n naam gegee nl. sy sal MANNIN genoem word, want sy is uit die man geneem..

 

God het geweet Adam verlang na ‘n bruid net soos God ook begeer om ‘n bruid te hê.

DAAROM HET Hy mense gemaak na Sy beeld en gelykenis wat by Hom sou pas.

 

  1. God het ons gemaak om HOM LIEF TE Hê.

AANBIDDING VIND TUSSEN TWEE PLAAS.

DAT GOD ONS KAN LIEFHê. EN ONS HOM TERUG LIEF TE KAN Hê.

 

God is iemand wat graag gee –

God kan nie ontvang sonder om te gee.

 

As ons Hom aanraak deur aanbidding, raak Hy ons ook terug aan.

Aanbidding betuig liefde tot God, Hy betuig liefde tot ons.

 

Wat ons vir God gee, gee Hy in oorvloed terug.

As ons Hom in alles vertrou, stort Hy Sy seëninge in oorvloed oor ons uit.

 

Aanbidding is liefdesbetuigings aan God – dankbaarheid is lofprysing – om in die gees te wandel is aanbidding.

As ons sê ons sal ons lewe vir Hom aflê, sê Hy, Ek het dit alreeds afgelê vir jou deur Jesus.

As ons vergifnis vra sê HY jy is klaar vergewe IN Christus.

 

2Kor.6v16 – Ek sal onder hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, ,en hulle sal vir My ‘n volk wees.

 

In die Woord gee God baie beloftes => as gehoorsaam is, na Sy stem luister, sal Hy onder hul woon, sal hul God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Exod.6v7 – Lev.26v12 – Jer.11v4 – Jer.24v7 – Jer.30v22 – Jer.36v33 – Eseg.11v20 – Eseg.14v11 – Eseg.36v28 – Eseg.37v23 – Eseg.37v27 – Hos.2v23 – Sag.8v8 – Sag.13v9 – Heb.8v10 – Open.21v 1-3 – en ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê – die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal Sy volk wees, en GOD SELF sal by hulle wees as hulle God –

v4 – en God sal al die trane van hul oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie – ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

v5 – en Hy wat op die troon sit, het gesê – KYK, EK MAAK ALLES NUUT – en Hy het aan my gesê – skryf, want hierdie WOORDE IS WAARAGTIG EN BETROUBAAR.

 

Ons sondes is vergewe – ons ontvang ‘n nuwe hart – ons sal vir Hom seuns en dogters wees – alles word nuut – ‘n vreugdevolle ewige lewe vir ewig.

Deur God se voorkennis is alles alreeds bepaal van die begin af..

v6 – en Hy het vir my gesê, Johannes, DIT IS VERBY – EK IS DIE ALFA EN OMEGA – DIE BEGIN EN DIE EINDE – AAN DIE DORSTIGE SAL EK GEE UIT DIE FONTEIN VAN DIE WATER VAN DIE LEWE, VERNIET – EK SAL VIR HOM ‘N GOD WEES, EN HY SAL VIR MY ‘N SEUN WEES!

 

                                                               ***************

 

 

 

 

 

                                                     Die laaste waarskuwing!

 

Openb.21v8 – maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en die gruwelikes en die moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel – dit is die tweede dood.

 

                                                              ***************

 

Ken ons God die Heilige Gees?

 

Joh.14v17 – die Gees van die Waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie, maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en IN julle sal wees.

 

Die Bybel spreek Hom nie aan as iets soos baie beweer ‘n invloed nie.

Die Bybel praat van Hom “as Hy en Hom.”

God die Heilige Gees is ‘n persoon.

Deel van die God-eenheid – God dieVader, God die Seun en God die Heilige Gees.

 

v26 – maar die TROOSTER, die HEILIGE GEES, wat die VADER IN MY NAAM sal stuur, HY sal julle ALLES LEER en sal julle HERINNER AAN ALLES wat EK vir julle gesê het.

 

Joh.15v26 – maar as die TROOSTER gekom het wat EK vir julle van die VADER sal stuur, die GEES van die WAARHEID wat van die VADER uitgaan, sal HY van MY GETUIG.

 

Joh.16v7 – sê Jesus – Ek sê julle die waarheid – dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan – want as Ek nie weggaan nie, sal die TROOSTER nie na julle kom nie, maar as Ek weggaan, sal Ek HOM na julle stuur.

v12-13 – nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie – maar wanneer HY gekom het, die GEES VAN DIE WAARHEID, sal Hy julle in die hele WAARHEID lei, want HY sal nie uit HOMSELF spreek nie, maar alles wat HY HOOR, sal HY SPREEK en die TOEKOMSTIGE DINGE aan julle verkondig.

 

HELPER – een aan jou sy om jou te help – tree saam met jou as INTERSESSOR op in tye wanneer ons nie weet hoe om te bid nie.

 

Die Heilige Gees sal altyd daar wees – Hy is ons beste vriend.

 

Die sonde teen God die Heilige Gees is onvergeeflik, onverskoonbaar , omdat Hy die enigste is om Jesus die enigste Redder en Verlosser aan ons te openbaar.

 

Rom.8v24-28 – want ons is gered in hoop, maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie, want wat iemand sien, waarom hoop hy nog – maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding – en net so kom die GEES ons SWAKHEDE te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet ons moet bid nie, maar die GEES self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge – en HY wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die GEES is, omdat Hy ooreenkomstig DIE WIL VAN GOD vir die heiliges intree – en ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

 

  1. HY IS ONS HELPER!

Joh.16v8 – as HY kom, sal HY die wêreld OORTUIG VAN SONDE, EN VAN GEREGTIGHEID EN VAN OORDEEL.

 

Sonde – omdat hul nie in Jesus se koms, kruisdood en opstanding glo nie –

Geregtigheid – Jesus die Opgestane Christus het ons geregtigheid voor God geword –

Oordeel – omdat die owerste, satan, van hierdie wêreld klaar geoordeel is.

 

1Kor.12v3 – daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die GEES van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie, en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die HEILIGE GEES.

 

Hy oortuig ons dat ons ‘n sondaar is, dat ons ‘n VERLOSSER nodig het, en lei ons na Jesus.

 

Satan probeer ons verlei deur leuens en vrees by ons tuis te bring, deur vrae te vra – “het God dit gesê,” soos hy Eva verlei het – vals profete kan ons maklik verlei deur ‘n ander Evangelie weg van genade en Jesus se kruisdoodwerke – deur Jesus se geboorte te bevraag teken.

         

  1. God die Heilige Gees is ons vriend.

1Kor.12 – ‘n verskeidenheid van genadegawes, deur God die Heilige Gees –

‘n Verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here –

‘n verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk –

maar aan elkeen word die openbaring van die GEES gegee met die oog op wat nuttig is –

v8 -11 – deur die Gees ‘n woord van wysheid – ‘n woord van kennis – ‘n ander geloof – genadegawes van gesondmaking – ander werkinge van kragte – ander profesie – ander onderskeiding van geeste – ander allerhande tale – ander uitleg van tale.

 

MAAR AL HIERDIE DINGE WERK EEN EN DIESELFDE GEES WAT AAN ELKEEN AFSONDERLIK UITDEEL SOOS HY WIL.

 

  1. Hy is ons God – deel van die DRIE-ENIGE GOD – VADER, SEUN en HEILIGE GEES.

Joh.14v16 – en EK (Jesus) sal My VADER bid, en Hy sal julle ‘n ander TROOSTER gee om by julle te bly tot in ewigheid.

 

Luk.3v22 – en die HEILIGE GEES het in ‘n liggaamlike gedaante soos ‘n duif op HOM (Jesus) neergedaal, en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê – “U is MY GELIEFDE SEUN, in U het EK ‘n welbehae.”

 

Hand.3-4 – Petrus aan Ananias waarom het jy vir die HEILIGE GEES gelieg – jy het nie vir mense gelieg nie, MAAR VIR GOD.

 

 

                                                        ***************

 

Where He, the Holy Spirit is, there is liberty.

The writers of the Bible spoke as they were moved by Him.

We are warned not to grieve or quench him.

The sin against Him is unpardonable because sin is against the only One who can reveal the Son to us.

Unless a man is born of the Spirit he cannot enter the Kingdom of God.

We are convicted by Him born again by Him.

Filled with Him, and sealed by Him.

The Spirit intercedes through us on earth.

The Holy Spirit calls and qualifies ministers for their work.

It is the Holy Spirit who makes them overseers over the flock.

He hears, speaks, teaches and guides us in all truths.

He glorifies Christ, receives from Christ, shows us Christ, and brings all of Christ words to our rememberance.

It is better for us that Jesus left so He could come.

He knows the deep things of God, searches all things, and reveals all things.                                                  

 

Luk.15v1-7 – DRIE GELYKENISSE – DIE AFGEDWAALDE SKAAP – 100 skape – een verloor – 99 gelos – gaan agter een tot hy hom vind – sit dit op sy skouers met groot blydskap – wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was – Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor die 99 regverdiges wat bekering nie nodig het nie.

 

VERLORE PENNING – die vrou wat een van haar pennings verloor het, steek sy nie ‘n lamp op en vee die huis uit en soek sorvuldig totdat sy dit gekry het. Roep haar vriendinne bymekaar om saam met haar bly te wees, want sy het die penning gekry wat sy verloor het.

 

DIE VERLORE SEUN – toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen – groot fees – oudste broer ongelukkig – vader antwoord – ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.

 

JESUS ONS HERDER.

  1. Elke mens is vir God besonders, uitverkore, uniek – na Sy beeld en gelykenis gemaak.

Joh.10 – Ek is die goeie Herder – die goeie Herder lê Sy lewe af vir Sy skape – Ek is die deur, as iemand deur My ingaan, sal hy gered word – die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes – Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hë – Ek is die goeie Herder, en Ek ken My eie en word deur my eie geken.

Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader – Ek lê My lewe af vir die skape.

 

Heb.1v3 – ………….. Hy het die reiniging van ons sondes bewerk ………..

Heb.2v18 – want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan HY die help wat versoek word.

 

Jes.59 – geen verlossing sonder bekering – kyk, die hand van die Here is nie te kort om te help nie, en Sy oor is nie te swaar om te hoor nie. 

 

  1. Elke mens is vir God waardevol.

Jak.4v5 – of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê – MET JALOERSHEID BEGEER DIE GEES WAT IN ONS WOON.

 

Ons behoort aan Hom, want ons is na Sy BEELD en GELYKENIS gemaak.

Waarde van iets is wat dit werd is vir die ander persoon.

 

  1. Elke mens is vir God Uniek

Sy stempel is op ons afgedruk.

Elkeen se vinger afdruk is verskillend. Nie twee s’n is eenders nie.

In die moederskoot is God se stempel alreeds op daardie bondeltjie mens gestempel.

Jesus het alreeds vir hom/haar deur Sy kruisdood vrygekoop.

 

Vir Vader God is dit ‘n stryd want Hy wil nie dat een verlore sal gaan nie.

Joh.3v16 – want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

 

2Pet.3v9 – die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

 

Vir God is elke beeldraer van Hom baie kosbaar.

Hy het ons elkeen lief asof ons die enigste is op aarde.

As een nog nie ‘n keuse vir hom gemaak het nie, deur Hom nog steeds te verwerp – wat nog vasgevang is deur die wêreldse begeerlike en nog ‘n slaaf van satan is – kan God se hartseerliefde vergelyk word met ouers waar die vrou ‘n miskraam gehad het.

Die hartseer soeke na daardie lewetjie wat die moeder onder haar hart gedra het.

Die soeke is altyd daar want een van gesin is nie daar nie.

So bly God die maker van elkeen, soekend, met innige verlange en hartseer na elkeen vir wie Sy Seun Sy bloed, Sy dood en Sy lewe gegee het.

 

Vader God se diepe hartseer vir die verloregaandes waarvoor Sy Seun ‘n dure onbetaalbare, onberekenbare prys betaal het.

Hy trek elkeen met bande van liefde om huistoe te kom.

Jesus wat soek en vind maar Hy word verwerp.

Die Heilige Gees se verwerping deur ongeloof – daarom is dit die onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees.

 

                                                                       ***************

 

                                     Wat beteken Pinkster vir die gelowiges!

 

  1. 50 dae nadat Jesus opgevaar het, is God die Heilige Gees uitgestort.

Hand.2 – almal was eendragtig bymekaar –

  • skielik uit die hemel ‘n geluid soos ‘n geweldige rukwind het huis gevul –
  • tonge soos van vuur het hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit –
  • almal is vervul met die Heilige Gees –
  • het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het –
  • menigte saamgedrom en was in die war –
  • want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek –
  • was verbaas en verwonderd en sê vir mekaar, is hulle nie almal Galileërs nie –
  • hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is –
  • => Parthers, Meders, Elamiete, inwoners van Mesopotamië, Judea, Kappadocië, Pontus, Asië, Frigië, Pamfilië, Egipte, streke van Libië by Cirene, Romeine, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere.
  • Almal was verbaas en radeloos wat hulle hoor.

 

Alle mense het dieselfde taal gepraat aan die begin.

Met die bou van die toring van Babel het God hulle opgedeel in volke met elkeen ‘n woonplek met sy eie taal.

 

Op Pinksterdag was al die volke weer bymekaar.

God die Heilige Gees gee aan elke gelowige ‘n geestelike taal om met God te kommunikeer.

Op Pinkster toe die Heilige Gees uitgestort is, het almal God geloof en geprys in ‘n geestelike taal.

satan het geen toegang hierin nie.

Elke gelowige bid met die verstand en in ‘n geestelike taal deur God die Heilige Gees.

 

Die wet was op kliptafels deur God geskryf vir die volk Israel.

Die Heilige Gees skryf nou die wet op ons harte sodat ons in Christus se geregtigheid, daarin kan wandel.

 

Deur geloof het elke weergeborene wat met die Heilige Gees gedoop is tonge van vuur op hul hoofde. Dit kan net in die gees gesien word.  God se stempel op ons.

 

Die wet is met Pinkster vervul.

 

Hand.1v4-5 – dissipels moes wag OP DIE BELOFTE van die Vader – Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank na hierdie dae nie.

 

Hand.2v38-39 – Petrus – bekeer julle en laat elkeen gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergifnis van sonde, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang – want die belofte kom julle toe en julle kinders en ALMAL wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep

 

1Kor.12v13 – want ons is almal deur een GEES GEDOOP tot een liggaam.

God die Heilige Gees doop ons met wedergeboorte IN Jesus en ons word deel van Sy Liggaam.

 

Mat.28v19 – Jesus aan dissipels – maak dissipels van al die nasies, en DOOP HULLE IN DIE NAAM VAN DIE VADER, EN DIE SEUN EN DIE HEILIGE GEES, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

 

JESUS ONS VOORBEELD!

 

Mark.1v8 – Johannes die Doper – ek het julle wel met water gedoop, maar HY (JESUS) SAL JULLE MET DIE HEILIGE GEES DOOP.

 

Luk.3v16 – Johannes – HY SAL JULLE DOOP MET DIE HEILIGE GEES EN MET VUUR.

 

Joh.1v33 –Johannes vir Jesus IN WATER GEDOOP – Johannes gesê – op wie jy die GEES SIEN NEERDAAL EN OP HOM BLY, DIT IS HY WAT MET DIE HEILIGE GEES DOOP – en ek het gesien en getuig dat HY DIE SEUN VAN GOD IS.

Jesus ons voorbeeld.

 

Wedergeboorte => glo – gered – kind omdat die sondes julle vergewe is om Sy Naam ontwil. 1Joh.2v12 -God die Heilige Gees doop ons IN Jesus die OPGESTANE CHRISTUS 1Kor.12v13.

 

Dissipel doop weergeborene in water as getuienis dat hy sy ou lewe afgelê het – is nou

 jongmanne, omdat julle sterk is en die Woord van God in julle bly en julle die bose oorwin het => 1Joh.2v14.

 Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle HOM KEN wat van die begin af is 1Joh.2v14.

 

Jesus doop ons met God die Heilige Gees, sodat ons krag kan ontvang, soos Hy aan dissipels                            beloof het in Hand.1v8 – Joh.14v8 – in die dag sal julle weet dat Ek in My Vader is, en julle in My, en Ek in julle.

 

                                                   ************

 

                             Hoe hoor ons God se stem?

 

Gideon –Rigters 6 – word deur God gestuur om Israel van die Midianiete te verlos.

v11 – die Engel van die Here het gekom en onder die terpentynboom gaan sit, terwyl Gideon juis koring uitslaan in die parskuip om dit beveilig teen die Midianiete wat gereeld gekom het die opbrengs van hul lande en skape en ander lewensmiddele kom verwoes het.

Die kinders van Israel het baie arm geword en God aangeroep.

 

Die Engel het vir Gideon gesê – die Here is met jou, dapper held.

 

Gideon het baie verskonings gehad – waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom – waar is al die wonders waarvan ons vaders ons van vertel het – het die Here ons nie uit Egipte laat optrek nie – maar nou het die Here ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.

v14 – toe draai die Here na hom en sê – GAAN IN HIERDIE KRAG VAN JOU en verlos Israel – IS DIT NIE EK WAT JOU STUUR NIE?

v15 Gideon nog nie tevrede nie – kyk, my geslag is die swakste in Manassa – ekself die geringste in my familie.

Die Here – EK SAL MET JOU WEES –

Gideon – as ek dan guns in U oë gevind het, doen vir my ‘n teken, DAT DIT U IS WAT MET MY SPREEK.

Gideon berei ‘n bokkie, n efa meel ongesuurde koeke en sit dit op ‘n rots en gooi die sous daaroor uit. Die Engel van die Here het die punt van die staf wat in sy hand was, die vleis aangeraak – toe gaan daar ‘n vuur uit die rots en verteer die vleis en ongesuurde koeke -intussen het die Engel verdwyn uit sy gesig.

 

v23 – Gideon het bevrees geword – maar die Here sê vir hom – VREDE VIR JOU! MOENIE VREES NIE! JY SAL NIE STERWE NIE !

 

Tog het hy nog tekens gevra v36-40 met die velletjie.

 

God het bevel gegee dat sy manskappe te veel is, en moes hulle verminder tot 300 – ANDERS KAN ISRAEL HOM TEEN MY BEROEM DEUR TE Sê – MY EIE HAND HET MY VERLOS.

 

Rigt.7 beveel God Gideon om die nag by die Midianiete te gaan afluister en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek.

 

Hulle het net op een plek blystaan en op die ramshorings geblaas en uitroep – die swaard van die Here en van Gideon.

 

‘n Gelowige het ‘n persoonlike verhouding met Jesus – daarom is hulle vriende en kan met mekaar kommunikeer.

 

Aan die begin het God en Adam in die aandwindjie met mekaar gesels.

Om van God te hoor is nie iets wat ons doen nie, maar wie ons is.

 

Joh.10 – v14 – Ek is die goeie Herder, en Ek ken My eie en word deur My eie geken – net soos die Vader My ken, ken Ek ook My Vader – Ek lê My lewe af vir My skape.

 

v27-30 – My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My – en Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit My hand ruk nie – My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal en niemand kan julle uit die hand van My Vader ruk nie – Ek en My Vader is EEN.

 

Ons is so geskape dat ons kan kommunikeer met ons Maker- ons is na Sy BEELD en GELYKENIS gemaak – ‘n Maker wat met Sy skeppinge kan kommunikeer.

Die mens is met nog ‘n sintuig geskep – “‘n geestelike sintuig” om Sy stem te kan hoor om met Hom te kan kommunikeer.

 

                                                              ***************

 

                                  Die vraag => Hoe kan God mense hel toe stuur?

 

Jes.5v1 – laat My tog sing van My BEMINDE (GOD DIE SEUN) – ‘n lied van my BEMINDE oor Sy wingerd (SY UITVERKORE MENSE) – My BEMINDE het ‘n wingerd op ‘n vrugbare heuwel – Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke – en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap – en HY het verwag dat dit druiwe sou dra, MAAR DIT HET WILDE DRUIWE VOORTGEBRING – wat is daar meer te doen aan My wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie – waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring.

v5 – Laat MY julle dan nou te kenne gee wat Ek met My wingerd gaan doen – Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word – Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.

 

v11 – Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag laat opbly terwyl die wyn verhit –

v12 – en daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd – MAAR OP DIE DADE VAN DIE HERE GEE HULLE NIE AG NIE, EN DIE WERK VAN SY HANDE SIEN HULLE NIE –

v13 – daarom gaan My volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hul menigte versmag van dors –

 

v14 – DAAROM HET DIE DODERYK (HEL) SY KEEL WYD OOPGEMAAK EN SY MOND UITGEREK SONDER MAAT, EN DAARIN SINK HULLE ADEL EN HUL MENIGTE EN HULLE LUIDRUGTIGHEID EN DIEGENE ONDER HULLE WAT UITGELATE IS.

 

v15 – dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die HOOGMOEDIGE mense word verneder.

 

v16 – MAAR HOOG SAL DIE HERE VAN DIE LEëRSKARE WEES DEUR DIE STRAFGERIG, EN DIE HEILIGE GOD SAL SAL HOM AS DIE HEILIGE LAAT KEN DEUR GEREGTIGHEID.

 

Die hel was oorspronklik net vir satan en sy engele gemaak vir hul ewige straf –Mat.25v41.

 

Maar as gevolg van Adam en Eva se sonde van ongehoorsaamheid het sonde tot alle mense deurgedring.

God het Sy Seun Jesus, na hierdie wêreld gestuur sodat elkeen wat glo nie verlore sal gaan nie.

Let op na die WêRELD gestuur, nie vir die mens nie.

Die wêreld huisves die mense wat as sondaars gebore word – Ps.51 sê Dawid in sonde word ek ontvang en gebore.

 

Jes.5 sê Jesus – Hy het verwag dat Sy wingerd druiwe sou dra WANT Hy het alles aan die kruis gedoen, sodat hul druiwe kon dra, maar nou dra hul wilde druiwe.

Wat is daar meer te doen aan My wingerd wat Ek daar aan (die kruis) gedoen het nie?

 

Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word – ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.

v18 – 30 –

Mat.21v33-40 – gelykenis van die landbouers.

 

v38 – Jesus se eerste verwerping – maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê – dit is die erfgenaam kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.

v39 – en hulle het Hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.

 

Judas Jesus verraai – Jesus gevange geneem – hom tot buite Jerusalem se poorte gesleep en is Hy op Golgota gekruisig.

 

Luk.16 – die ryk man en Lasarus.

 

VERWERPING van Jesus, Seun van God, wat Sy lewe vir die sondaarmens kom aflê het, is die GROOTSTE ONVERGEEFLIKE,ONVERSKOONBARE SONDE WAT DAAR KAN WEES!

 

God die Vader wat verwerp word, wat Sy allerbeste gegee het –

Jesus, God die Seun wat hom ontledig het van Sy Heerlikheid in die hemel, wat uit die boesem van Sy Vader gekom het om Sy Wingerd, Sy uitverkorenes te kom verlos van hierdie bose wêreld waarvan satan die god is –

Wat God die Heilige Gees bedroef en verwerp, is dat ongelowiges Jesus die Opgestane Christus verwerp wat HY aan die wêreld kom bekend stel.

 

GOD WIL NET SY FAMILIE Hê!

 

God het ons lief waarom sal Hy ons wil hel toe stuur.

God het aan die mens ‘n vrye wil gegee.

God het die mens volmaak gemaak –

hulle in ‘n pragtige plek geplaas met alles wat hul nodig het –

hulle was geklee met God se heerlikheid –

 het met Hom gekommunikeer.

 

Maar satan was ook in die Paradys.

Sy wrok was teen God, wat hom uit die hemel uitgewerp het, as gevolg van HOOGMOED, deurdat hy hom bokant God wou verhef.

 

satan doen hom voor as ‘n slang en verlei vir ADAM EN EVA .

Hulle word die eerste mense wat God verwerp.

 

Die mens se verwerping en rebelie teen God is gelyk staande aan hoogmoed.

 

MENSE STUUR HUL SELF HEL TOE DEUR REBELIE EN VERWERPING VAN GOD.

ONGELOOF oor JESUS SE MAAGDELIKE GEBOORTE, Sy Opstanding en Hemelvaart.

ONGELOOF IS ‘N GROTER SONDE AS DADE VAN SONDE.

 

As dit die mens se keuse is, werp hy homself in die hel – nie God nie, maar sy keuse.

Jou keuse bepaal jou bestemming – hemel of hel!

 

Niemand dwing jou om die Woord te lees of te glo nie.

 

DIE HEL IS GESKEP NET VIR SATAN EN SY ENGELE!

Omdat die mens teen God begin rebileer en God verwerp sê Jes.5v14 – daarom het die doderyk (die hel) sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat => die hel word nog steeds groter volgens hierdie Skrif vir hulle wat God verwerp.

 

SATAN VERNIETIG GOD SE MENSE WAT NA SY BEELD EN GELYKENIS GEMAAK IS EN GEE GOD DIE SKULD!

 

Luk.16v19 – die ryk man en Lasarus.

 

Ryk man purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.

Lasarus, die bedelaar vol swere voor ryk man se poort gelê en het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk mam se tafel val – selfs die honde het sy swere gelek.

Toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.

 

Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe.

Toe hy in die doderyk (hel) sy oë ophef, terwyl hy IN SMARTE was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

 

HY roep en sê – “vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van SY VINGER IN WATER KAN STEEK EN MY TONG VERKOEL, WANT EK LY SMARTE IN HIERDIE VLAM – maar daar is ‘n groot kloof wat verhoed dat daar nie oor beweeg kan word nie.

 

Ek bid u dan, vader, stuur hom na my vader se huis om vyf broers DRINGEND TE WAARSKU, sodat hulle nie ook in HIERDIE PLEK VAN LYDING kom nie.

Abraham – laat hulle na Moses en die Profete luister.

Nee vader Abraham, maar as IEMAND UIT DIE DODE NA HULLE GAAN, SAL HULLE HULLE BEKEER.

 

As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, SAL HULLE NIE OORTUIG WORD NIE, AL SOU IEMAND UIT DIE DODE OPSTAAN.

 

JESUS, WAT NA HIERDIE WêRELD GEKOM, GESTERF BEGRAWE IS, HET OPGESTAAN – NOGTANS VANDAG LUISTER MENSE OOK NIE NA SY WOORD NIE.

VADER HET SELFS VIR ONS GOD DIE HEILIGE GEES GESTUUR, OM AS TROOSTER OM BY ONS TE BLY TOT IN EWIGHEID.

HY HET GEKOM OM ONS TE LEER, TE HERINNER, TE GETUIG, ONS IN DIE HELE WAARHEID LEI,WANT HY SAL NIE UIT HOMSELF SPREEK NIE, MAAR ALLES WAT HY HOOR, SAL HY SPREEK EN DIE TOEKOMSTIGE DINGE AAN JULLE VERKONDIG.                           

 

Jesus sê – “IN VLAM!”

  • In veldbrand word brandslaners selfs verbrand net van die gloed van die vuur – hoeveel te meer die vlam self – geen verligting vir hulle wat God verwerp in die poel van vuur vir ewig.
  • Hoeveel pyn het die uitstrekbank waarop Jesus ook vasgemaak was veroorsaak –

 

             hoeveel meer pyn vir ewig, vir hulle wat Hom verwerp het.

  • Ons sien hoe vuur goud en yster smelt, hoeveel vuriger gaan daardie vuur wees vir hulle wat Jesus verwerp het.

 

 

Die ryk man het barmhartigheid by Abraham gesoek – God se barmhartigheid stop by die GROOT WIT TROON.

 

Hy het troos gesoek by Abraham – God se genade stop by GROOT WIT TROON.

 

Hy vra Abraham om sy broers te waarsku, want hy wil hulle hierdie pyniging spaar.

Rom.1 – mense wat die waarheid onderdruk – omdat wat van God geken kan word, in hulle geopenbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar – want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en Goddelikheid, SODAT HULLE GEEN VERONTSKULDIGING HET NIE.

 

Elke mens is verantwoordelik vir sy keuse => die hemel of die hel!

 

Mat.25v31-46 – die ewige lewe en die ewige straf.

Wanneer die Seun van die mens in Sy Heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op Sy Heerlike Troon sit.

v34 – dan sal die Koning vir die aan Sy regterhand is sê – kom, julle geseëndes van My Vader, BEëRF DIE KONINKRYK wat vir julle berei is, van die grondlegging van die wêreld af.

 

v41 – vir die aan Sy linkerkant sê – gaan weg van MY JULLE VERVLOEKTES – IN DIE EWIGE VUUR WAT BEREI IS VIR DIE DUIWEL EN SY ENGELE.

 

v46- en hulle sal weggaan in DIE EWIGE STRAF – MAAR DIE REGVERDIGES IN DIE EWIGE LEWE!

             

Die hel is totale duisternis => dis satan se koninkryk van duisternis.

Sal met niemand kan praat nie => ‘n emosionele eensaamheid deel van die pyniging vir ewig.

Daar is geen rus of hoop nie.

Open.14v11 –en die rook van hul pyniging gaan op tot in alle ewigheid –

en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

 

v12 – hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas – hier is hulle wat die GEBOOIE van God en die GELOOF IN JESUS BEWAAR.

v13 – ‘n stem uit die hemel – salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe – ja, sê die Gees – sodat hulle kan RUS VAN HUL ARBEID, en hulle WERKE VOLG MET HULLE .

                      

Open.20v7 – satan word vir duisend jaar gebind – en wanneer die duisend jaar voleindig is, sal satan uit sy gevangenes ontbind word –

  • hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is –
  • die Gog en Magog, om hulle te versamel vir die oorlog –
  • en hulle getal is soos die sand van die see –
  • en hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel.

 

 

En vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind –

v10 – en die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is, en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

 

v11 – DIE LAASTE OORDEEL!

 

Ek het ‘n GROOT WIT TROON gesien en HOM WAT DAAROP SIT, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het – en daar is geen plek vir hulle gevind nie – ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die BOEKE IS GEOPEN – en ANDER BOEK , DIE BOEK VAN DIE LEWE, IS GEOPEN.

 

Die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, VOLGENS HULLE WERKE.

 

Die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was – en hulle is geoordeel, volgens elkeen se werke.

 

v14 – en die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp – dit is die tweede dood.

 

v15 – en as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die BOEK VAN DIE LEWE NIE, IS HY IN DIE POEL VAN VUUR GEWERP.

 

Hoe kan enige mens God se liefde verwerp?

 

2Pet.3v9 – die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet VERGAAN NIE (hel toe moet gaan nie), maar dat almal tot BEKERING MOET KOM.

 

                            DIE DAG VAN AFREKENING VIR ALMAL!

 

 Almal bepaal deur sy keuse waar sy bestemming vir ewig gaan wees.

Wat gaan ons spandeer om hierdie bestemming te bereik => geloof of ongeloof deur verwerping van God.

 

Die gelowiges in die hemel     –     die ongelowiges in die hel.

Almal se beloning sal wees volgens sy werke en gedrag op aarde.

 

Efes.2v8 – want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie – DIT IS ‘N GAWE VAN GOD!

v9 – nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie –

v10 – want ons is Sy maaksel, geskape IN Christus TOT GOEIE WERKE WAT GOD VOORBEREI HET, SODAT ONS DAARIN KAN WANDEL.

 

2Kor.5v10 -Alle gelowiges voor die REGTERSTOEL VAN CHRISTUS!

Sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het of dit GOED is of KWAAD.

 

Rom.14v7-11 – want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself – want as ons lewe, leef ons TOT EER VAN DIE HERE, of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here – want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers – maar jy, waarom oordeel jy jou broeder – of jy ook, waarom verag jy jou broeder – WANT ONS SAL ALMAL VOOR DIE REGTERSTOEL VAN CHRISTUS GESTEL WORD – want daar is geskrywe – so waaragtig as Ek leef, sê die Here

 voor My sal elke knie buig en elke tong sal God bely.  

 

1Kor.3 – gelowiges ‘n gebou van God.

v9-15 – want ons is medewerkers (met en vir) van God – die akker (Sy tuin en wingerd grond wat omgeploeg en ontwikkel word) van God –die gebou van God is julle – volgens die genade van God wat aan my gegee (geskenk) is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop, maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou – want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar (reeds) gelê is nie, DIT IS JESUS CHRISTUS (Die Gesalfde)– en as iemand op die fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want DIE DAG (van Christus) sal dit  aanwys, omdat dit deur VUUR openbaar gemaak sal word, en die VUUR sal ELKEEN SE WERK OP DIE PROEF STEL, hoedanig dit is – as iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, SAL HY LOON ONTVANG!

 

As iemand se werk verbrand word, sal hy SKADE LY – ALHOEWEL HY GERED SAL WORD SOOS DEUR VUUR HEEN.

 

  • Mat.6 – die werke => pasop dat jul nie jul LIEFDADIGHEID voor mense bewys om deur     hulle gesien te word nie – het julle geen loon by julle Vader wat in die hemel is nie.

 

As jy liefdadigheid bewys laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie –                        sodat dit in die verborgene kan wees – en jul Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die     openbaar vergelde.

 

  • Wanneer jy BID, gaan in jou binnekamer, sluit die deur en bid jou Vader wat in die verborgene is – en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

 

 Gebruik nie ‘n herhaling van woorde nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

 

  • As jy VAS, salf jou hoof en was jou gesig, laat dit nie sigbaar vir mense wees nie en jul Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

 

 

  • Moenie vir jou skatte op aarde bymekaar maak nie – maak vir julle skatte bymekaar in                                             die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie – want waar jou skat is, daar sal julle harte wees.

 

 

  • die lamp van die liggaam is jou oog – as jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees – as jou oog donker is, hoe groot is die donkerheid nie – (jou gewete.)

 

 

  • julle kan nie God en mammon dien nie – jy sal die een aanhang en die ander een verag –(rykdom, welvaart , geld, posisie, of waarin jou vertroue is.)

 

Moenie jou kwel oor jul lewe, eet of drink, klere – is die lewe nie meer werd as voedsel en klere nie – wat kwel jy jou oor klere as Hy vir die voëls sorg, die lelies van die veld klee, hoeveel te meer vir julle , kleingelowiges – want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

 

  • soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

 

 

Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

 

1Joh.2v28 – en nou my kinders BLY IN HOM, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by Sy WEDERKOMS.

v29 – as julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat ELKEEN WAT DIE GEREGTIGHEID DOEN, uit Hom gebore is.

 

VERGELDING vir die gelowiges in hul ewige bestemming die hemel.

Efes.2v10 want ons is Sy maaksel, geskape IN Christus TOT GOEIE WERKE wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

 

Daar sal grade van goeie werke wees, daarom moontlik posisies wat elkeen gaan beklee volgens sy werke IN CHRISTUS.

 

 VERGELDING vir die ongelowiges in hul ewige bestemming in die poel van vuur, die doderyk, die hel.

 

Daar sal ook grade van oordeel en vergelding wees volgens hul werke.

 

Mat.11v19 – VERWERPING VAN JESUS – die Seun van die mens het gekom – hy eet en Hy drink, en hulle sê – daar is ‘n mens wat ‘n vraat en ‘n wynsuiper is, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.

v20 – Hy het die stede waarin die meeste van Sy kragtige dade plaasgevind het, BEGIN VERWYT, OMDAT HULLE HUL NIE BEKEER HET NIE –

v21-24 – sonde, die verwerping van Jesus, en genade, groter as sonde van Sodom –

Gorasin en Bersaida – want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het – Jesus – dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees in die OORDEELSDAG as vir julle.

En jy, Kapernaum, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die DODERYK toe neergestoot word, want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy blystaan het tot vandag toe. Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die OORDEELSDAG as vir jou.

 

 

                                                               *************

 

 

                                                                   DIE EINDE!

 

 .Mat.24v3 – en toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê – vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U KOMS en van die VOLEINDING van die wêreld!

v4 – pasop dat NIEMAND JUL MISLEI NIE.

v5 Want baie sal in My Naam kom en sê – ek is die Christus, en hulle sal baie mense mislei .

 v6 – julle sal hoor van oorloë, pasop moenie verskrik wees nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die end nie.

v7 – een nasie sal teen die ander opstaan – die een koninkryk teen die ander – daar sal hongersnode wees – pessiektes – aardbewings op verskillende plekke.

v8 – maar al hierdie dinge is ‘n BEGIN VAN DIE SMARTE –

v9 – julle sal aan verdrukking oorgegee word – julle sal dood gemaak word – sal deur nasies gehaat word terwille van My Naam.

v10 – baie sal struikel – sal mekaar verraai en mekaar haat.

v11 – baie vals profete sal opstaan en baie mense mislei.

v12 – omdat die ongeregtigheid vermeerder, sal die liefde van die meeste verkoel.

 

v13 – MAAR WIE VOLHARD TOT DIE EINDE TOE, SAL GERED WORD.

V14 – DIE LAASTE => HIERDIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK SAL VEKONDIG WORD IN DIE HELE WêRELD TOT ‘N GETUIENIS VIR AL DIE NASIES –

                                       EN DAN SAL DIE EINDE KOM1

 

 

                                                    ***************

Joh.8v31 – en Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het – AS JULLE IN MY WOORD BLY,

is julle WAARLIK My dissipels –

v32 – EN JULLE SAL DIE WAARHEID KEN, EN DIE WAARHEID SAL JULLE VRYMAAK

v33-36 – ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens gedoen nie – Jesus anwoord elkeen wat die sonde doen, is ‘n dienskneg van die sonde – as die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

 

Titus2 – die REDDENE GENADE van  God het aan alle mense verskyn –

en leer ons om die goddeloosheid en die wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenswoordige wêreld te lewe – terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die Heerlikheid verwag van die Grote God en ons Verlosser, Jesus Christus – wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as Sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

 

Kol.1v3-6 – Paulus – ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid – omdat ons gehoor het van julle geloof IN Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges – vanweë die HOOP wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die WOORD VAN DIE WAARHEID VAN DIE EVANGELIE – wat julle sowel as die hele wêreld bereik het – en dit dra VRUG, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en DIE GENADE VAN GOD IN WAARHEID LEER KEN HET  –

v23 – as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van DIE HOOP VAN DIE EVANGELIE nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel.

 

Efes.1v13 – in wie julle ook, nadat julle DIE WOORD VAN DIE WAARHEID, die Evangelie van julle REDDING, gehoor het, in wie julle ook GEGLO het, VERSEël is met die HEILIGE GEES van die belofte.

 

Efes.2 – verlossing deur genade –

En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes – waarin almal gewandel het – volgens die owerste van die mag van die lug – die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk –

maar God wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur Sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, toe ons dood was van die sonde –

lewend gemaak saam met Christus => UIT GENADE IS JULLE GERED –

saam opgewek en saam laat sit in die hemele IN Christus Jesus –

sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van Sy GENADE in goedertierenheid oor ons IN Christus –

want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie => DIT IS ‘N GAWE VAN GOD –

nie uit die werke (doen van wet) sodat niemand kan roem nie –

want ons is Sy maaksel, geskape IN Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

 

Joh.6 – baie van Jesus se volgelinge het Hom verlaat –

              die belydenis v an Petrus.

Jesus – Ek is die Brood van die Lewe – sodat as iemand daarvan eet nie sal sterwe nie -(geestelike dood in die hel vir die wat nie glo dat Sy Vader Hom gestuur het nie -)

as iemand van hierdie brood eet , sal hy leef tot in ewigheid (in die hemel vir die wat glo) –

en die brood wat Ek sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe san die wêreld sal gee –

 

v60 – en baie het gesê – hierdie woord is hard, wie kan daarna luister en hulle het Hom verlaat.

v68 – Petrus en ander dissipels het gebly –

Here na wie sal ons gaan – U HET DIE WOORD VAN DIE EWIGE LEWE!

Ons het geglo en erken dat U die Christus is, DIE SEUN VAN DIE LEWENDE GOD!

 

Hoe het sonde in die wêreld gekom?

Rom.5v12 – deur een mens het sonde in die wêreld ingekom en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het .

                                    

Jes.59v2-4 – julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie – want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid, en julle lippe spreek leuens, julle tong fluister onreg –

daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat ‘n regstryd voer IN WAARHEID nie, hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil – hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet – hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbrekend is hulle paaie –

die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie – hulle maak hulle paaie krom, niemand wat daarop loop , ken die vrede nie.

 

                                                                **********

 

WAT IS MY WAARDE VIR GOD?

 

In die begin het God ons gemaak na Sy beeld en gelykenis.

 

Ken ons Hom wat ons gemaak en Sy gees-asem in ons geblaas het?

 

Waaraan meet Hy ons waarde toe ons in sonde ontvang en gebore is – Ps.51v7 – Dawid – kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Dawid se versugting v8 – kyk, U het ‘n WELGEVALLE AAN WAARHEID in die binneste, en in die verborge maak U aan my wysheid bekend –

v9 – ontsondig my met hisop , dat ek kan rein wees, was my, dat ek witter as sneeu kan wees –

v12 – skep vir my ‘n rein hart, o God, gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.

 

Ongeregtigheid – Rom.5v12 – deur Adam se ongehoorsaamheid het sonde tot alle mense deurgedring.

 

Exod.12v22 – hisoptakkie in bloed aan deurkosyne het die Israeliete beskerm teen die sterwe van eersgeborenes.

 

Jes.1v18 – kom nou laat ons die saak uitmaak, sê die Here, al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu – al was dit rooi soos purper, dit sal wit word soos sneeu.

 

Waar begin alles?

Ek moet leer om God te ken – wie Hy is sodat ek kan weet wie ek is.

 

Ek hoor die waarheid van redding – Jesus wat in my plek gekruisig is – Jes.53 –

Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel –

die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom –

Rom.5v8-11 – God bewys Sy liefde daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was – nou dat ons GEREGVERDIG IS IN SY BLOED, deur Hom GERED word van die TOORN VAN GOD – want as ons terwyl nog vyande was, met God VERSOEN is deur die dood van Sy Seun, veel meer SAL ons deur SY LEWE GERED word nou dat ons versoen is – nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, DEUR WIE ONS NOU DIE VERSOENING verkry het.

Rom.10v9-10 – as jy met jou MOND die Here Jesus BELY, en met jou HART GLO DAT GOD HOM UIT DIE DODE OPGEWEK HET, SAL JY GERED WORD – want met die HART GLO ons tot GEREGTIGHEID en met die MOND BELY ons tot REDDING – want die Skrif sê – ELKEEN WAT IN HOM GLO, SAL NIE BESKAAM WORD NIE.

 

Alles begin by God en wat Christus aan die kruis gedoen het – as ek dit glo vloei dit na my, en ek besef my waarde vir God.

 

Na Sy beeld en gelykenis gemaak – ‘n geestelike wese in my innerlike –

my ou geeslewe van satan van bose werke is vervang met Christus se heilige lewe wat Hy deur my leef as ek, in hierdie vleeslike liggaam.

 

 Gal.2v20 – ek is met Christus gekruisig, ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my – wat ek nou in die vlees leef, leef ek deur die GELOOF van die Seun van God wat my liefgehad het en Homelf vir my oorgegee het.

 

satan se geeslewe van sonde en bose werke het aan die kruis gesterf – my sonde-skuldbrief is aan die kruis vasgespyker – ek het gesterf aan hierdie ou sondaarslewe, sondige gedragpatrone en sondige gedagtepatrone.

 

Rom.6v11 – so moet julle ook REKEN dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God IN Christus Jesus, onse Here.

 

Jesus die Gekruisigde, het betaal deur Sy lewe te gee, sodat ek my WAARDE waarvoor God my bedoel het kon terugkry.

 

DIE WAARDE VAN ENIGIEMAND IS DIE WAARDE VAN DIE EEN WAT MY GEKOOP HET!

 

Elke skepping wat Vader in sy/haar moederskoot gevorm het (Ps.139) is uniek vir God – elkeen met sy/haar eie vingerafdruk, persoonlikheid, elkeen se uiterlike lyk anders – ‘n unieke afdruk van Sy Beeld en Gelykenis.

 

Rom.12v1-2 – Paulus – ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle julle liggame stel as ‘n LEWENDE, HEILIGE en aan God welgevallige offers – en word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word VERANDER deur die VERNUWING van julle GEMOED, SODAT julle kan BEPROEF wat die GOEIE EN WELGEVALLIGE en die VOLMAAKTE WIL VAN GOD IS.

 

Daar is geen waarde in hierdie wêreld wat vergelyk kan word aan die waarde van ‘n verloregaande mens nie – ‘n mens geskape na God se beeld en gelykenis.

 

  • Luk15 – die gelykenisse van die afgedwaalde skaap – watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat die nege-en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry – roep vriende en bure bymekaar en almal is vol blydskap – net soveel blydskap in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor die nege-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie –    
  • Die verlore penning – watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie ‘n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry – saam met vriendinne is hulle bly, want sy het haar verlore penning gekry – Ek sê vir julle, daar is blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer –
  • die verlore seun – vader het gewag en met blydskap sy seun terug verwelkom – bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees – want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword, hy was verlore en is gevind.

 

God se groot stryd is dat elkeen van Sy skeppinge wat na Sy Beeld en Gelykenis geskape is, sal terugkeer na Hom.

 

Hoe sien of kyk ek na my naaste?

Waar ‘n mens doodgemaak word vir ‘n appel en ui – die waarde van daardie mens is geskend – voor God – sy bloed roep uit na God.

Mense wat mishandel en verkrag word – dis menslike liggame wat na God se beeld en gelykenis geskape is – geen wêreldse waarde kan daardie liggaam regmaak of herstel tot sy oorspronklike waarde vir God nie.

Rom.13v9b-10 – jy moet jou naaste liefhê soos jouself – die liefde doen die naaste geen kwaad nie, daarom is die liefde die vervulling van die wet. 

As ek begin besef hoe lief God my het, begin ek die waarde besef van my naaste.

 

Ons gees is verwant aan God – na wedergeboorte leef Christus se geeslewe in ons, as ons –

2Kor.1v10- Jesus se kruisdood het ons verlos uit ‘n groot doodsgevaar => die ewige geestelike dood in die hel.

 

Ons siele, gedagtes, wil en emosies is verwant aan God en die skepping – v10 WORD NOG VERLOS –

Rom.12v2 – word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, MAAR WORD VERANDER DEUR DIE VERNUWING VAN JULLE GEMOED – ‘n welgevallige offer en tot die volmaakte wil van God.

 

Jak.1v21 – daarom, DOEN afstand van alle vuiligheid en die oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante Woord, wat in staat is om julle SIELE TE RED

 

1Pet.1v22 – as julle in gehoorsaamheid aan die WAARHEID julle SIELE deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê –

 

Ons liggame is verwant aan die aarde – uit grond geformeer en keer terug na die aarde.

 

 2Kor.1v10 – op wie ons HOOP dat Hy nog sal verlos => vleeslike liggaam keer terug tot stof en met Jesus se wederkoms ontvang ons ‘n geestelike liggaam –

1Kor.15v49- en soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra –

v50 – vlees en bloed kan kan nie die koninkryk van God beërwe nie- ook beërwe die verganklike nie die onverganklike nie –

v51 – ons sal wel almal nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word –

v52 – in ‘n oomblik, ‘n oogwink, by die laaste basuin, want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word wat nog lewe –

die verganklike moet met die onverganklike beklee word – en die sterflike met die onsterflike beklee word –

v54 – dan sal vervul word die woord wat geskrywe is – DIE DOOD IS VERSLIND IN DIE OORWINNING –

v56 – die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet –

v57 – maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus –

v58 – daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

 

Ps.32v5 – sê Dawid – my sonde het ek bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie – ek het gesê – ek wil aan die Here my ongeregtighede BELY – en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.

 

Heb.11 – die aard van geloof – voorbeelde uit die Ou Testament –

geloof is dan ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons HOOP, ‘N BEWYS van die dinge wat ons nie sien nie – want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang =>

deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die WOORD van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit die sienlike dinge nie –

  • sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag –
  • deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan God gebring as Kain –
  • deur geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie –
  • so ook Noag – Abraham – Sara , omdat sy God getrou geag het wat dit beloof het – getuienisse uit die Ou Testament.

 

v27 – Moses het die toorn van die koning nie gevrees nie, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien .

 

Met die hart glo ons en met ons mond bely ons die Here Jesus => ons glo in ons sielsgedeelte – wat volgens 2Kor.1v10 NOG VERLOS word deur die vernuwing van ons gedagtes, wil en emosies.

 

Heb.12 – daarom dan terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê –

  • die oog gevestig op Jesus die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat dit Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het –
  • want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle IN JULLE SIELE nie vermoeid word en verslap nie.

 

Heb.13 – vernuwing van ons sielsgedeelte => gedagtes, wil en emosies

 

Die broederliefde moet bly – gasvryheid teenoor almal – gevangenes asof jul mede-gevangenes is – die wat mishandel word as mense wat self ‘n liggaam het – laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees – laat jul gedrag vry van geldgierighied wees – wees tevrede met wat julle het, want Ek het gesê dat Ek jul nooit begewe of verlaat nie – die Here is ons Helper ons sal nooit vrees nie – wat sal ‘n mens aan my doen.

 

v8 – Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid –

v9 – moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie – want dit is goed dat die hart versterk word.

 

v20-21 – heilwense en gebed –

mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om Sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die Heerlikheid toekom tot in alle ewigheid.

                                                      AMEN!

 

                                                    **********

 

 

 

 

                              EFES.2V8 -GENADE ‘N GAWE VAN GOD!

 

  • Uit genade is julle gered –
  • deur die geloof –
  • nie uit julleself nie –
  • dit is ‘n geskenk van God.

 

Genade is onverdiend – jy kan dit nie verdien deur goeie werke of enigiets wat jy doen nie –

Genade kan nie gekoop word nie – geen geld of edelgesteentes kan Jesus se bloed koop nie –  

Genade kan ook nie volgens meriete verdien word nie – geen status of geleerdheid kan dit verdien nie – Jesus die Eniggebore Seun van God se lewe is onbekostigbaar – Sy lewe het Hyself aangebied – op die altaar geplaas.

 

Fil.2v6-11 – Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie – maar het Homself ontledig deur die gestalte van n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk te word – en in gedaante van ‘n mens gevind , het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis – daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n Naam gegee wat bo elke naam is – sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is – en elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is tot Heerlikheid van God die Vader.

 

Jesus het ons met Vader versoen – die koopprys => SY HEILIGE LEWE te gee om te sterf – dit is genade!

 

Genade is, God het gegee deur Jesus se dood – geloof neem dit as gawe met alles wat daarin opgesluit is.

Heb.11v6 – sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.

 

Deur geloof vloei geregtigheid – Christus IN ons se geregtigheid, as ons geregtigheid.

 

Rom.4v3 – Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken –

v4 – maar aan hom wat werk, word die loon nie na GUNS toegereken nie, maar na verdienste – aan hom egter wat nie werk nie, maar GLO IN HOM wat die goddelose regverdig, word sy GELOOF tot geregtigheid gereken.

 

GUNS => GENADE!

GELOOF => GEREGTIGHEID – deel van die gawe van genade.

 

Abraham was ‘n heiden maar God het aan hom ‘n belofte gemaak

 

Gen.12 – en die Here God het aan Abram gesê – gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys – en Ek sal jou ‘n GROOT NASIE maak en jou SEëN en jou naam so groot maak , dat jy ‘n seën sal wees – en Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek – en in jou sal al die nasies geseën word.

 

Abraham was gehoorsaam => Jesus was gehoorsaam tot aan die kruis – FIL.2V8.

 

Omdat Abraham geglo het, is dit hom tot geregtigheid gereken.

 

Heb.6v14 – 19 – voorwaar Ek sal jou ryklik seên en jou grootliks vermeerder- en so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het – want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak – daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van Sy raad wou toon, dit met ‘n EED GEWAARBORG – sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die HOOP wat voorlê – en ons het dit aan ‘n anker van die SIEL wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel – waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n HOëPRIESTER geword het vir EWIG.

 

Die twee onveranderlike dinge –

  1. Jesus is ons Hoëpriester vir ewig – Hy het gaan sit aan die regterhand van God in ‘n regerende posisie – terwyl die Hoëpriester van die wet altyd moes staan en is altyd vervang – Heb.10v11- die slagoffers moes altyd herhaal word want dit kon nooit die sonde wegneem nie – want Christus ons Hoëpriester het deur een offer vir altyd volmaak die wat geheilig word –

v15 – en ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis.

 

  1. Jesus ons Middelaar tussen ons en God.

Heb.8v6 – maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van

n beter verbond wat op beter beloftes WETTELIK gegrond is.

Heb.9v13-15 – voortdurend moes die bloed van diere besprinklik word, sodat net tydelik die vlees geheilig en gereinig kon word – hoeveel temeer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien – en daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe Testament, sodat, terwyl daar dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste Testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.

 

Heb.10v1 – want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.

 

Genade is ‘n guns van God, kan nie verdien word nie, want anders skuld God ons iets.

 

Jes.64v6 – en ons almal het geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed – en ons almal het verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

 

2Kor.5v21 – want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God IN Hom.

 

Joh.6v28-29 – toe vra hulle Jesus – wat moet ons doen om die werke van God te volbring – Jesus antwoord – dit is die werk van God, dat julle IN Hom GLO wat My gestuur het.

v38-40 – want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om My wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het – en dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag – en dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat ELKEEN WAT DIE SEUN AANSKOU EN IN HOM GLO, DIE EWIGE LEWE MAG Hê – en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

 

                                                      EWIGE VERLOSSING!

1Joh.5v13 – dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die EWIGE LEWE het en kan GLO in die Naam van die Seun van God.

v11-12 – en dit is die getuienis – dat God ons die ewige lewe GEGEE het, en die Lewe is IN die Seun – hy wat die Seun het, het die lewe, wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

 

Open.1v4 – genade vir julle en vrede van Hom WAT IS en WAT WAS  en WAT KOM –

v8 – Ek is die Alfa en Omega, die begin en die einde, WAT IS en WAT WAS en WAT KOM, die ALMAGTIGE –

v11 – Ek IS die Alfa en Omega, die EERSTE en die LAASTE –

  • wat is => teenswoordige tyd – gees IS gered => IS geregverdig, IS geheilig, IS aanvaar,                            IS verlos, IS vergewe => IS afgehandel met wedergeboorte.

 

1Pet.1v23 – want julle IS weergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit die onverganklike, deur die Lewende Woord van God, wat tot IN ewigheid bly.

 

  • wat was => sielsgedeelte wat nog deur die lewendmakende Woord gereinig word – alreeds IN DIE VERLEDE EWIGHEID AFGEHANDEL IS – Sy werke van VOOR die grondlegging van die wêreld af VOLBRING IS – 1Pet.1v18-22 – omdat julle WEET dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud’ losgekoop is uit jul ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie – maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, WAT VOORUIT GEKEN IS VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WêRELD, MAAR IN HIERDIE LAASTE TYE GEOPENBAAR IS OM JULLE ONTWIL, julle wat deur Hom glo IN God wat Hom uit die dode opgewek en Hom Heerlikheid gegee het, sodat julle GELOOF en HOOP op God kan wees – as julle in gehoorsaamheid aan die WAARHEID julle SIELE deur die GEES tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart –
  • wat sal kom => in die toekomende tyd => “EK IS”

 

 

Open.1v11 – v17 – Ek IS die ALFA en OMEGA, die EERSTE en die LAASTE –

  • ‘n stem tussen die sewe kandelaars, een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, gegord om die bors met ‘n goue gordel –
  • Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en Sy oë soos ‘n vuurvlam –
  • Sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond –
  • Sy stem soos die stem van baie waters –
  • in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou –
  • ‘n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan –
  • Sy aangesig was soos die son wat skyn in Sy krag –
  • toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan Sy voete, en Hy het Sy regterhand op my gelê – moenie vrees nie –
  • EK IS DIE EERSTE EN DIE LAASTE –
  • die LEWENDE, Ek was dood en kyk, EK LEEF TOT IN ALLE EWIGHEID –
  • AMEN –
  • Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood –
  • skryf die dinge wat jy gesien het op – “WAT IS” sowel as die wat gaan gebeur.

 

 

Efes.1v3 – geseënd is ons God en Vader van ons Here Jesus Christus wat ons GESEëN het met Al die Geestelike SEëNINGE In die hemele IN Christus –

v5 – Hy het dit VOORBESKIK om ons as Sy KINDERS AAN TE NEEM IN Christus na die welbehae van Sy wil –

v6 – tot lof van Sy Heerlikheid van SY GENADE waarmee Hy ons BEGENADIG het in die Geliefde –

v11 ‘n ERFDEEL ontvang nadat ons VANTEVORE daartoe verordineer is OOREENKOMSTIG die VOORNEME van Hom wat ALLES werk volgens die raad van Sy wil

v13 in wie julle nadat julle gehoor en geglo het in die WAARHEID van die Evangelie – VERSEëL is met die HEILIGE GEES as BELOFTE –

v14 – wat die ONDERPANT (WAARBORG) is van ons erfdeel en Sy eiendom te verlos tot lof van Sy Heerlikheid –

v17 – om God die Heilige Gees die Openbaarmakende Gees van wysheid en kennis te ontvang.

 

Gawes ontvang => alle geestelike seëninge – kinders van Vader – genade => Jesus – erfdeel IN Christus –  verseël as waarborg van elke belofte IN Christus – leef in Christus se geregtigheid as ek – die Heilige Gees om wysheid en kennis aan ons te openbaar sodat ons denke vernuwe word deur die Waarheid, die Lewendmakende Woord, Christus Jesus.

 

1Kor.6v11 – julle is geheilig – geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

 

Luk.15 – God soek ons tot Hy ons kry soos die afgedwaalde skaap, die verlore penning, die verlore seun – en sit die verlore een met blydskap op Sy skouers – Ek sê vir julle dat daar blydskap in die hemel sal wees oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor die regverdiges wat bekering nie nodig het nie.

 

                                                                         ********

 

Luk. gelykenis van die saaier.

 

‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai – ‘n deel daarvan het langs DIE pad geval, en is vertrap, en voëls van die hemel het gekom en dit op gepik => dis die hoorders – die duiwel kom en neem die Woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.

‘n Ander deel het in rotse geval, het opgekom, maar het verdroog, omdat daar geen vogtigheid was nie => dis hulle wat die Woord met blydskap ontvang, maar hulle het geen wortel nie, aangesien hulle dit net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.

 

‘n Ander deel het tussen dorings geval en dorings het dit verstik => hulle het gehoor en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietigende van die lewe en dra geen vrug nie.

 

‘n Ander deel het in goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer => dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die Woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.

 

Mark.4v 10-11 – en toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, HOM NA DIE GELYKENIS GEVRA   =>  en Hy sê vir hulle – aan julle is dit gegee om die VERBORGENHEID VAN DIE KONINKRYK VAN GOD TE KEN, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse – sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie, en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.

 

Ps.1v1-2 – welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie – MAAR SY BEHAE IS IN DIE WET DAG EN NAG.                    

 

Josua1v8 – hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie – maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan – WANT DAN SAL JY IN JOU WEë VOORSPOEDIG WEES, EN DAN SAL JY MET GOEIE GEVOLG HANDEL.

 

Ps.10v17 – Here, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor – U sal hulle hart versterk, U oor sal luister.

 

Ps.119v11 – ek het U Woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

 

Eseg.16v6 – en Ek het by jou verby gegaan en jou sien spartel in jou bloed – toe het Ek vir jou gesê in jou bloed – LEEF!

 

                                                                            *****

 

 

TROOS VIR DIE WAT NEERGEBOë IS!

 

GOD IS ‘N GOD SPESIAAL VIR RAMPKINDERS – VIR MENSE WAT TE STUKKEND IS OM OP TE STAAN – IN SULKE TYE MOET JY WEET, JOU GOD IS STEEDS IN BEHEER – HY KAN EN SAL JOU DRA EN HY WIL SIEN DAT JY WEER OPSTAAN EN MET

VREUGDE LEEF.

 

DANKIE HEER DAT U MY ALTYD WEER HELP KOP-OPTEL!

 

 

Jes.57v15 – want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon –

  • Heilig is Sy Naam –
  • Ek woon in die Hoogte –
  • en in die Heilige Plek –
  • en by die verbryselde en nederige van gees –
  • om te laat herlewe die hart van van die verbryseldes.

 

Om ‘n nederige hart te hê – om voor Hom te buig uit eerbied en ontsag. in aanbidding.

Dis hulle, die afgesonderes wat die Woord hoor en verstaan.

 

Ps.10v16-18 – die Here is Koning vir ewig en altyd – Here U het die begeerte van ootmoediges gehoor – U sal hulle hart versterk, U oor sal luister – om aan die wees en verdrukte reg te doen.

 

Ps.11v7 – want die Here is regverdig – HY het geregtigheid lief – die opregtes sal Sy aangesig sien.

 

Pet.1v15-16 – maar soos Hy julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul HELE LEWENSWANDEL HEILIG word – omdat daar geskrywe is – WEES HEILIG, WANT EK IS HEILIG.

v18 – omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel nie –

v19 -maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel VOORUIT GEKEN IS VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WêRELD, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil –

v21 – julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom Heerlikheid gegee het, sodat julle GELOOF en HOOP op God kan wees –

v22 – as julle in gehoorsaamheid aan die WAARHEID julle siele deur die Gees tot ongeveinste broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart –

v23 – want julle is weergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, DIE LEWENDE WOORD VAN GOD WAT TOT IN EWIGHEID BLY –

v24 – want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras – die gras verdor en sy blom val af –

v25 – maar die WOORD VAN DIE HERE BLY TOT IN EWIGHEID – en dit is die Woord wat aan julle verkondig word.

 

Lev.11v44 – want Ek is die Here julle God – toon dan dat julle HEILIG is en wees HEILIG, WANT EK IS DIE HEILIG, daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.

 

Kol.3v3-4 – bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie – want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

 

God is afgesonder van hierdie wêreld van sondes en ongeregtighede – Hy is sondeloos – heilig en volmaak.

 

Jes.55v10-11 – want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter – SO SAL MY WOORD WEES WAT UIT MY MOND UITGAAN – DIT SAL NIE LEEG NA MY TERUGKEER NIE, MAAR DOEN WAT MY BEHAAG EN VOORSPOEDIG WEES IN ALLES WAARTOE EK DIT STUUR.

 

Alle Heerskappy in die hemel en op die aarde behoort aan die Almagtige, Hoogverhewe, Alwyse God.

 Sy kennis is onmeetlik, Sy gedagtes onnaspeurlik, die  Alleenheerser van die sienlike en onsienlike.

Die Heelal is vol van Sy Majesteit en Heerlikheid.

Sy goedertierenheid is elke môre nuut en ewigdurend.

 

Jes.54v9-10 – soos in die dae van Noag is dit vir My – soos Ek gesweer het dat dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie – want berge mag wyk en heuwels wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk en My VREDEVERBOND nie wankel nie, sê die Here, jou ONTFERMER.      

 

Jes.55v1-3 –LUISTER=> o, almal wat dors het, kom na die waters – en wie geen geld het nie, kom, koop en eet – ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk – waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle abeid vir wat nie versadig nie – LUISTER AANDAGTIG NA MY => en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig – neig julle oor en kom na My toe LUISTER => en julle siel sal lewe – Ek wil met julle ‘n EWIGE VERBOND sluit – die BESTENDIGE GENADEBEWYSE van Dawid.

 

LUISTER => GOD WIL SO GRAAG GEE ! ! !       => ‘N EWIGE VREDEVERBOND VAN BESTENDIGE GENADEBEWYSE ! ! !

 

Mark.4v20 – en dit is hulle by wie in die goeie grond saai – HULLE WAT DIE WOORD HOOR EN AANNEEM en vrugte dra – een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.

 

HULLE WAT LUISTER =>   HOOR =>   EN DIE WOORD VAN WAARHEID AANNEEM!

 

Ps.119v10 – ek soek U met my hele hart, laat my nie afdwaal van U gebooie nie.

v11 – ek het U Woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

 

VYANDE WAT ONS BEROOF V AN DIE WOORD DAT ONS NIE KAN LUISTER, HOOR EN AANNEEM NIE!

 

satan val altyd die Woord aan!

 

Sommer al in die begin van die skepping en die mens => Gen.3v1 – maar die slang (satan) was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het.

 

God waarsku in Deut.28 – as jy goed luister na die stem van die Here jou God => sal julle geseënd wees => as jy nie luister, hoor en aanneem nie =>v26 – en jul lyke sal as voedsel vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde wees, sonder dat iemand hulle skrikmaak => Mark.4v4 – die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet => bose geeste in die lug – satan se demone.

 

Lev.26 – belofte en bedreiging => geen afgod of gesnede beeld maak nie, of ‘n klippilaar nie oprig of beeldhoutwerk maak, om julle neer te buig nie – WANT EK IS DIE HERE JULLE GOD .

v14-16 – maar as julle nie na My luister, maar julle teen My verset – sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook SEWEVOUDIG tugtig weens julle sondes.

v25 – Ek sal pes onder julle instuur, en julle sal in die hand van die VYAND (SATAN) oorgegee word.

v26 – tien vroue –Jes.4v1 – sewe vroue – vroue verteenwoordig die onreinheid van die dogters van Sion – bloedskulde => onreinheid, ongeregtighede, van die kerke, die bruid van Christus, kinders van God.

Open.2+3 => briewe aan die sewe gemeentes => gesien as die sewe vroue –

Efese => Ek het dit teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het – die wat sê dat hul apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het.

 

Smirna – die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van satan – die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word – wees getrou tot die dood toe en Ek sal julle die kroon van die lewe gee.

 

Pergamus – Ek ken jou werke => jul geloof verloën struikelblokke voor die kinders van Israel gewerp om afgodsoffers te eet en te hoereer en die plek waar julle woon, waar die troon van die satan is.

 

Thiatire – maar Ek het enkele dinge teen jou, dat jy die vrou Isebel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en My diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.

 

Sardis – Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood – wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.

 

Filadelfia – kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg – Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

 

Laodicëa – Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie – was jy tog maar koud of warm – maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit My mond spuug – want jy sê – ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie – en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

 

 

                                                                     **********                                                                                                   

 

1Kon.3 – Salomo se nagtelike droom =>

 Die Here verskyn aan Salomo in ‘n nagtelike droom – BEGEER WAT EK JOU MOET GEE!

 

Salomo – U het aan U kneg, my vader Dawid, ‘n groot guns bewys, net soos hy voor U aangesig gewandel het in TROU en in GEREGTIGHEID en in OPREGTHEID VAN HART met U – en U het hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom ‘n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is –

nou dan, Here my God, U het U kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is ‘n jong seun – ek weet nie om uit of in te gaan nie –

U kneg is midde onder U volk, ‘n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie –

gee dan aan U kneg ‘n OPMERKSAME HART om reg te spreek oor U volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou oor hierdie talryke volk kan regeer –

so doen Ek dan volgens jou woord – kyk Ek gee jou ‘n WYSE en VERSTANDIGE hart, soos nog een voor of na jou sal hê nie –

ja, selfs die wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, RYKDOM sowel as EER –

as jy in My weë wandel, dan sal Ek jou DAE VERLENG.

 

1Kor.1v30 – Jesus het vir ons geword WYSHEID UIT GOD, geregtigheid, heiligmaking en verlossing =>

Beloftes van Jesus se WYSHEID in ons => opmerksame hart – ‘n wyse en verstandige hart – rykdom – eer – as ons in Sy weë wandel verlengde dae.

 

1Pet.1v3-4 – Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid ons die WEDERGEBOORTE geskenk het tot ‘n LEWENDE HOOP deur die OPSTANDING van Jesus Christus uit die dode – om ‘n ONVERGANKLIKE en ONBESMETTE en ONVERWELKLIKE ERFENIS te verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons.

 

Jesus die gekruisigde, Opgestane Christus, ons genade as gawe – gawe van wysheid.

 

Spr.9v1 – die WYSHEID het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap => sewe maerjare verby die jaar van wysheid het aangebreek =>

 haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek, haar diensmeisies uitgestuur –

nooi almal uit op die hange van die stadshoogtes – laat die eenvoudiges en verstandeloses inkom => eet van my brood en drink van die wyn =>

laat staan die eenvoudigheid dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

 

Spr.3v13 – gelukkig die mens wat wysheid gevind het en die mens wat verstand verkry.

v15 – dit is kosteliker as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie –

v16 in sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer –

v17 – sy weë is is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

 

Spr.8v34 – gelukkig is die mens wat na my LUISTER, om dag vir dag te WAAK aan my deure, by die syposte van my poorte die WAG te hou.

 

Spr.4v7 – die beginsel van wysheid is – VERWERF wysheid en VERWERF INSIG deur al wat jy besit.

 

Wysheid vloei uit genade => Jesus die Opgestane Christus, God se wysheid is in ons, as ons.

 

                                                    **********

 

Joh.12v24 – die koringkorrel wat in die grond sterf sodat dit baie saad kan voortbring.

 

Jesus die Saad, die Koringkorrel, kom na die wêreld,  sterf  aan die kruis, word begrawe – staan op as die Lewendmakende Gees – die Lewendmakende Woord wat na wedergeboorte die nuwe skepsel word in die weergeborene.

 

Hy die Saad van God maak ons die onverganklike, onbesmette en onverwelkende saad van God.

Dit is ons natuur, ons identiteit, ons erfenis wat ons ontvang as kinders van God, die Almagtige wat Hom voorgeneem het om baie kinders in Sy Koninkryk van Lig te hê.

 

Joh.3v16 – sodat almal wat glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe mag ontvang.

Ons die vrug van die koringkorrel wat gesterf het, opgestaan het, sodat almal wat glo, genadewesens kan word na Sy Beeld en Gelykenis.

 

Luk.8v11 –    dit is dan die gelykenis – DIE SAAD IS DIE WOORD VAN GOD.

 

                                                                      

Mat13v38- 40 – die saailand is die wêreld –

die GOEIE SAAD – dit is die kinders van die koninkryk –

die onkruid is die kinders van die bose –

die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel –

die oes is die voleinding van die wêreld –

die maaiers is die engele – net soos die onkruid dan bymekaar gemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld.

 

Net God is goed –

omdat die weergeborenes voortgebring word deur Christus die Opgestane Christus, die Saad van God, die lewendemakende ewige lewe –

 is ons goeie saad deur Christus in ons, die nuwe skepping, die goeie saad van God, as ons.

 

Christus in ons, ons Hoop van Heerlikheid, God se Teenwoordigheid in ons, is ons waarborg dat in tye van slegte omstandighede en situasies, ons nog steeds God se kinders van goeie saad is.

 

Rom.15v14 – Paulus – ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, DAT JULLESELF OOK VOL VAN GOEDHEID IS, VERVULD MET ALLE KENNIS, in staat om ook mekaar te vermaan.

 

Joh.1v14 – en die Woord het vlees geword en onder ons kom woon- en ONS HET SY HEERLIKHEID aanskou – n HEERLIKHEID soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – VOL VAN GENADE EN WAARHEID.

 

IN Christus, God se GOEIE SAAD, is ons goeie Saad van God – vol van SY HEERLIKHEID, WAARHEID en GENADE. => die vrug => ons is Vader se kinders met goeie saad deur Sy Eniggebore Seun, Christus in ons.

Soos Vader welbehae in Hom het, het Hy welbehae in ons IN Christus, Sy Saad met die onverganklike, onveranderde, ewige lewe.

 

Hand.17 sê dat alle nasies, die hele mensdom in die vlees, is uit een bloed geskep.

 

1Kor.12v13 – die weergeborene – ons is almal deur een GEES gedoop tot een liggaam – ons is almal van een Gees deurdronge.

 

Gal.2v20 – ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my – wat ek nou in die vlees leef, leef ek deur die geloof van die Seun van God, wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

 

2Pet.1v4 – Hy het ons die grootste en kosbare beloftes geskenk, sodat julle daardeur kan word deelgenote van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwendheid ontvlug het wat deur die begeerlikheid in die wêreld is.

 

Verlos van Adam se natuur van ongehoorsaamheid waardeur alle mense in sonde ontvang en gebore word (Ps.51v7) –

 

Rom.5v17 – want ten gevolge van die misdaad van die een, die dood geheers het deur die een – veel meer sal hulle wat die OORVLOED VAN DIE GENADE en van die GAWE van die GEREGTIGHEID ontvang, IN DIE LEWE HEERS DEUR DIE EEN JESUS CHRISTUS.

 

                                                                        ****

 

 

 

Fil.4v4 – VERBLY julle ALTYD in die Here, ek herhaal, VERBLY JULLE!

 

Ons het baie redes om bly te wees –

Rom.4v7 – welgeluksalig is hulle wie se ONGEREGTIGHEDE VERGEWE en wie se SONDES BEDEK IS –

v8 – WELGELUKSALIG is die man aan wie die Here die SONDES NIE TOEREKEN nie.

 

WELGELUKSALIG => ONVERDIENDE GELUK VAN EWIGHEID AF!!!

 

GESEëND is hy wie NIE VERANTWOORDELIK is vir sy sondes nie.

 

WEES BLY – want ons is geregverdig en staan IN VREDE voor God, geheilig, sonder vlek en rimpel en in liefde voor Hom.

 

2Kor.5v21 – want hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak,

(wees bly) sodat ons kan word GEREGTIGHEID  van God IN Hom.

 

Rom.8v1 – WEES BLY – daar is dan nou geen VEROORDELING vir die wat IN Christus Jesus

is nie, vir die wat NIE NA DIE VLEES WANDEL NIE, MAAR NA DIE GEES –

v2 – want die wet van die Gees van die lewe IN Christus Jesus het my VRYGEMAAK van die wet van die SONDE en die DOOD.

 

Ons is veroordeel in Sy dood en lewend gemaak in Sy Opstanding.

 

Luk.2 engel aan herders – ek bring julle ‘n GOEIE tyding van GROOT BLYDSKAP wat vir die hele volk is.

 

Spr.15v13 – ‘n vrolike hart maak die aangesig bly   . . . . . . . ..

 

Kol.2v13-14 – WEES BLY – en julle wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom LEWEND gemaak deurdat Hy julle AL die misdade VERGEEF het – en die SKULDBRIEF teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, UITGEDELG en WEGGERUIM het deur dit AAN DIE KRUIS VAS TE NAEL – nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle GETRIOMFEER het.

 

WEES BLY => lewend gemaak –  vergeef  — skuldbrief uitgedelg  –  oor die bose getriomfeer  in oorwinning.

                                                                          

Ps.146v5-6 – welgeluksalig ( onverdiende geluk van ewigheid af) is hy wat die God van Jakob het as hulp, wie se hoop is op die Here sy God – wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is, wat trou bly tot in ewigheid => (die ewigheid het geen begin of einde nie.)

 

                                                                          *****

 

Alles wat God is, is ewig.

 

Ons moet die Woord regsny.

God is tydloos => dws. alles wat Hy gedoen het is tydloos => God en Sy Woord is ewig – het nie ‘n begin of einde nie.

God het vir die mens tyd gemaak – hoekom = > om Sy ewigheidsplan aan die mens te openbaar wat van ewigheid alreeds daar was.

 

God se ewigheid wat nou in Efes.1 – geopenbaar word.

Jesus Christus, die Ewige God, die Bewerker van ons verlossing.

v3 – geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met ALLE GEESTELIKE SEëNINGE IN die hemele IN Christus.

Seëninge uit God se ewigheid wat God die Heilige Gees nou aan God se skeppinge openbaar.

v4 – soos ons (toe reeds) uitverkies VOOR DIE GRONDLEGGING van die wêreld (was toe alreeds) heilig, sonder gebrek voor Hom in liefde.

v5 – sy (ewige) voorbeskikking, om kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van Sy (ewige)wil –    

v6 – tot lof van Sy(ewige) Heerlikheid deur Sy (ewige)genade waarmee Hy ons (toe alreeds) begenadig het in Sy Geliefde –

v7 – IN Hom het ons die (ewige) verlossing deur Sy bloed, die (ewige) vergifnis van die misdade na die (ewige) rykdom van Sy (ewige) genade.

v17 – ons gebed – dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die Heerlikheid , aan ons die GEES VAN WYSHEID EN OPENBARING IN KENNIS VAN HOM MAG GEE.

v9 – Heilige Gees, ons bid vir geestelike kennis => om aan ons die (ewige) VERBORGENHEID van Sy (ewige) wil bekend te maak na Sy (ewige plan en doel) wil wat Hy IN Homself (die ewige) voorgeneem het.

 

Die verborgenheid => ‘n geheimenis wat alreeds plaasgevind, vervul en voltooi is IN Christus in Sy tydlose ewigheid sonder begin of einde – ‘n ewigheid wat God IS!

 

Wat is hierdie geheimenis => Kol.1v26 – die VERBORGENHEID wat van EEUE en GESLAGTE af VERBORGE WAS –

v27 – DIT IS CHRISTUS IN JULLE => die HOOP van HEERLIKHEID => Joh.1v4 – IN Hom WAS LEWE, en die LEWE WAS DIE LIG VAN DIE MENSE v14 – vol van GENADE en WAARHEID.

 

Wat was verborge maar nou deur God bekend gemaak word?

Deur God se ewige voorkennis het Hy geweet Sy skeppinge gaan Hom faal, deur sonde wat Hy haat en gestraf moes word.

 

Sy begeerte en voorneme was kinders vir Sy Koninkryk van Lig.

Om Sy kinders te verlos van sonde het Hy Sy Ewigheidsplan van verlossing in werking gestel.

 

Sondelose bloed was alleenlik aanvaarbaar vir God vir die vereffening van sondeskuld.

 

Sy eniggebore Seun Jesus tree as die Offerlam navore om die skuldbrief van sonde te vereffen deur te sterf.

 

Efes.1v6 – die mens word BEGENADIG IN DIE GELIEFDE SEUN van God.

 

v4 – as gevolg van die mens se sondige natuur, om voortdurend te sondig, word elkeen uitverkies IN Christus => met Christus se goddelike natuur van liefde – kan Vader geheiligde, volmaakte  kinders in Sy huis hê.

 

v3 – Kinders geseën met alle geestelike seëninge in die ewige hemele IN Christus.

 

Ons het alles = > v23 – die (ewige) goddelike volheid wat ALLES IN ALMAL VERVUL.

 

God se ewige plan alreeds in Sy verlede ewigheid, voor die grondlegging van die wêreld, vervul , voltooi en afgehandel.

 

Ons toekoms is God se ewigheid –

dit wat ek nou dink of doen, is verlede ewigheid vir God –

dit wat ek móre gaan ervaar- my omstandighede en situasies het alreeds in God se ewigheid plaasgevind onder Sy beheer.

Efes.1v7 – IN Hom HET (ons alreeds in Sy ewigheid sonder tyd, die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die RYKDOM VAN SY GENADE => v9 deur die verborgenheid van Sy wil bekend gemaak HET na Sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het.

 

Wanneer was – Sy wil – na Sy welbehae – wat Hy IN Homself voorgeneem het =>

v4 – alreeds uitverkies IN Christus voor die grondlegging van die wêreld, om heilig, sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

 

                                                                *****

 

                                               Wat is die verlossing?

 

Kol.1v12 – ons dank die Vader wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die (ewige) erfenis van die heiliges in die lig –

v13 – wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die (ewige) Koninkryk van die Seun van Sy liefde –

v14 – in wie ons die (ewige) verlossing het deur Sy (ewige heilige) bloed, naamlik die (ewige) vergifnis van die sondes –

v15 – Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping –

v16 – want IN Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, die sienlike en onsienlike trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en vir Hom geskape –

v17 – Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

 

Ons verlede en toekoms is God se verlede –

ALREEDS VERGEWE EN VRYGESPREEK!

More se omstandighede en situasies het God alreeds in Sy ewigheid mee gedeel.

 

Die ewige God, tydloos, sonder begin of einde.

 

 Hand.8v32 – soos ‘n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ‘n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.

 

1Pet.1v19-20 – maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat VOORUIT GEKEN is VOOR DIE GRONDLEGGING van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil.

 

Heb.4v3 – want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het – daarom het Ek in My toorn gesweer, hulle sal in My rus nie ingaan nie – ALHOEWEL SY WERKE VAN VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WêRELD AF VOLBRING IS.

 

Heb.9v26 – want dan moes Hy gely het van die GRONDLEGGING van die wêreld af – maar nou het Hy EEN MAAL in die VOLEINDING van die eeue verskyn om die sonde deur Sy offer weg te doen.

 

Open.16 – die dier wat jy gesien het, WAS en IS nie en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar – en die bewoners van die aarde WIE SE NAME van die GRONDLEGGING van die wêreld af in die BOEK VAN DIE LEWE GESKRYF is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat WAS en nie IS nie, alhoewel HY IS.

 

                                                                  *****

 

Ps.89 – die goedertierenhede van die Here wil ek vir ewig besing –

ek wil U trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag –

goedertienheid sal vir ewig gebou word – in die hemele – daar bevestig U U trou –

want wie kan in die hemel met U vergelyk word?

wie is soos U onder die hemelinge –

‘n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

o Here, God van die leërskare, wie is soos U – grootmagtig is U, o Here, en U trou is rondom U.

 

                                                                     *****

                                       

                                     Vergifnis en genesing staan teenoor mekaar!

 

Mat.9 die verlamde man van Kapërnaün.

Jesus aan verlamde man op bed – seun, hou goeie moed jou sondes is vergewe – neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

 

Deur Christus se opstanding, manifesteer genesing deur Sy bloed, vir vergifnis van sondes, wat alreeds in God se ewigheid plaas gevind het.

1Pet.1v19-20 – vergifnis vir die hele mensdom => deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld.

 

Man se genesing manifesteer NA grondlegging van wêreld, deur die vergifnis van alle sondes deur die bloed van Christus, wat gevloei het VOOR grondlegging van wêreld in God se ewigheid.

 

Jesus se kruisdood 2000 jaar gelede op aarde, (die skepping van Gen.1) – is die manifestasie van Sy bloed, wat alreeds gevloei en betaal is in God se ewigheid, vir ALLE sondes en ongeregtighede, vanaf Adam tot die voleinding van hierdie wêreld. 

 

Alles uit God se liefde en genade vir Sy skeppinge.

Alle beloftes uit die rykdom van Sy genade behoort aan almal wat glo, dit aanneem en gewederbaar word tot ‘n nuwe skepping IN Christus.

 

Hand.13v39 – elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van ALLES waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

 

Rom.3v23 – almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van God –

v24 – hulle word deur Sy genade verniet geregverdig deur die verlossing wat IN Christus Jesus is – v28 – ons neem dis aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

Rom.4v5 – die wat glo IN Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken –

v7 – Dawid – welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is –

v8 – welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.

 

2Kor.5v17 – as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

v18 – en dit ALLES IS UIT GOD wat ons met HOMSELF VERSOEN het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het –

v19 – naamlik dat God IN Christus die WêRELD met HOMSELF versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken en die WOORD van die versoening aan ons toe te vertrou –

0v20 – ons tree dan op as GESANTE om Christus ontwil, ASOF GOD DEUR ONS VERMAAN – ons bid om Christus wil – laat julle met God versoen –

v21 – want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God IN Hom.

 

Rom.6v6 – aangesien ons weet dat ons OUEMENS saam GEKRUISIG is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

v3 – almal wat IN Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is.

v8 – God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was

v9-10 – geregverdig deur Sy bloed – gered van God se toorn vir sonde – versoen deur Sy dood – versoen en gered deur Sy lewe wat Hy vir ons afgelê het.

 

Gebed – ons dankbaarheid aan U, die Almagtige, Alleenheerser, die Alwyse, die Ewige God, Vader, Seun en Heilige Gees,   dankie   dankie   dankie  vir U liefde, genade en barmhartigheid uit U groot goedertirenheid, vir ons verlossing en al die Geestelike seëninge wat alreeds aan ons behoort IN Christus.

Toe U opgevaar het Here Jesus, het ons ook saam met U opgevaar, om alreeds as geestelike hemelse wesens IN U ons Redder en Verlosser te wees,   dankie Vader, Here Jesus Christus en Heilige Gees,ons sit alreeds \in hemele plekke as oorwinnaars in U.

 

                                                                               *****

 

Ps.16v2 – ek het tot die Here gesê – U is my Here – vir my is daar geen goed bo U nie –

v5 – U is die deel van my erfenis en van my beker – U onderhou my lot –

v6 – die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi –

v7 – ek sal U loof wat my raad gegee het, selfs in die nag vermaan my niere my –

v8 – ek stel U altyddeur voor my – omdat U aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie –

v9 – daarom is my hart bly en my eer juig – ook sal my vlees in veiligheid woon –

v10 – want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie – U sal nie toelaat dat U gunsgenoot verderwing sien nie –

v11 – U sal my die pad van die lewe bekend maak – versadiging van vreugde is voor U aangesig, lieflikhede in U regterhand vir EWIG.

 

                                                                                  *****

 

Jes.40v31 – die wat op die Here wag, kry nuwe krag – hulle vaar op met vleuels soos die arende – hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

 

                                                                                   *****

1Kor.6v17-19 – maar wie die Here aanhang, is EEN GEES met hom – of weet julle nie dat julle

 liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie – want julle is duur gekoop – verheelik God dan  in julle liggaam en in julle  gees wat aan God behoort.

 

                                                                         *****

 

                                                                    VREES!                                                                                    

2Tim.1v7 – want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

 

Dit waarop ek fokus bepaal geloof IN God se beloftes of satan se leuens van vrees.

 

Dawid in 1Sam.17 teenoor Góliat die Filistyn.

Israel hoor wat Góliat sê – v10 – ek daag vandag die slagordes van Israel uit – gee my ‘n man , dat ons saam kan veg – toe Israel hierdie woorde van die Filistyn HOOR, WAS HULLE VERSKRIK EN BAIE BEVREES => hulle het GEHOOR.

 

 

Dawid het ook gehoor!

v26 – Dawid – wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem – want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die LEWENDE GOD durf uitdaag.

v37 – Dawid – die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn – toe sê Saul vir Dawid – gaan, en mag die Here met jou wees.

v40 – net met sy slingersak en vyf klippies nader hy die Filistyn –

v45- 46- maar Dawid sê vir die Filistyn – jy kom na my met swaard en ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het – vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het – dan sal hierdie menigte moet erken dat die Here nie deur swaard en deur ‘n spies verlos nie – want die stryd behoort aan die Here, en Hy sal julle in ons hand gee –

v49 – Dawid steek sy hand in sy tas en neem ‘n klip en sit dit in sy slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.

v51 – Dawid het gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, sy hoof afgekap – soos die Filistyne gevlug het, het Israel gejuig en hulle agtervolg en hulle verslaan – hul lyke het gelê op die pad tot by Gat en Ekron.

 

Dawid het geweet dat sy Herder hom liefhet en hom nie in die steek sal laat nie.

 

1Joh.4v18 – daar is geen vrees in die liefde nie – maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

v19 – ons het Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het.

 

v8 – hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

v9 – hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God Sy Eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons DEUR HOM KAN LEWE.

v4 – julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

 

God se ewige liefde maak my vry van vrees –

laat ons met vrymoedigheid Sy liefde en vertroue in geloof aanvaar.

 

                                                            *****

 

MY VERHOUDING MET GOD, MYSELF, EN MY VERHOUDING MET ANDERE, BEPAAL MY GESONDHEID EN MY WELVAART!!!!!

 

*****

 

SEKERHEID IS OM KENNIS VAN DIE WOORD TE Hê!

 

Fil.3v1 – sê Paulus – verder my broeders, VERBLY julle in die Here – dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, DIT GEE JULLE SEKERHEID!

 

As ek aanmekaar HOOR en HERINNER word WAT EK REEDS WEET  => GEE DIT VIR MY SEKERHEID!

Hoe meer ons HOOR EN WEET => HOE STERKER GROEI ONS SEKERHEID.

 

2Pet.1v12-13 – sê Petrus – daarom sal ek nie nalaat om julle hieraan te HERINNER nie, alhoewel julle dit WEET en VASSTAAN IN DIE WAARHEID wat by julle is – en ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur HERINNERING op te wek.

 

Paulus en Petrus se HERINNERIN DAARAAN GEE SEKERHEID EN BRING  OPWEKKING.

 

Dit is wysheid om dieselfde dinge oor en oor te hoor.

Dit is die volle WAARHEID wat oor en oor gehoor word.

IN CHRISTUS IS EK VOLMAAK.

Al faal ek hoeveel keer => DIE WAARHEID IS => IN CHRISTUS IS EK VOLMAAK EN VOLKOME .

Ek groei nie in volmaaktheid in Christus nie – EK GROEI IN DIE KENNIS VAN MY VOLMAAKTHEID.

 

Daarom moet ek aanmekaar daaraan  HERINNER  WORD “VAN MY LEWE IN CHRISTUS” SODAT MY DENKE VERNUWE KAN WORD – SODAT EK KAN GROEI IN DIE KENNIS VAN WIE EK  IN CHRISTUS IS – OM TE LEER EN TE WEET NIE UIT MYSELF MAAR UIT WAT CHRISTUS KOM DOEN HET => HET EK GEWORD =>  WYSHEID, GEREGTIGHEID, VERLOSSING  EN HEILIGMAKING IN CHRISTUS – 1Kor.1v30.

 

Daarom VERBLY ek my  in die Here in wie se volmaaktheid ek volkome is.

 

Wat ons nodig het is ‘n STERK SEKERHEID.

 

Toe ons in ons Gees weergebore is deur die Heilige Gees, was dit ‘n geestelike, volmaakte geboorte.

 

Jesus het na hierdie wêreld gekom om vir ons ‘n HOêR LEWE te gee – God se ewige lewe – ‘n lewe wat nie geskep is nie, maar geskape is – ‘n lewe wat nie ‘n begin of einde het nie –die eer en voorreg om die lewe van God te ontvang – ‘n volmaakte lewe waar jy dink soos God , praat soos God – om te lewe soos Hy.

 

Wat is die ewige lewe?

‘n   Ongeskape lewe van God self – God se lewe is bo veroordeling –God kan net in verhouding met die mens wees as jy op dieselfde goddelike vlak en posisie as Hy is – God het ons so lief daarom wil Hy ons terug bring na Sy Goddelike Beeld en Gelykenis.

 

Rom.8v33 – wie kan beskuldiging inbring teenoor die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak in Christus.

 As God na ons kyk sien Hy homself – want ons deel dieselfde lewe.

 

                                                                    *****

 

 Efes.1 se groot WAARHEID – God het ons voor die grondlegging van die wêreld uitverkies, om voor Hom te wees => GEHEILIG, SONDER GEBREK, IN LIEFDE IN CHRISTUS.

Ek staan GEHEILIG voor Vader IN LIEFDE .

 

Ek weet dit – MAAR HET EK DIE VOLLE KENNIS VAN MY STAND VOOR VADER, DAT EK GEHEILIG, SONDER GEBREK, en IN LIEFDE IN CHRISTUS IS.

 

Ek moet die ware werklikheid, die WAARHEID daarvan aanvaar, om dit te ervaar wat God vir my IN Christus sê, die waarheid is.

Joh.8v32 – julle sal die WAARHEID KEN, en die waarheid sal julle VRYMAAK.

 

HERINNERING => ek staan vlekloos voor Vader , IN Christus, nie deur my

goeie werke of iets wat ek gedoen het nie.

God skenk my SY EWIGE LEWE IN CHRISTUS op grond van wat Christus aan die kruis vir my VOLBRING het.

Sy lewe sonder blaam, sonder enige skuld => my skuldbrief is saam met Jesus aan die kruis gespyker.

 

                                                                    *****

 

Wees OPGEWEK, BLYMOEDIG en laat ons ons VERBLY in die Here,  want ons staan geheilig, sonder enige vlek, met ‘n volmaakte, volkome, ewige lewe van liefde voor Hom IN Christus => ‘n GENADE GAWE uit Sy Vaderhart.

Rom.15v14 – my broeders ek is oortuig aangaande julle, dat julle self ook VOL van GOEDHEID is, VERVULD MET ALLE KENNIS, in staat om ook mekaar te vermaan.

 

Is ek oortuig van hierdie WAARHEID => EK IS VOL VAN GOD SE GOEDHEID – Paulus en Petrus sê DIT GEE ONS SEKERTHEID => daarom is dit nodig om HERINNER TE WORD AAN HIERDIE WAARHEID => dit WEK MY OP IN MY GELOOF.

 

EK is vol van God se GOEDHEID => HY het Sy WOONPLEK IN MY kom maak => Christus IN My MY HOOP OP HEERLIKHEID => ek is nou die GOEIE woonplek van Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees  => ek is GEVUL met die VOLHEID VAN DIE GODHEID.

 

 My geloof word effektief wanneer ek kennis dra of bewus word van die GOEDHEID VAN CHRISTUS IN my.

 

Ek moet deur KENNIS van die WAARHEID van God se Woord aanvaar en wandel,  en nie deur my ervarings nie – ek voel vandag so en móre so.

Wandel in die geloof en nie deur ervaring van die oomblik nie.

 

1Kor.3v16 – WEET julle nie dat julle ‘n TEMPEL van God is nie en die Gees van God in julle woon nie?

 

Elkeen is ‘n TEMPEL van God – en as LIGGAAM van God is ons tesame ook die tempel van God.

 

Ek hoef nie hemel toe te gaan om bewus te wees can God se Teenwoordigheid nie – as Tempel van God is God se Volle Doddelike Teenwoordigheid IN MY.

 

In ou Testament in Israel se tyd, was die Allerheiligste plek afgesonder, en net die priester kon ingaan om die offerbloed van diere op die ark te sprinkel, vir die vergifnis van die mense se sondes – elke jaar moes dit herhaal word.

 

Nou sê Paulus in Rom.10v 6 – wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring – of wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?

v8 – naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart – dit is die Woord van GELOOF wat ons verkondig.

 

Die Woord van GELOOF, Christus IN jou, WOON IN JOU !

Ek die WOONPLEK, die TEMPEL van die GODDELIKE VOLHEID.

 

Ek het nou die Allerheiligste geword waarin God se Teenwoordigheid woon.  

 

Gal.2v20 – ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my – en wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof van die Seun van God, wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

 

‘n Waarheid => die dood wat Jesus Christus gesterf het was NIE Sy dood nie, maar my dood wat Hy gesterf het – Hy aan die kruis word ‘n VLOEK, my VLOEK het Hy op HOM geneem – my duisternis van sonde, my skandes, my smarte was op en IN Hom – Hy sterf die dood van elke mens.

2Kor.5v15 – omdat ons oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan ALMAL GESTERF het – en Hy HET vir ALMAL gesterwe, SODAT die wat LEWE, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir julle GESTERF het en OPGEWEK IS.

 

Sy sterwe was my sterwe – Sy opstanding was my opstanding – sy hemelvaart was my hemelvaart – ek sit aan die regterand hand van Vader IN CHRISTUS.

 

Dit moet nie nog gebeur nie – dit het klaar plaasgevind.

Ek het aan die kruis In Jesus tot my einde gekom => die oumens van sonde het klaar saam met Hom gesterwe – is begrawe – en met wedergeboorte OPGEWEK in Sy Opstanding.

 

Die vervloekte ek het geterwe – ek het na wedergeboorte ‘n nuwe lewe – die OPSTANDINGSLEWE IN MY.

 

Ek moet dit AANVAAR hierdie nuwe lewe in my – ek het aan die einde van my ou lewe gekom – CHRISTUS IN MY, MY HOOP VAN HEERLIKHEID.

 

GEEN VEROORDELING MEER NIE!

Rom.8v1 – daar is dan nou GEEN VEROORDELING vir die wat IN Christus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die GEES.

 

                                                                   *****

 

2 Kor.5v16 –ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie, en al het ons Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tog nie meer so nie.

 

Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie – Christus het vir almal gesterf.

 

Wanneer is “van nou af nie meer” => na wedergeboorte is ek die geregtigheid van God, onskuldig, blaamloos sonder enige aanklag teen my in God se Teenwoordigheid.

 

Dit is ‘n WAARHEID van die mens => Christus het vir my gesterf en ek leef nie meer nie – ek wandel nie meer na die vlees nie maar na die gees IN Christus.

 

Die Heilige Gees leer ons om nie mekaar te veroordeel nie want dan is ons in die vlees. Leer om na mekaar in die gees te kyk – ons almal is nie op dieselfde geestelike vlak nie, daarom  leer die WOORD Jesus die Opgestane Christus ons,  om verdraagsaam, lankmoedig en met selfbeheersing teenoor mekaar te wees – om nie na die vleeslike faal te kyk in andere nie, maar die WAARHEID TE KEN dat  Christus vir ALMAL gesterf het.

 

DIE WOORD CHRISTUS GAAN ALLEEN OORDEEL => Rom.10v11 sê – ELKEEN wat IN HOM GLO, sal nie beskaam word nie – want daar is geen onderskeid tussem Jood en Griek nie – dieselfde Here tog is Here van ALMAL en is RYK OOR ALMAL WAT HOM AANROEP – want ELKEEN wat die NAAM van die HERE AANROEP , SAL GERED WORD.

 

“N WAARHEID OM AAN HERINNER TE WORD!

 

1Joh.4v17 – want soos Hy IS, IS ons in hierdie wêreld – die oumens het IN Christus gesterf – ons het nou die lewe van die Opgestane Christus IN ons as ons lewe –

2Kor.5v17 – as iemand IN Christus is, is hy ‘n NUWE SKEPSEL, die ou dinge het verby gegaan, kyk, alles het nuut geword.

Ek kan nou vrymoedig sê – ek is GESEëND – en nou kan ek weet en sê met Sy ewige Geeslewe in my is ek VERSEKER – soos Hy in hierdie wêreld is, is ek in hierdie wêreld – ek is NOU TRIOMFEREND, GESEëND en VERHEERLIK, ek het die KENNIS ek sit NOU in hemelse plekke IN Christus aan die regterhand van God – Christus se lewe in my is ‘n gawe van God – onverdiend ontvang – ek moet dit AANVAAR om dit te ERVAAR.

 

So GELIEFD soos Jesus is , is ek NOU in hierdie wêreld – Joh.17v23 – dat die wêreld kan WEET dat U My gstuur het, en hulle liefgehad het NET SOOS U MY LIEFGEHAD Het – net soos God Jesus liefhet van ewigheid af het Hy ons ook lief van ewigheid af – dis in hierdie liefde, as ons dit WEET en KEN, waarin ons hele bestaan ‘n WERKLIKHEID word – –waarin ons OORWINNING lê – jou oorwinning, jou vrede, jou vreugde lê in hierdie waarheid – dat God my liefhet soos Hy Christus Jesus liefhet.

In v8 – want die Woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee, en hulle het dit ONTVANG en waarlik ERKEN dat Ek uit van U uitgegaan het, en hulle het GEGLO dat U My gestuur het.

 

Deur die prediking van die Evangelie word ek HEEL GEMAAK – die heel maak lê in die GOEIE wat God omtrent my sê – om GESEêND te wees beteken God praat GOED van my. Deur die goed praat van God wat ek hoor is daar HEELMAKING – dit gee my rus en vrede in my innerlike – dit wat HY gesê het oor my is EWIG – al hierdie geestelike seëninge behoort aan my IN Christus.

 

Ons is WAARDEVOL , KOSBAAR vir ons Vader – Hy is ‘n SOEKENDE Vader wat altyd IN Christus soekend na ons is.

Ons Vader is liefde – nie aangeleer nie –  dis Sy natuur – Hy het Jesus gestuur omdat Hy liefde is en nie wil hê dat een verlore sal gaan nie – Hy wil hê ons moet Sy liefde, Sy krag, Sy Grootheid ervaar – kom maak jouself oop en ervaar Sy liefde, Sy goedheid, Sy sorg wat Hy aan jou openbaar.

 

 

 

 

 EK MOET GEDURIG HERINNER WORD AAN DIE WAARHEID  => WIE EK IN CHRISTUS IS!     

 

SEKERHEID VAN GELOOF IS OM KENNIS VAN DIE WOORD TE Hê!

DIT GEE MY GELOOFSVERSEKERING IN ALLE OMSTANDIGHEDE EN SITUASIES!

 

                                                                     *****

Exod.3v14 – “EK IS WAT EK IS!”

EK IS HIER VIR JOU –  EK IS DIE ANTWOORD OP JOU GEBEDE  –  EK IS DIE UITKOMS EN UITWEG   –  EK IS JOU HEENKOME  – EK IS JOU STEUNPILAAR  – EK IS JOU VERLOSSER  –  EK IS JOU REDDER  –  EK IS JOU BESKERMING  – EK IS JOU VADER

                                                                      JY IS

                                                                    MYNE!

 

 

                                         PAULUS EN PETRUS SE GEDURIGE HERINNERING!

 

  • Ek is volkome volmaak IN Christus.
  • My stand voor God is => wees opgewek en blymoedig, wees bly in die Here => ek staan as GEHEILIG, SONDER GEBREK, SONDER VLEK OF RIMPEL, AS GELIEFDE IN CHRISTUS.
  • Ek het Christus se WYSHEID, GEREGTIGHEID, HEILIGMAKING en VERLOSSING.
  • Christus, die KRAG en WYSHEID van God IN my.
  • Ek is VOL VAN GOD SE GOEDHEID.
  • Ek is die TEMPEL van God.
  • Ek is die ALLERHEILIGSTE WAARIN GOD SE TEENWOORDIGHEID EN HEERLIKHEID WOON.
  • Ek is die woonplek van die VOLLE GODDELIKHEID.
  • Die WOORD VAN GELOOF => DIE OPGESTANE CHRISTUS, WOON IN MY AS MY GELOOF.
  • Ek leef nie meer nie – wat ek nou in die vlees leef is deur die GELOOF VAN       Christus IN my, as ek –
  • die dood wat hy gesterf het was nie net vir een nie maar vir ALMAL –
  • Hy het gesterf vir elke veroordeelde, verlore, vervloekte, verduisterde sondaar, vyande van God – vir elkeen se smarte, skandes, ongeregtighede, in wie daar geen goed was nie.
  • Sy dood, MY dood, Sy sterwe, MY sterwe aan die oumens van sonde – MY veroordeeling, straf, wraak, woede van God, God se toorn , die loon van sonde was op Hom.
  • Ek die vervloekte het vryspraak ontvang na wedergeboorte – na wedergeboorte het ek ontvang Sy heilige, volmaakte, ewige, Opstandingslewe van liefde.
  • Daar is dan nou geen veroordeling vir my IN Christus nie.
  • Ek is nou LEWEND vir God IN Christus.
  • Rom.5v16 – na wedergeboorte kyk ons na mekaar in die gees – ons KEN mekaar nie meer in die vlees nie – 2Kor.5v16 – ons KEN dus van “NOU AF” niemand na die vlees nie – al het ons Christus na die vlees geken (op aarde as Seun van die mens) ken ons Hom tog nie meer so nie – ons ken hom as OPGESTANE CHRISTUS IN DIE GEES – Sy Geeslewe in my maak my ‘n nuwe geestelike skepping.
  • dis ‘n WAARHEID => ek is geregtigheid van God – blaamloos sonder enige aanklag. onskuldig,
  • ons kyk na ‘n verheerlikte, triomferende geesmens IN Christus – om mekaar te behandel net soos Christus ons behandel – in die gees die absolute werklikheid.
  • 1Joh.4v17 – soos Christus in hierdie wêreld is, is ek in hierdie wêreld – ek moet dit aanvaar – ek sit IN hemelse plekke In Christus aan die regterhand van God – triomferend geseënd en verheerlik.
  • Joh.17v8 – hierdie Woorde wat God aan Jesus gegee het – het ek dit ONTVANG, ERKEN EK DIT, en GLO ek dit dat God vir Jesus gestuur het soos in Joh.3v16 –      
  • Wat is die Woorde – Joh.17v3 – DIT IS DIE EWIGE LEWE, DAT HULLE U KEN, DIE ENIGE WAARAGTIGE GOD, EN JESUS CHRISTUS WAT U GESTUUR HET!

 

 

 

                                                                              *****

 

Ps.62 –ja my SIEL IS STIL tot God – van Hom IS  my HEIL – Hy ALLEEN IS  my ROTS en my HEIL – my ROTSVESTING – ek sal nie grootliks WANKEL  nie – wees net maar STIL tot God, my SIEL, want van Hom IS my VERWAGTING – SEKERLIK – hy IS  my ROTS en my HEIL en my EER – die ROTS van my STERKTE, my TOEVLUG is IN God!

 

                                                

 

WAARHEID EN GENADE!

 

Fil.4v4 –  verbly julle altyd in die Here, ek herhaal, VERBLY julle.

 

Ons het baie redes om bly te wees.

 

Rom.4v7   –  welgeluksalig (om altyd bly te wees) is hulle wie se ONGEREGTIGHEDE VERGEWE is, en wie se SONDES BEDEK is –

v8 – WELGELUKSALIG is die man die Here die sondes nie TOEREKEN nie.

 

GESEëND is hy (oor wie God Sy goeie WOORDE uitspreek) wie nie VERANTWOORDELIK is vir sy sondes nie.

 

WELGELUKSALIG =>  onverdiende guns sonder werke!

 

GENADE IS ‘N GAWE VAN GOD!

 

WEES BLY => want ons is GEREGVERDIG en staan IN VREDE voor God – GEHEILIG – SONDER VLEK OF RIMPEL en in LIEFDE voor Hom.

 

2Kor.5v21 –  want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word GEREGTIGHEID van God IN Hom.

 

Rom.8v1 –  WEES BLY => daar is dan NOU GEEN VEROORDELING vir die wat IN Christus is nie, vir die wat NIE na die VLEES WANDEL nie, maar IN die GEES –

v2 – want die wet van die Gees van die LEWE IN Christus Jesus het my VRYGEMAAK van die WET van die SONDE en die DOOD.

 

Ons is VEROORDEEL in Sy DOOD en LEWEND GEMAAK IN SY OPSTANDING.

 

Rom.5v8-10 –God bewys Sy LIEFDE tot ons daarin dat Christus vir ons GESTERF het toe ons nog sondaars was –

  • Geregverdig IN SY BLOED –
  • met God VERSOEN IN SY DOOD –
  • ons sondaarlewe vir SY OPSTANDINGSLEWE VIR EWIG.

MY JOERNAAL!

 

Rom.1v16 – EK SKAAM MY NIE OOR DIE Evangelie nie –

want dit is ‘n KRAG van God –

tot REDDING vir ELKEEN wat GLO.

 

Kor.1v18 – die WOORD van die KRUIS is wel DWAASHEID vir die wat VERLORE GAAN,

maar vir ons wat GERED word –

is dit die KRAG van God.

 

v24 – maar vir die wat GEROEP is-

die KRAG en WYSHEID van God.

 

Spr.7v4 – sê aan die WYSHEID – jy is my suster –

en noem die verstand jou vertroueling.

 

Dankie Vader U is my vertroueling wat al my behoeftes in U hart dra – U maak my voete lig soos die môrester en lei my op U pad van geregtigheid.

Ek is verborge in die skuilplek van die Rots Jesus, die Opgestane Christus, my Redder en bruidegom wat my gaan kom haal op ‘n tyd deur U bepaal. U engele sal my dra waar my kragte en vermoëns faal. Ek sal uitstyg soos die daeraad wat vroeg in die oggend sy kleure oor U skepping uitstraal en die nuwe dag aankondig.

‘n Nuwe dag breek vir my aan – ek is op die plek wat Ek vir jou bepaal het, om daar, hierdie Evangelie waarvoor jy jou nie skaam nie, uit te leef. In stilwees en luister sal jy vrede in hierdie huis wees.

DANKIE VADER!

 

Deut.30v14 – maar baie naby is die Woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen –

v15 – kyk, Ek het jou vandag voorgehou die lewe en geluk, en die dood en die ongeluk –

v16 – wat Ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, in Sy weë te wandel en Sy gebooie te hou –

v19 – Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuienis teen julle – die lewe en die dood , die seën en die vloek het Ek jou voor gehou – kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag – deur DIE HERE JOU GOD LIEF TE Hê, NA SY STEM TE LUISTER EN HOM AAN TE HANG => WANT DIT IS JOU LEWE EN DIE LENGTE VAN JOU DAE . . . . . . .

 

Vader deur my geloof in wie Jesus is en wat hy aan die kruis vir my volbring het, is ek vergewe vir my verlede, hede en toekomstige sondes en deur Sy dood het daar versoening tussen U en my gekom, Sy lewe afgelê vir my sondaarslewe –

deur te glo dat dit die waarheid is is ek weergebore deur God die Heilige Gees van bo af met U Saad Christus, die krag van die lewende Woord, tot verlossing en redding .

Van U het ek genade as gawe ontvang.

Ek is jammer Vader dat ek U genade misbruik deur U te verwaarloos.

Kan ek vanaand sê       –    ek het U waarlik lief?  –  luister ek na U stem as ek die Woord lees?   vernuwe ek my denke  met  Francois en Robert Morris se  lering gee oor wie U is?   – hang ek U werklik aan?

 

Vader, ek is so lief vir U deur en in Jesus die Opgestane Christus.

Dankie dat ek weet U is lief vir my.

 

My kind jy is nou ontsteld – maar moenie jou oë of gedagtes op hulle en die aardse dinge rig nie – Ek is jou vertroueling – Ek ken elkeen van julle – moeder en kinders –

Wat is die belangrikste?

Vader ek wil hoor wat U vir my daarvan wil sê –

Ek het jou gelei tot hier – sal Ek dit nie verder doen nie?

Omtrent jou tuin – die plante is daar nie meer nie – maar My Woord is die grootste en lieflikste tuin – My Woord bestaan uit plante en blomme – My Gees openbaar elke plant se blom aan jou.

Jy is My Geeskind en die Gees wys jou hoe lyk geestelike plante – leer jou hoe om hulle te verstaan, te versorg, sodat jy die blomme kan pluk om uit te deel – jou kamer vol te pak soos jy hulle uitspreek

 

Ek het ‘n welbehae in jou My kind.

Met Jesus se geregtigheid is jy rein, heilig en gesog voor My.

Jy is beklee met Jesus se wit klere van geregtigheid.

Jou naam staan in My Boek van die Lewe geskryf.

 

Deut.10v20 – die Here jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by Sy Naan sweer –

Hy is jou lof en Hy is jou God –

11v13 – as julle dan goed luister na My gebooie wat Ek julle vandag beveel om die Here jou God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel – dan sal Ek reên gee vir julle land op die regte tyd.

Jer.9v23-24 – laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie –

maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat HY VERSTAAN EN MY KEN, DAT EK DIE HERE IS WAT GOEDERTIERENHEID, REG EN GEREGTIGHEID OP DIE AARDE DOEN – WANT IN DIE DINGE HET EK ‘N WELBEHAE, SPREEK DIE HERE.

 

Ps.40v6 – groot dinge het U gedoen, Here my God – U wonders en gedagtes vir ons – niemand kan met U vergelyk word nie – wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.

 

Joh.1v4 – in Hom was lewe, en die lewe was die Lig van die mense.

 

Joh.6v48 – voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle wie in My glo het die ewige lewe – Ek is die Brood van die lewe.

 

Joh.10v11 – Ek is die goeie Herder – die goeie Herder lê Sy lewe af vir die skape.

 

Mat.12v50 – want elkeen wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is, die is My broer en suster en moeder.

 

Rom.8v2 – want die wet van die Gees van die lewe IN Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van sonde en die dood.

 

1Joh.5v11-12 – en dit is die getuienis – dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is in die Seun – hy wat die Seun het, het die lewe, wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

 

Mat.12v50 – want elkeen wat die wil van doen van My Vader wat in die hemele is, dit is My broer en suster en moeder.

 

Luk.12v22 – daarom sê vir julle – moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.

 

Spr.12v28 – op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van die pad is onsterflikheid.

 

Kol.3v4 – wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.

 

Ps.45v1-3 – ‘n lied van liefde – my hart word bewoë deur goeie woorde, ek dra my gedigte voor aangaande ‘n koning – my tong is die pen van ‘n vaardige skrywer.

 

1Joh.3v3 – en elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

 

Open.3v15-16 –Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm – was jy tog maar koud of warm – maar nou omdat jy lou is en nie koud of warm, sal Ek jou uit My mond spuug.

 

Rom.12v15 – wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.

                            

Heb.13v3 – dink aan die gevangenes asof julle mede-gevangenes is, aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ‘n liggaam het.

 

Kol.3v12-14 – beklee jull dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid – verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het, soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen – en beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van volmaaktheid is.

                                

1Kor.13v4 – die liefde is lankmoedig en vriendelik – die liefde is nie jaloers nie – die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie.

 

Jer.31v3 – die Here het aan my verskyn uit die verte – ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde – daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.

 

Jak.3v18 – en die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

 

Gal.5v22-23 – die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

 

Ps.37v11 – die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.

 

Ps.98v8 – laat riviere hande klap, die berge tesame jubel.

 

Ps.114v7-8 – beef aarde, voor die aangesig van die Here, voor die aangesig van die God van Jacob.

 

Sag.14v8-9 – en in die dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See – somer en winter sal dit wees – en die Here sal Koning wees oor die hele aarde – in die dag sal die Here Een wees, en Sy Naam Een.

 

Spr.15v25-26 – die Here ruk die huis van die trotsaards om, maar die grense van die weduwee stel Hy vas – die planne van die slegte is vir die Here ‘n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.

 

Spr.16v24 – vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek – soet vir die siel en genesing vir die gebeente.

 

Spr.17v22 – ‘n vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

 

Ps.62v12-13 – een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het – dat die sterkte aan God behoort – en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid, want U vergeld elkeen na sy werk.

 

Joh.15v13 – groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

 

Luk.14v13-14 – wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie – want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

 

1Kor.16v14 – laat alles by julle in liefde geskied.

 

Ps.51v10 – laat my vreugde en blydskap hoor – laat die gebeente juig wat U verbrysel het.

 

Jes.43v1 – wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos – Ek het jou by jou naam geroep – jy is Myne.

 

Ps.95v3-7 – want die Here is ‘n grote God, ja, ‘n groot Koning bo al die gode – in wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is Syne – aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat Sy hande geformeer het – kom, laat ons aanbid en neerbuk – laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.

 

Ps139v13 – want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot gevorm.

 

Ps.145v2 – elke dag wil ek U loof en U Naam prys vir ewig en altyd.

 

Mat.6v28 – en wat kwel jul julle oor klere – let op die lelies van die veld, hoe hulle groei – hulle arbei nie en hulle spin nie – en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.

 

Jes.40v8 – die gras verdor, die blom verwelk maar die Woord van onse God hou stand in ewigheid.

 

1Pet.3v3-4 – julle versiering moet nie uiterlik wees nie, haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.

 

Mat6v24 – niemand kan twee here dien nie – want of hy sal die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag – julle kan nie God en Mammon dien nie.

 

Luk.16v11-12 – as julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die                                     ware goed toevertrou – en as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee.

 

Mat.6v20 – maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie – want waar jou skat is, daar sal julle hart ook wees.

 

2 Kor.3v18 – en terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die Heerlikheid

van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

 

Ps.19v9-11 – die bevele van die Here is reg – hulle verbly die hart – die gebod van die Here is suiwer – dit verlig die oë – die vrees van die Here is rein – dit bestaan tot in ewigheid – die verordeninge van die Here is waarheid – tesame is hul regverdig – hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud – soeter as heuning, as heuningstroop.

Ps.89v15-17 – geregtigheid en reg is die grondslag van U troon – goedertierenheid en trou gaan voor U aangesig uit – welgeluksalig is die volk wat die geklank ken – o Here, hulle wandel in die lig van U aangesig – in U Naam juig hulle die hele dag, en deur U geregtigheid word hulle verhef.

 

 Spr.17v15 – hy wat die goddelose reg verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die Here ‘n gruwel.

 

Jes.54v14 – ‘n belofte => deur geregtigheid sal jy bevestig word – wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie – en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.

v17 – elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie – en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlë – dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hul geregtigheid wat uit my is, spreek die Here.

 

Mat.6v33 – soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

 

Heb.4v1 – dit wat jy moet vrees => laat ons dan VREES dat, terwyl die belofte om IN SY RUS IN TE GAAN nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle AGTERBLY NIE.

 

Mammon is‘n valse god wat beteken rykdom – om baie geld te hë is reg – die gierigheid daarvoor word ‘n god van rykdom.

 

2Kor.5v21 – want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

 

Ps.37v4 – verlustig jou in die Here – dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

Is ons begeerte uit die vlees of is dit God se begeerte wat Hy in ons harte plaas.

 

Deut. 31v6 – wees sterk en vol moed – wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie – want dit is die Here jou Godwat saam met jou trek – Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

 

Rom.8v37 – ons is oorwinnaars – maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons lief gehad het.

 

Joh.3v16 – ons is geliefd – want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy Enniggebore Seun gegee het sodat almal wat glo nie verlore mag gaan nie.

 

Mat.5v3-12 – ons is geseënd – salig is die wat arm van gees is, wat vervolg word want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemele – salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word – salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe – salig is die wat dors na reg en geregtighed, want hulle sal versadig word – salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word – salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien – salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word – salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil – verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele, want so het hulle die profete verwolg wat voor julle gewees het.

 

1Joh.2v20 – ons is gesalf – en julle het die salwing van die Heilige Gees en weet alles.

 

Ps.147v3-6 – ons is genees –Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde – Hy bepaal die getal van die sterre – Hy gee hulle almal name – onse Here is groot en ryk aan krag – Sy verstand is oneindig – die Here rig die ootmoediges weer op – die goddelose mense verneder Hy tot in die grond toe –

 

v7-10 – SING ‘N DANKLIED tot eer van die Here – PSALMSING tot eer van onse God met die siter – wat die hemel met wolke oordek – wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit – wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep –

 

v11 – DIE HERE HET ‘N WELBEHAE IN DIE WAT HOM VREES (EER) WAT OP SY GOEDERTIERENHEID HOOP!

 

Ps.139.v13-14 – ons is pragtig – want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef – ek LOOF U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is – wonderbaar is U werke – en my siel weet dit al te goed.

 

Ps.22v10 – U is dit wat my uit my moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.

 

Jes.41v10 – ons is sterk – wees nie bevrees nie, want Ek is met jou – kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God – Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand.

 

Ps.84v11 – ons is bevoorreg – want ‘n dag in U voorhowe is beter as duisend – ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van die goddeloosheid.

 

Fil.4v13 – ons is tot alles in staat => deur Christus wat ons krag gee.

 

1Joh.4v16-19 –en ons het die liefde wat God tot ons het, LEER KEN EN GLO – GOD IS LIEFDE – en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom hierin het die liefde by ons volmak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag – WANT SOOS HY IS, IS ONS IN HIERDIE WêRELD – daar is geen vrees in die liefde nie – maar die volmaakte liefde liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie – ons het Hom lief, omdat Hy ons EERSTE liefgehad het.

 

Spr.3v9-10 – vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste – dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

 

Jes.44v6 – so sê die Here, die koning van Israel en sy Losser, die Here van die leërskare – EK IS DIE EERSTE, EN EK IS DIE LAASTE, EN BUITEN MY IS DAAR GEEN GOD NIE.

 

                                                                  **********

ONS HET NIE MEER ‘N VERLEDE NIE!

 Wat gebeur het in ons gister is ons hele verlede –  is uitgewis deur vergifnis deur Jesus se bloedoffer wat alreeds betaal het – al ons mislukkings en verkeerde besluite en keuses is uitgevee en God dink nooit weer daaraan nie – Hy neem ons verlede en maak dit nuut, deurdat  ons gedagtes vernuwe met die Waarheid, Jesus die Opgestane Christus.

 

Joh.1v1 – in die begin was die Woord, en die Woord was by God en die WOORD WAS GOD, wat vlees geword het VOL GENADE EN WAARHEID.

 

Soos ons gehoorsaam word aan die Waarheid, Jesus die Opgestane Christus, onder leiding van      God die Heilige Gees, word ons gedagtepatrone en gedragspatrone  verander van die ou wêreld se begeerlikhede tot Christus se lewe in ons met Sy karakter van liefde.

 

 Ons leef nou uit Sy geregtigheid waaruit verlossing, vryspraak van ons sondes van velede, hede en ook die toekoms, wysheid, krag, sterkte en heiligmaking soos ons Hom leer ken om heilig te wees soos Hy.

 

Ons het ‘n verlede maar ons leef nie meer daarin nie.

Fil.3v14 – Paulus sê – maar een dag – ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God IN Christus Jesus.

 

Jes.41v10 – wees nie bevrees nie, want Ek is met jou, – kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God – Ek versterk jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand.

 

Ps.37v16- 20 – ‘n klein bietjie vir die regverdige is beter as die rykdom van baie goddelose – want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die Here ondersteun die regverdiges – die Here ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly – hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word – maar die goddelose sal omkom en die vyande van die Here soos die prag van die weivelde – hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.

 

Efes.5v1-2 – wees dan navolgers van God soos geliefde kinders – wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.

Mat.22v37 – en Jesus antwoord hom – jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

 

Deut.30v6 – die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.

 

God gee ons die vermoë om Hom lief te hê, deurdat Hy ons harte besny om Hom lief te hê.

 

Liefde kan lek  –  liefde kan groei  –  liefde kan gewys word  –  liefde kommunikeer.

 

In Gen.4v25 – was God die eerste keer ge-eer en aanbid.

En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ‘n seun gebaar en hom Set genoem => SY EER GOD => want, het sy gesê, “GOD HET MY ‘N ANDER KIND GESKENK” in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.

 

 Heb.10v14-15 – want deur een offer het Hy vir ALTYD volmaak die wat geheilig word – en ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis.

v9-10 – kyk, Ek kom om U wil te doen, o God – Hy neem die eerste weg om die tweede te stel – deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.

 

Heb.6v17- 20 – daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van Sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg – sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, KRAGTIGE BEMOEDIGING KAN Hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die HOOP wat voorlê – en ons het dit as ‘n ANKER van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel – waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n Hoëpriester geword het vir ewig.

 

Hoop is in ons bloed => Jesus IN ons die anker van ons siel => die siel is in die bloed.

 

Jes.45v24 – hulle sal van My sê – ALLEEN IN DIE HERE IS VOLLE GEREGTIGHEID EN STERKTE – na Hom sal hulle kom, maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.

 

In Gen.1 het God gespreek en die aarde, lig, uitspansel, son, maan en sterre was daar – Hy het dit uit niks geskep.

Toe het tot die aarde gespreek om (v11) grasspruitjies, soorte plante wat saad gee, soorte bome wat vrug dra met saad in om voort te plant  voort te bring – iets uit die aarde wat alreeds bestaan.

 

v26 – toe het God tot Homself gespreek – laat ons mense maak na ons beeld en gelykenis.

Hy het Adam uit grond gemaak en Sy Gees in hom geblaas.

 

Alles wat uit die aarde geskep is keer terug na die aarde. Ons liggame keer dus terug na die aarde – maar God se Geeslewe in ons keer terug na Hom.

 

Net soos God ‘n begeerte in Hom gehad het, het Adam begeer om ‘n maat te hê.

God het vir hulle ‘n wet gegee as hulle van die boom van lewe eet sal hulle sekerlik sterf.

Eva het gesondig deur ongehoorsaam te wees deur na die slang, satan, wat ‘n leuenaar is, te luister en hom te glo.

Volgens wat God gesê moes Eva en Adam gesterf het.

            

Maar God het Homself beskikbaar gestel om in Eva se plek te sterf.

 

Jesus sou nie ‘n bruid gehad het nie, want voortplanting sou gestaak word as Eva moes sterf.

Jesus se begeerte na ‘n Bruid en SyVader na kinders in Sy huis (Efes.1v5)  het gemaak dat Jesus gewillig was om in die vlees te kom en te sterf.

 

Deur Adam se sondige saad word die hele mensdom in sonde ontvang en gebore (Rom.5v12.)

 

Sy verminkte liggaam wat betaal het vir die straf van die hele mensdom se sonde, het na die aarde terug gegaan.

Sy Gees het na na Sy Vader teruggekeer – Luk.23v46 –en Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê – Vader, in U hande gee Ek My gees oor – toe Hy dit gesê het, blaas Hy Sy laaste asem uit.

 

As gelowiges sterf gaan ons liggame terug aarde toe en ons gees gaan  na die Vader terug wat Hy in ons geblaas het.

 

Die ongelowiges se gees gaan na die poel van vuur, die hel vir ewig.

 

Jes.40v28-29 – ‘n ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde – Hy word nie moeg of mat nie – daar is geen deurgronding van Sy verstand nie – Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat wat geen krag het nie – die jonges word moeg en mat, en die jong manne struikel selfs – maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag, hulle vaar op met vleuels soos die arende – hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

 

Titus2v14 => wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as Sy eiendom te reining, ywerig in goeie werke.

 

Ps.93v4 => meer as die gebruis van van groot geweldige waters, van die golwe van die see, is die Here geweldig in die hoogte.

 

Ps.147v18 => Hy stuur Sy Woord en laat hulle smelt, Hy laat Sy wind waai – die waters loop.

 

Ps.42v1 => soos ‘n hert smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God – my siel dors na God, na die lewende God, wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?

 

Ps.19v1 => die hemele vertel die eer van die van God, en die uitspansel verkondig die werk van Sy hande.

v9 => die bevele van die Here is reg – hulle verbly die hart – die gebod van die Here is suiwer – dit verlig die oë.

 

Ps.36v6-8 => o Here, U goedertienheid is tot in die hemele, U trou tot in die wolke – U geregtigheid is soos die berge van God – U oordele is ‘n groot watervloed – Here, U behou mense en diere  – hoe kosbaar is U goedertierenheid, o God – daarom skuil die die mensekinders onder die skaduwee van U vleuels.

 

Ps.8v1 => 0 Here, onse Here, hoe heerlik is U Naam op die ganse aarde – U wat U majesteit gelê het op die hemele.          

 

Ps.44v24 => ontwaak! Waarom slaap U, Here, word tog wakker – verstoot nie vir ewig nie.

 

Jes.37v16 => o Here van die leërskare, God van Israel wat op die gerubs troon – U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde – U het die hemel en die aarde gemaak.

 

Jes.49v13 => jubel o hemele, en juig, aarde en berge, breek uit in gejubel – want die Here het Sy volk getroos en ontferm Hom oor Sy ellendiges

Jes.55v10-11 =>want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter.

 

Mat.24v35 => die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My Woorde sal nooit verbygaan nie.

 

Jes.29v19 => en die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die Here , en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.

 

Ps18 => ek het U hartlik lief o Here, my sterkte – die Here is my rots en my bergvesting en my redder – my God, my rots, by wie ek skuil – my skild en die horing van my heil, my rotsvesting – ek roep die Here aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos – die weg van God is volmaak – die Woord van die Here is gelouter – Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil. 

 

Rom.4v8 => welgeluksalig is die man wie die Here die sonde nie toereken nie.

 

1Pet.3v10 =>want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.

 

Joh.17v17 => heilig hulle in U waarheid – U Woord is die Waarheid.

 

Mal.3 – Ek stuur die boodskapper wat die weg voor My uit sal baan, dan sal skielik na Sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het – kyk, Hy kom, sê die Here van die Leërskare – maar wie kan Sy dag verdra – en wie kan standhou as Hy verskyn – want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van wassers – ‘n smelter en reiniger.

 

v8-10 – Mag ‘n mens God beroof – want julle beroof My. en julle sê – waarin het julle My beroof – IN DIE TIENDES EN OFFERGAWES – met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, die hele nasie – bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in My huis kan wees – en beproef My tog hierin, sê die Here van die Leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.

 

Ps.27v4-5 – een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek, dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in Sy tempel – want Hy steek my weg in Sy hut in die dag van onheil – Hy verberg my in Sy skuilplek van Sy tent, Hy verhef my op ‘n rots.

 

2Pet.1v2 – mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die KENNIS van God en Jesus, onse Here.

 

“GENADE OORVLOEDIG!”

Ps.19v2-4 – die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van Sy hande – die een dag stort vir die ander ‘n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan – daar is geen spraak en daar is geen woorde nie – onhoorbaar is hulle stem.

 

Ps.71v6- 9 – op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder – oor U is my lof altyddeur – ek was vir baie soos ‘n wonder – maar U is my magtige toevlug – my mond is vol van U lof, die hele dag van U roem – verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie => 1Kor.1v30 – dankie Jesus IN U is U my krag, wysheid, verlossing en heiligmaking.

 

Ps.51v10a – laat my vreugde en blydskap hoor –

v3 – ‘n gebed – dankie vir U genade, Jesus die gekruisigde, en Christus die Opgestane Seun van God, vir U goedertierenheid wat al my oortredinge na U grootheid van U barmhartigheid uit gedelg het.   

v7 –kyk in ongeregtigheid is ek gebore. en in sonde het my moeder my ontvang.

 

Rom.14v17 -want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

 

2Kor.13v11 – verder , broeders, wees bly – word volmaak – laat julle vermaam – wees eensgesind – hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

v13 – die GENADE van die Here Jesus Christus en die LIEFDE van God en die GEMEENSKAP van die Heilige Gees sy met julle almal! AMEN!

 

Jes.44v3 – want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droe grond – Ek sal My Gees op die kroos giet en my seën op jou kroos giet en My seën op jou nakomelinge.

(wat ‘n wonderlike belofte.)

 

 Ps.5v12 – laat hulle almal bly wees wat by U skuil – laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle – en laat in U juig die wat U Naam liefhet.

 

2Tim.1v8 – 9 – skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my (Paulus Sy gevangene) maar ly saam verdrukkinge vir die Evangelie na die krag van God – wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens Sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af IN Christus Jesus geskenk het.

 

Ps.89v2 – die goedertierenhede van die Here wil ek vir ewig besing – ek wil U trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.

 

Ps.117v2 –loof die Here, alle nasies, prys Hom alle volke – want Sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die Here is tot in ewigheid.

 

Dan.2v20 – Daniël – mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is Syne.

 

Eseg.37v4-6 – profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle (vir ons land se mense) – dor bene, hoor die Woord van die Here – kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word – en Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word, EN JULLE SAL WEET DAT EK DIE HERE IS.

1Kor.15v45- 50 – die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword – die laaste Adam ‘n LEWENDMAKENDE GEES – die geestelike ewenwel in nie eerste nie, maar die natuurlike, daarna die geestelike – die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is is die Here uit die hemel – soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense – en soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra – maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie, die verganklilheid nie die onverganklikheid nie.

v51 – kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee – ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word.    

 

Jes.58-11 – en die Here sal jou GEDURIGDEUR LEI EN JOU SIEL VERSADIG IN DOR PLEKKE EN JOU GEBEENTE STERK MAAK – EN JY SAL WEES SOOS ‘N TUIN WAT GOED BESPROEI IS EN SOOS ‘N FONTEIN VAN WATERS WAARVAN DIE WATER NOOIT TELEURSTEL NIE.

 

“EK IS MET JOU!”

Ps.121v1-2 – ek slaan my oë op na die berge – waar sal my hulp vandaan kom – my hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het – Hy kan jou voet nie laat wankel nie – jou BEWAARDER kan nie sluimer nie – Hy is die Skaduwee aan jou regterhand – Hy sal jou bewaar van elke onheil – jou siel al Hy bewaar – Hy sal jou ingang en jou uitgang bewaar, van nou af tot in ewigheid.

 

Jer.7v8 – geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is – want Hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as die hitte kom nie, maar sy blad bly groen – en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou noe op om vtugte te dra nie.

 

Spr.11v28 –wie op sy rykdom vertrou, die sal val – maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

 

Ps.123v1 –ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon – soos die dienskneg se oë op die hand van haar meesteres is – so is ons oë op die Here onse God , wees ons genadig.

 

Efes.1v7-8 –IN Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand

deurdat Hy ons die verborgenheid van Sy wil bekend gemaak het na die welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het.

 

Jes.1v18 –kom nou, en laat ons die saak uitmaak, sê die Here – al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu – al was dit rooi soos purper, dit sal wit word soos wol.

 

Ps.103v12 – so ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

 

GEBEDE.

Ps.141v2 – laat my gebed soos reukwerk voor U aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer –

v3 – Here stel ‘n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe –

v4 – neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie – en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.

 

Ps.32v5-8 – my sonde het ek bekend gemaak, my ongeregtighede het ek nie bedek nie – ek het gesê – ek wil aan die Here my oortredinge bely, en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe – daarom sal elke vrome U aanbid in ‘n tyd as U te vinde is, ja, by die oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie – U is my skuilplek – U bewaar my van benoudheid – U omring my met vrolike gesange van bevryding – EK wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan – EK wil jou raad gee – MY oog sal op jou wees.

 

Ps.15v2-3 – die Here het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra – hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard – daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.

 

Mat.21v22 – en alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang AS JULLE GLO.

 

Ps.6v9 –gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die Here het die stem van my geween gehoor.

 

ONS WONDERLIKE VERLOSSER!

Ps.150v2 – loof Hom oor Sy magtige dade, loof Hom na die volheid van Sy grootheid.

 

“ONS IDENTIFIKASIE!”

Efes2v4-8 – maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur Sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus – genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele IN Christus – want uit genade is julle gered, DEUR DIE GELOOF, en dit nie uit julle self nie – DIT IS ‘N GAWE VAN GOD.

 

Heb.3v12 – ‘N WAARSKUWING => sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

 

Heb.1v9-12 – U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat – daarom het, O God, U gesalf met vreugdeolie bo U metgeselle – en U, O HERE, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van U hande – hulle sal vergaan, maar U bly, en hulle sal almal soos ‘n kleed verslyt – en soos ‘n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, MAAR U JARE HET GEEN EINDE NIE.

 

“GOD SE EINDDOEL vir die mens!”

2Pet.3v9 – die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar DAT ALMAL TOT BEKERING MOET KOM.

 

“GOD SE DOEL VIR DIE AARDE!”

Wat gespeek het – aarde bring voort plante , grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hul saad is => laat waters wemel met gewemel van lewende wesens – en al die gevleuelde voëls – lewende wesens volgens hulle soorte – vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte – EN DIT WAS SO.

 

LET OP => GOD HET VIR DIE AARDE GESê BRING VOORT – DIE AARDE HET HIERDIE DINGE VOORT GEBRING => as hulle sterwe GAAN HULLE TERUG IN DIE AARDE.

 

v26 – LAAT ONS MENSE MAAK NA ONS BEELD EN GELYKENIS.

Gen.2v7 – en die Here God, het die mens GEFORMEER UIT DIE STOF VAN DIE AARDE.

“N LIGAAM SONDER LEWE => IN SY NEUS DIE ASEM VAN DIE LEWE GEBLAAS – SO HET DIE MENS ‘N LEWENDE SIEL GEWORD.

SIEL => gedagtes, wil en emosies met ‘n opening vir die gees van die mens – hy moes kies wie se geeslewe – God of satan se geeslewe.

Ons weet wat het gebeur, hy en Eva het satan se geeslewe van van bose werke gekies.

Deur Jesus se kruisdood het die mens weer ‘n keuse, Jesus is die deur tussen God se koninkryk van lig en satan se koninkryk van duisternis, sonde.

 

As die mens sterf gaan sy liggaam terug na die stof van die aarde, maar volgens die mens se keuse, satan se bose, ongeredde, verloregaande geeslewe  –  of Christus se geredde, verloste, bloedgewaste geeslewe van liefde in die mens, word sy eindbestemming bepaal => met satan se bose, ongelowige  lewe gaan hel toe – gelowige met Christus se lewe in hom gaan hemel toe.

 

As die ongelowige mens sterf kom haal satan sy sondige geeslewe of vir die gelowige kom haal Christus Sy Heilige geeslewe uit Sy Vader se kinders, Sy bruid en neem hulle na Sy Koninkryk van Lig en EWIGE LEWE

 

Die keuse, die wat glo dat Jesus gekom het, gesterf en opgestaan het teenoor die ongelowige wat Jesus se kruisdood en opstanding verwerp.

 

                                                         ***********

 

Gen.2v26 –God het ons liggame uit grond gemaak, maar Sy Gees , Sy lewe in ons geblaas.

Na Sy Beeld en Gelykenis gemaak – Soos Hy is, is ons.

Hy het ons lief en ons het Hom lief.

 

1Kor.4v17 – hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die

oordeelsdag – WANT SOOS HY IS, IS ONS OOK IN HIERDIE WêRELD!

 

God se begeerte is na kinders vir Homself – ‘n bruid vir Jesus.

Adam se begeerte na ‘n helper – Eva uit Adam se liggaam met God se Gees in haar.

 

Adam se bruid het gesondig!

Jesus se bruid geestelik dood agv. sonde.

Jesus maak die keuse om te sterf vir Sy Bruid, Sy beloofde bruid.

Kom na die wêreld as Seun van die mens in ‘n vleeslike liggaam.

Gaan na die kruis om die straf, woede, wraak en toorn op Hom te neem om die skuldbrief teen Sy bruid uit te wis deur Sy verminkte vleeslike liggaam, te sterf in die plek van Sy bruid.

Gee Sy lewe vir Sy Bruid se sondige lewe.

Staan op in ‘n verheerlikte liggaam.

Sy bruid word IN Sy geregtigheid vry gespreek van enige verlede, hede en toekomstige sonde.

 

Jesus het gesterf sodat Sy bruid, Vader se kinders kan lewe tot in ewigheid.

God se werk is voor die grondlegging van die wêreld alreeds voltooi.

 

Heb.4v3 – want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het – daarom het Ek in My toorn gesweer, hulle sal in My rus nie ingaan nie – ALHOEWEL SY WERKE VAN VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WêRELD AF VOLBRING IS.

 

1Pet.1v19-20 – maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n Lam sonder gebrek en vlekkeloos, WAT WEL VOORUIT GEKEN IS VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WêRELD, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil – julle wat DEUR Hom glo IN God wat Hom uit die dode opgewek en Hom Heerlikheid gegee het, SODAT JUL GELOOF EN HOOP OP GOD KAN WEES.

 

Ons leef nou in ons verlede => die verlede wat alreeds voor die grondlegging van die wêreld afgehandel is.

Toe het God vir elke oomblik van ons lewe wat ons nou leef alreeds voorsiening gemaak van voor die grondlegging van die wêreld.

God het deur Sy VOORKENNIS (1Pet.v20 – Heb.4v3) alreeds geweet van elke dag wat ons nou leef.                            

Ons herleef ons verlede wat aan God bekend is van voor die grondlegging van die wêreld.

 

Wat maak die lewe wat ons nou leef op aarde eintlik sinvol?

 

Die kruis – dele van ‘n boom => Gen1v11 – Hy het die aarde beveel om bome voort te bring – Hyelf het ‘n boom beveel waaraan Sy Seun die wêreld se sondelas, die skuldbrief sou vereffen.

Aan hierdie boom waaraan Hy gehang het – “Vader vergeef hulle wat hul weet nie wat hul doen nie!”

 

Is dit die sin wat lewe inhou – om te vergewe?

Kwaad word en woede het nog nooit iets goed voort gebring nie watter hoop is daar in woede.

 

Het ons al gedink hoe het Jesus dit reggekry om nie weerwraak te neem nie?

Hy het gesê – “ VADER HUL WEET NIE WAT HUL DOEN NIE!”

Aan die kruis het Hy hul nie as moordenaars gesien nie, maar as SLAGOFFERS. – as skape sonder ‘n HERDER.

 

Die mens se waardestelsel is werk en hoe sien ander jou voorkoms.

Vir God het ons waarde, want HY is ons Skepper wat ons gemaak het.

 Efes.2v10 – ons is Sy maaksel, geskape IN Christus voor die grondlegging van die wêreld tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

 

Ons moet elke dag met stres en sonde deel =>

wat is die belofte vir ‘n sinvolle lewe => deur die Woord te lees – Jesus die Lewendmakende Woord, wat stig en bemoedig in en vir elke omstandigheid en situasie vir elke oomblik of dag.

 

Ps.32v5 – wat het Dawid gemaak – my sonde het ek bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie – ek het gesê – ek wil aan die Here my oortredinge bely – en U het my ongeregtigheid van my sonde vergewe.

 

AS jy nie eerlik met jouself is nie, is jy nie eerlik met andere nie, is jy nie eerlik met God nie.

 

Hand.5 – Ananias en Saffira het ‘n eiendom verkoop – hulle het ‘n deel van die prys agtergehou.

Waarom het julle die saak in julle harte voorgeneem – WAS NIE EERLIK TEENOOR HULLE SELF NIE.

JULLE HET NIE NET VIR MENSE GELIEG NIE, MAAR OOK VIR GOD!

 

LUK.22 – V41 – 46 – Jesus het Homself afgesonder, neergekniel en gebid – VADER, AS U TOG MAAR HIERDIE BEKER VAN MY WIL WEGNEEM – LAAT NOGTANS NIE MY WIL NIE, MAAR U WIL GESKIED.

 

Jesus het dit gesê – as daar ‘n ander uitweg is, neem asseblief hierdie beker van My weg –

maar met Sy volgende woorde “LAAT NOGTANS NIE MY WIL NIE, MAAR U WIL GESKIED.”

 

Hy het geweet daar is nie ‘n ander uitweg of manier nie.

Hy is die enigste EEN wat as OFFER kon sterf vir die mensdom, Sy Bruid en kinders vir Sy Vader se huis, se sondes en misdade.

 

Jesus se eerlikheid teenoor Homself, die mensdom en teenoor Sy Vader!

                                                               

Kol.2v9-10 – want IN Hom woon al die VOLHEID van die GODHEID LIGGAAMLIK – en julle HET DIE VOLHEID IN HOM wat die Hoof is van alle owerheid en mag.

 

Om in die gees te wandel moet ek besef en verstaan dat Christus my lewe is – ek het geen ander lewe nie.

Die volheid van Christus is in my – ek het niks anders nodig nie.

Hierdie volheid is my alles => my voorsiening, my genesing, my geloof, my vrede, my wysheid, my verlossing, my geregtigheid.

Ek aanvaar en weet ek het Christus se geloof, Sy geregtigheid sodat ek niks kort kom nie.

Ek kyk nie meer na my vlees of omstandighede, om my waarde te bepaal nie.

 

Aanvaar alles wat die Woord van God vir jou sê want dit is die VOLLE WAARHEID wat vasstaan tot in ewigheid.

 

Aanvaar 1Kor.1v30 => Hy is my verlossing, my wysheid, my heiligmaking en geregtigheid.

Hy is my alles wat ek nodig het elke dag, in alle omstandighede en situasies, want Hy wat in my  is, is groter as alles wat op my pad kom.

 

Voor Vader staan ek IN CHRISTUS se geregtigheid as deelgenoot van Vader se huisgesin en mede- erfgenaam van Sy erfenis as ek saam met Hom ly in hierdie wêreld.

 

As ek dit aanvaar is ek ten volle ‘n geseënde van my Vader.

Ek is verborge in God Almagtig, die Alleenheerser IN Christus, asof ek die enigste kind van Vader is.

Christus IN my is my LEWE my alles.

Efes.1v23 => Hy het alle dinge onder Sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan my gegee – die volheid wat alles in my vervul.

 

Ons is kosbaar vir Vader omdat elkeen van ons uniek en kosbaar is vir Hom.

So kosbaar dat Jesus bereid was om Sy lewe vir ons af te lê.

 

Onthou dit as jy deur die wêreld verwerp word.

 

As God ons alles vra doen Hy dit om ons los te maak van dinge wat dalk ‘n struikelblok kan wees tussen ons aardse lewe en die hemelse ewige lewe.

 

Paulus as voorbeeld – in Fil.3 verklaar hy dat hy alles aflê want wat vir hom wins was, het dit om Christus wil skade geag – om in Hom gevind te word nie met sy geregtigheid deur die wet nie, maar met die wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof – sodat hy Hom kan ken en die krag van Sy Opstanding en die gemeenskap van Sy lyde terwyl hy aan Christus se dood gelykvormig kan word.

 

In 2Tim4v7 sê Paulus – ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig – ek het die geloof behou – verder is vir my weggelê die kroon van geregtigheid wat die Here, die Regverdige Regter, my in die dag sal gee, en nie net aan my alleen nie, maar ook aan almal wat Sy verskyning liefgehad het.

 

Mag dit ook die versugting van elkeen van ons harte wees! ! !

 

                                                                 **********

 

Jesus is ons vriend!

  

Exod.33v11 – die Here het met Moses gespreek van aangesig tot aangesig  soos ‘n man met sy vriend.

 

Job.6v14 – vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

 

Job.42v10 –die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het.

 

Spr.17v17 – die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.

 

Spr.18v24 – ‘n man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ‘n vriend wat sterker aanhang as ‘n broer.

 

Mat.26v50 – Jesus aan Judas – vriend, waarvoor is jy hier – toe kom hulle nader en slaan die hande aan Jesus en gryp Hom.

 

Luk.12v4 – wie gevrees moet word – My vriende moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaaak en daarna niks meer kan doen nie – maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees, vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak is, by magte is om in die hel te werp – ja, Ek sê vir julle, vrees Hom.

 

Luk.16v9 – Jesus – maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle julle in die ewige tente kan ontvang.

 

Joh.3v29 – Hy wat die Bruid het, is die Bruidegom, maar die Vriend van die Bruidegom wat na Hom staan en luister, verbly hom oor die stem van die Bruidegom – so is hierdie blydskap van my volkome (Johannes die Doper.)

 

Joh.15v14 – Jesus – julle is My vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

 

Jak.2v23 – en die Skrif is vervul wat sê – en Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is die Vriend van God genoem.

 

                                                      ***************

Trane dra boodskappe uit!

 

Dit dra vreugde uit of uiterste droefheid of nood.

Wanneer woorde te min is, is trane daar om uiting te gee.

Trane is stille boodskappe na Vader se troon as gewonde harte nie woorde het nie.

 

Jesus het saam met Martha en Maria gehuil oor Lasarus se dood al het Hy geweet hy sal weer opstaan om God te verheerlik.

 

Petrus het gehuil nadat hy besef het hy het Jesus drie maal verloën.

Alhoewel Jesus Hom gewaarsku het in Mat.26v33 – al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie –

v35 – al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie.

v51 – met sy swaard die dienskneg se oor afgekap.

v75 – die haan het gekraai en Petrus het Jesus se woorde onthou – voor die haan kraai, sal jy My drie keer verloën- hy het buite toe gegaan en BITTERLIK GEHUIL!

 

In Mark.16v6-7 – na Jesus se opstanding – en Hy sê vir hulle – moenie verskrik wees nie – julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is – Hy het opgestaan – maar gaan sê vir Sy dissipels EN VIR PETRUS dat Hy hulle vooruit gaan na Galiléa – daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.

                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                       

Judas het ook bitterlik geween.

 

                                                 

Exod.14v14 – die Here sal vir jou stry, en julle moet stil wees.

 

Ps.48 – die Here is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, Sy Heilige berg – God het Hom in Sy paleise bekend gemaak as ‘n rotsvesting – o, God, ons dink aan U goedertierenheid binne-in U tempel – so is U roem tot die eindes van die aarde toe –

U regterhand is vol geregtigheid – let op Sy skanse, wandel deur Sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel – dat hierdie God ons God is, vir ewig en altyd –Hy sal ons lei tot die dood toe.

 

Ps.46v11 – laat staan en weet dat Ek God is – Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

 

Ps.103 – loof die Here o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie –

wat al jou ongeregtighede vergewe wat al jou krankheid genees –

wat jou lewe verlos van die verderf – die Here doen geregtigeid en reg aan almal wat verdruk word –

 

Spr.7 – My seun onderhou My Woorde en bewaar My gebooie, dan sal jy lewe – en My onderwysing soos jou oogappel – bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart – sê aan die wysheid jy is my suster – en noem die verstand jou vertroueling – sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.

 

 

 Ps.19 – die hemele vertel die eer van God – die uitspansel verkondig die werke van Sy hande –

die een dag stort vir die ander ‘n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan – daar is geen spraak en daar is geen woorde nie – onhoorbaar is hulle stem – hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde – hulle woorde tot by die eindes van die wêreld.

 

Mat.6v33 -34 – maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word – kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel – elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

 

Dis om jou lewe vir God oor te gee – Hom te geniet en Hom te verheerlik met jou gedagtes, woorde en gesindheid – om altyd die goeie in alles raak te sien.

 

 

                                                    *******************

 

Jou verhouding met God.

 

Exod.34v28 – Moses was by God vir 40 dae en 40 nagte- hy geen brood geëet en geen water gedrink nie – en hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien gebooie, geskrywe.

 

Die tien gebooie is God se karakter.

Die tien gebooie die vereistes, prioriteite van God vir ‘n volmaakte verhouding met Hom.

 

Die tien gebooie is die soort verhouding wat God van ons verlang.

 

Exod.20v2-3 – Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het – JY MAG GEEN ANDER GODE VOOR MY AANGESIG Hê NIE dis die eerste gebod => WANT EK IS DIE HERE JOU GOD!

 

Rom.6v6 – het ons verlos om ‘n verhouding met Hom te hê => aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer sonde sou doen nie.

 

Dis ons keuse hoe ons verhouding met God sal wees => hoe dood is ons vir sonde.

 

Exod.20v18-21 – en toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan – hulle het vir Moses gesê – spreek u met ons, dat ons kan luister, maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons – Moses antwoord – wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle TE BEPROEF EN DAT SY VREES VOOR JULLE Oë MAG WEES, SODAT JULLE NIE SONDIG NIE – so het die volk op ‘n afstand bly staan – maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.

 

Moses nader God – die volk luister van ver af wat God vir Moses sê.

Vlees sterf in teenwoordigheid van God en jy staan gestroop van alles wat vir jou belangrik is.

 

Ps.103v7 – Hy het aan Moses Sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel Sy dade.

Moses het die weë van God geken

Ons mag geen ander God aanbid nie.

 

Deut.5v8-9 – jy mag geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie – JY MAG JOU VOOR HULLE NIE NEERBUIG EN HULLE DIEN NIE – WANT EK, DIE HERE JOU GOD IS ‘N JALOERSE GOD =>

 die gevolge  => wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en vierde geslag van die wat My haat –

 

v10 die belofte => Ek BEWYS BARMHARTIGHEID AAN DUISENDE VAN DIE WAT MY LIEFHET EN MY GEBOOIE ONDERHOU.

 

Egipte het meer as 229 afgode gehad waarvan die Israeliete saam met hulle gebring het toe God hulle uit Egipte verlos het.

 

Jes.45v5-6 – Ek is die Here, en daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie, Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie – sodat hulle kan weet  van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie – EK IS DIE HERE, EN DAAR IS GEEN ANDER NIE!

 

Hoe werk verhouding tussen God, die huwelik en familie =>

1ste – die huwelik – dan God – dan familie.

HOEKOM?

 

Hoe die man sy vrou dien, so dien hy God.

 

Om jou tiende te gee is deel van jou verhouding met God.

Gen.4v3 – Kain en Abel => Kain eersgeborenes van sy kleinvee gebring naamlik hul vet –

bloed het gevloei.

 

Abel het vrugte van sy land gebring – God het dit verwerp – geen bloed het gevloei –

‘n heenwysing van Jesus, God se eniggebore, Eersgeborene wie se bloed gevloei het vir vergifnis van die mensdom se sondes.

 

Mat.6 – alle liefdadigheid moet so gedoen word dat jy nie deur mense geër word nie – jou linkerhand moet nie weet wat jou regterhand doen nie => sodat jou liefdadigheid in die verborgene is, en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

 

v33 – soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

 

KOM ONS BID VIR ONS NAGESLAG VIR GEESTELIKE GAWES VIR DIE UITBREIDING VAN GOD SE KONINKRYK => BELOFTE EN AL DIE ANDER DINGE SAL HULLE TOEGEVOEG WORD!

 

                                                            ***************

 

    Sonde is ‘n afgod  => iets waaraan jy meer aandag gee as aan God!

                                  Sonde is geestelike hoerery!

 

Eseg.14v3 – mensekind, hierdie manne het hul drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hul ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit – sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

v4 – daarom, spreek met hulle en sê vir hulle – so spreek die Here Here – elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom – Ek, die Here, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy                                    drekgode, antwoord gee –

v5 – sodat Ek die huis van Israel in hul hart kan gryp, omdat hulle almal hul drekgode hul van My afgewend het –

v6-11 – bekeer julle en wend julle af van jul drekgode en wend jul aangesig af van hul gruwels – hy wat hom afsonder en My nie navolg nie, Ek, die Here, self sal antwoord gee – Ek sal My aangesig rig teen die man en hom ‘n teken en ‘n voorbeeld van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van My volk, en julle sal weet dat Ek die Here is –

as hy na die profeet gaan en die profeet laat hom verlei om ‘n woord te spreek – Ek, die Here, het die profeet verlei, en Ek sal My hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van My volk –

hulle moet hul ongeregtigheid dra – dieselfde vir die man en profeet –

sodat My volk nie agter My wegdwaal nie en hulle nie meer verontreinig met al hul oortredinge nie – dan sal Ek vir hulle ‘n God wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees – spreek die Here.

 

God sê Hy as ons na ‘n profeet gaan wat self afgode dien, vir raad – sal HYself antwoord dit sal nie Sy stem wees nie maar jy gaan die stem van die afgod hoor.

 

Jes.59v2 – maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

v10 – en hulle moet hul ongeregtigheid dra – soos die ongeregtigheid van die vraer, so sal die ongeregtigheid van die profeet wees.

 

Exod.20v4 – jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is –

v5 – jy mag nie voor hulle buig en hulle nie dien nie – want Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God wat die vaders besoek en aan sy kinders.

 

God is ‘n barmhartige God => Gal.3v13 – Jesus het ons losgekoop van die vloek van die wet (in hierdie geval as ons gesnede beelde maak en aanbid – as ons meer aandag gee aan iets anders as aan God)

 

Daar is vergifnis, as ons terugkeer na God deur Jesus die Gekruisigde se bloed, wat betaal het vir al ons sondes, ongeregtighede en misdade.

 

Gal.3v27 – want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

 

Rom.13v14 – maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

 

Jer.3v14 – 15 – keer terug, o afkerige kinders, spreek die Here God – Ek sal aan julle gee herders na My hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.

 

God se liefde vir ons is onveranderlik – Hy sal Sy liefde vir ons nie wegneem nie – afgode neem ons weg van ons liefde vir God – ons verlaat Sy liefde en volg die afgod.

 

As Christene afgode in hul hart het en vir God en die afgod wil dien, dra maskers soos akteurs.

‘n Akteur neem die persoonlikheidheid van die persoon aan wie se rol hy speel op die verhoog.

=> ‘n skynheilige => ‘n hipokris  – n fariseer, geveinste vroomheid, huigelagtig.

 

                                                            *************

                                

                                    Ons het alles wat God sê ons het !

 

1 – ons het volmaakte vrede –

Rom.5v1 – omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, HET ONS VREDE BY GOD DEUR ONSE HERE JESUS CHRISTUS.

 

2 – In Christus is ons erfgename –

Rom.8v16 – 17            – die Gees self getuig saam met ons Gees dat ons kinders van God is, en as ons kinders is,  dan  ook erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

 

Gal.3v29 – en as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

 

3 –oorvloedige voorsiening –

Rom.8v32 – Hy wat selfs Sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie

4 – in Christus besit ons al God se beloftes –

2Kor.1v20 – want hoeveel beloftes van God wat daar mag wees IN HOM is hulle JA EN AMEN,

tot Heerlikheid van God.

Rom.2v11 – want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

Gal.3v13 – Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word – want daar is geskrywe – vervloek is elkeen wat aan ‘n kruis hang.

Jes.53v4-5- nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte – die het Hy gedra – maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was – maar terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel – die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

 

5 – in Christus volle verlossing

Gal.3v13 – 14 – Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word – want daar is geskrywe – vervloek is elkeen wat aan ‘n kruis hang – sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

Efes.1v7 – in Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade.

Kol.1v13 –Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde.

 

6 – hemelse vrymoedigheid –

Efes.3v12 – in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof van Hom.

2Kor.5v17 – daarom as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Spr.28v1 – die goddelose vlug sonder dat daaar ‘n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos ‘n jong leeu.

Spr.29v25 – die vrees span ‘n strik – maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

 

7 – oorvloedige voorsiening.

Fil.4v19 – en my God sal elke behoefte van julle vervul na Sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

2Kor.9v8 – en God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

 

Ons identiteit is in Christus – ons besit alles wat God sê ons het –

Jesus ons Redder, Verlosser en ons voorsiener geestelik en vleeslik volgens Abraham se seëninge.

 

1Kor.1v30 – maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing – daarom, soos geskrywe is, die wat roem, moet in die Here roem.

 

Hoe om Sy voorsiening aan ons aan ander te toon.

 

2Kor.9v6-11 – maar dink daaraan – wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai – en wie volop saai, sal ook volop maai – laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief – en God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd IN ALLE OPSIGTE VOLOP KAN Hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk – soos geskrywe is – hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid – en mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.

 

 ONS HET ONTVANG GOD DIE HEILIGE GEES AS DIE OPENBAARMAKENDE GEES VAN WAARHEID!

 

Joh.14 – 15 -16.

 

Joh.14 – Jesus – Ek sal julle nie alleen agterlaat nie – Ek kom weer na julle toe –

Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid –

die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie – maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en IN julle sal wees –

in die dag (watter dag – as die Heilige Gees gekom het) sal julle weet dat Ek in My Vader is, en julle in My, en ek in julle –

maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle ALLES LEER en SAL JULLE HERINNER aan alles wat Ek vir julle gesê het.                                                            

 

Joh.15 – maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die Waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van MY GETUIG.

 

Joh.16 – en as Hy kom sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel –

van sonde, omdat hulle in My nie glo nie –

en van geregtigheid, omdat Ek na My Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie –

en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is –

 nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie –

maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die Waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei – want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig –

Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig –

alles wat die Vader het, is Myne – daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

 

1Kor.12v3 – daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie – en niemand kan se dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

                                             WAT IS GOD SE RIGLYNE VIR KINDERS!

 

Deut.6v16 – eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Exod.20v12 – eer jou vader en moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Efes.6v1 – kinders, julle moet julle ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

Spr.30v11-12 – daar is ‘n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,

‘n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie –

v13 – ‘n geslag – hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek –

v14 – ‘n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit –

v15 – die bloedsuier het twee dogters – GEE, GEE, drie is dit wat nie versadig word nie – vier sê NOOIT – GENOEG IS NOOIT GENOEG NIE!

 

v 17 – WAARSKUWING => ‘n oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag => die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.

v16 – die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry nie en die vuur wat nooit sê – genoeg nie.

=> Spr.27v20 – die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie – so word die oë van ‘n mens nie versadig nie.

 

Die vrug van EER is Geloof – seëninge en bepaal jou bestemming.

 

ONDERWERP JOU AAN GESAG!

Wat beteken onderwerp => OM GEEN VRAE TE STEL NIE!

 

Rom.13v1 – laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom aangestel is, want daar is geen mag behalwe God nie, en die wat is, is deur God aangestel.

 

Die vrug van ongehoorsaamheid word deur God oorgegee aan ‘n slegte gesindheid => om te doen wat nie betaam nie.

v29-32 – hulle is vervul met alle ongeregtighede soos vervat in v29-32.

 

Kyk na ‘n land se kinders => ongehoorsame kinders is ‘n bose nasie.

 

Deut.5v16 – eer jou vader en moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed sal gaan in die land wat die Here jou God aan jou gee.

 

GOD SE SEëN VIR DAARDIE LAND => dat dit sal goed gaan met daardie land.

Deut.28v1-14 – al God se seëninge as jy goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al Sy gebooie wat Ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde => Deut. 26v19 – en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, TOT ‘N LOF EN ‘N ROEM EN ‘N SIERAAD, EN DAT JY ‘N HEILIGE VOLK AAN DIE HERE JOU GOD SAL WEES SOOS HY BELOOF HET.

                     

EERBIED EN GEHOORSAAMHEID IS ‘N GESINDHEID VAN DIE HART WAT DIE LIGGAAM SE DADE BEPAAL!

 

Wat is ons gesindheid teenoor mense wat nie reg handel of doen nie?

=> om te vergewe en te weet almal van ons is mense wat faal en foute maak.

Daar is net EEN WAT KAN OORDEEL – Rom.13v1 – daar is geen mag behalwe God nie, en die wat daar is , is deur God aangestel.

 

                                                                  **********

Spr.22v10 – wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die aeme gee.

 

Spr.19v17 – wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here, en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

 

                                                                     **********

 

Rom.6 – Dankie Vader dat ons weet dat almal wat IN Jesus gedoop is, is in Sy dood gedoop –

ons is saam met Hom begrawe deur die doop in Sy dood,

sodat net soos Christus opgewek is deur die Heerlikheid van die Vader, ons ook so IN ‘n nuwe lewe wandel –

as ons saamgroei deur die gelykvormigheid aan Sy dood,

is ons dit ook deur die aan Sy Opstanding –

ons weet dat ons oue mens saam gekruisig is,

sodat die liggaam van sonde tot niet gemaak is,

en ons nie meer die sonde dien nie –

ons glo dat Christus gesterf het ,

so glo ons dat ons saam met Hom lewe – die dood heers oor Hom nie meer nie –

want die dood wat Hy gesterf het,

het Hy eens en vir altyd gesterwe,

die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God –

so reken ons dat ons ook dood is vir die sonde,

 maar lewend vir God IN Christus Jesus, onse Here.

 

                                                                    **********

Jes.40v29 – Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen krag het nie.

 

Jes.43v2-3 – as jy deur die water gaan, is Ek by jou – en deur riviere, hulle sal jou nie oorstroom nie – as jy deur vuur gaan, sal dit jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie – want Ek IS die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland, Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.

 

Jes.40.v31 – maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag, hulle vaar op met vleuels soos die arende – hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

 

Jes.41v10 – wees nie bevrees nie, want Ek is met jou – kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God, Ek versterk jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand.

 

Exod.15v2 – die Here is my krag en my Psalm, en Hy het my tot heil geword – Hy is my God, Hom sal ek roem, die God van my vader, Hom sal ek verhef.

 

Fil.4v13 – ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

 

Ps.27v1 – die Here is my lig en my heil – vir wie sou ek vrees – die Here is die toevlug van my lewe, vir wie sou ek vervaard wees?

 

Ps.28v7 – die Here is my sterkte en my skild, op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp – daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.

 

Joh.16v33 – dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My kan vrede hê – in die wêreld sal julle verdrukking hê  – maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin

 

2Kor.4v16-18 – doel en vrug van lyding – daarom gee ons nie moed op nie, al vergaan ons uiterlik mens ook, nogtans word die innerlike mens dag na dag vernuwe – want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid – omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare – want die sigbare is tydelik, maar die onsigbare ewig.

 

DIE GELOWIGES IS ‘N GEBOU VAN GOD!

1Kor. 3v9-11 – want ons is medewerkers van God – die akker van God, die gebou van God is julle – volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop – maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou – want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daargelê is nie, DIT IS JESUS CHRISTUS.                                                                                                        

 

Heb.4v12-13 – waarskuwing teen ongeloof – want die Woord van God is LEWEND en KRAGTIG en SKERPER as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n BEOORDELAAR van die oorlegginge van die hart – en daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.              

 

 

                                                                          ****************

 

                                                  1Kor.1v1-9 – ‘n gebed van dankbaarheid!

 

Dankie Vader, ons is geroepe geheiligdes IN Christus –

dankie vir Christus ons genadegawe van vrede –

dat ons IN alle opsigte IN Hom ryk gemaak is, IN elke Woord van waarheid, vervul word deur openbaringskennis van die Heilige Gees in ons gedagtes, wil en emosies –

IN Christus is ons geseên met al die geestelike seëninge in die hemele –

sodat ons onberispelik sal wees terwyl ons wag op die dag van onse Here Jesus Christus –

U is getrou, deur wie ons geroep is tot die gemeenskap van U Seun Jesus Christus, onse Here.

 

                                                                       **********               

 

  Ons is geregverdig nie deur goeie werke nie, maar deur ons POSISIE IN CHRISTUS!

 

                                                                          ********                           

DIE WAARDE VAN WOORDE!

 

Spr.18v20-21 – van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig – hy word versadig van die opbrengs van sy lippe – dood en lewe is in die mag van die tong, en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

 

Gen.1 – God het gepreek en gesê – laat daar lig wees en daar was lig.

Ons is na Sy beeld en gelykenis gemaak.

 

Dit wat ons uitspreek, gebeur.

Die kwaliteit van ons lewe is die vrug van die woorde wat ons sê => lewe of dood!

 

  1. Woorde verbind ons met God.

God se WOORDE gaan deur die Heilige Gees na deur Jesus na ons die vlees.

Jesus is die Woord – Joh.1 – in die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God – en die Woord het vlees geword en onder ons kom woon.

 

Jesus die Woord => die verbintenis met God.

 

Rom.10v8 – naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart – dit is die Woord van die geloof wat ons verkondig –

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met die hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word –

want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

v13 – elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

 

Deur die aanroep van Sy Naam, word ons gered –

As ons met ons mond die Here Jesus bely,

Met die hart glo ons dat God Jesus, die Woord, uit die dode opgewek het – sal jy gered word.

 

Ons getuig God se Woord deur Jesus, deur die Heilige Gees, na God die Vader en ons word gered.

Jesus ons verbintenis met God.

 

Jesus wat vlees geword het, neem ons vleeslike belydenis deur ons mond na God.

God die Heilige Gees open ons geestelike oë en verstand en openbaar Jesus die gekruisigde, opgestane Christus aan ons.

Joh.14 – 15 – 16 sê Jesus – Ek sal julle nie as wese agter laat nie – Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander TROOSTER gee om by julle te bly tot in ewigheid – die GEES VAN WAARHEID, die OPENBAARMAKENDE GEES – Hy sal julle alles LEER en julle HERINNER aan alles wat Ek vir julle gesê het – HY sal van My getuig – Hy sal julle in die hele waarheid lei, want HY sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy Spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

 

Heb.10v15 – Vader en die Heilige Gees is getuienis van Jesus se kruisiging – en ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis.

Watter getuienis – v14 – want deur een offer het Hy vir ALTYD VOLMAAK die wat geheilig word.

v16 – want nadat Hy tevore gesê het – dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit na die dae, spreek die Here verder – Ek sal My wette gee in hulle harte, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe –

v17 – en aan hulle sondes en hul ongeregtighede sal EK NOOIT MEER DINK NIE!

 

Rom.8v11-14 – en as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur Sy Gees wat in julle woon – daarom dan broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie – want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die GEES DIE WERKE van die liggaam doodmaak, sal julle lewe – want almal wat deur die Gees van God GELEI word, die is KINDERS van God.

 

Gal.5v18 – maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.

 

Joh.14v26 – maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, HY SAL JULLE ALLES LEER EN SAL JULLE HERINNER AAN ALLES WAT EK VIR JULLE GESê het.

ALLES – nie net Geestelike dinge nie, maar ook alledaagse dinge, soos besluit en keuses en hulp van een of ander aard – hulp om God lief te hê met ons hele hart, siel en liggaam – om ons te leer om God uit ‘n rein hart te aanbid.

v27 – die Heilige Gees leer ons dat Jesus ons vrede is, en stort Jesus se vrede in ons harte uit.

 

Hy leer ons om stil te word in omstandighede, situasies, vrees, onsekerheid, of twyfel te hanteer -om net stil te word – daaruit herinner Hy ons wat Jesus die Woord vir ons gedoen het – deur te voorsien in alles wat ons nodig het.

 

Rom.5v3-5 – leer ons om in verdrukking lankmoedig en geduldig te wees – want geduld help ons in  gehoorsaamheid aan die Woord, om versoekings te weerstaan . . . . . . soos Jesus vir satan gesê het – DAAR STAAN GESKRYF!

Uiteindelik het ons geloofsekerheid in die HOOP wat nie gesien kan word nie – die HOOP wat nie beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

 

Kol.1v27 – ‘n verborgenheid wat vir eeue verborge en verswyg was => CHRISTUS IN ONS, ONS HOOP VAN HEERLIKHEID – in alle omstandighede en situasies.

Jesus ons Verlosser aan die regterhand van God, maar ook IN ons hier op aarde.

‘n Verborgenheid wat aan ons geopenbaar sal word met Jesus se wederkoms.

Ons weet nie hoe dit sal wees of hoe ons gaan lyk nie – ons weet net ons aardse sterflike liggaan gaan agterbly en weer tot stof vergaan.

 

1Joh.3v2 – geliefdes, nou is ons kinders van God, dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maat ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.

‘n Wonderlikke belofte van ‘n geestelike liggaam. Nou is ons alreeds ‘n geestelike wese in ons innerlike maar dan ‘n volmaakte geestelike wese, deelgenoot van God wat Gees is.

 

God die Heilige Gees is die Een wat by ons sal wees tot in alle ewigheid.

                                                                    ********

 

Ps.107v20 – Hy het SY WOORD UITGESTUUR, dat HY hulle kon gesond maak en hul uit hul kuile red.

Hy het gespreek wat nie bestaan asof dit bestaan.

 

                                                                    *******

 

 

            

Mat.12 – laster teen God.

v31 – daarom sê Ek vir julle – elke sonde en lstering sal die mene vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie –

v32 – en elkeen wat ‘n WOORD spreek teen die SEUN VAN DIE MENS, dit sal hom vergewe word, maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu en ook nie in die toekomende nie –

v33 – julle moet of die boom goed maak en sy vrugte goed, of julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg, want aan die vrugte word die boom geken –

v34 – hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is – want uit die oorvloed van die hart praat die mond –

v35 – die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn –

v36 – maar Ek sê julle dat van elke YDELIKE WOORD wat die mens praat, daarvan moet julle REKENSKAP GEE IN DIE OORDEELSDAG –

v37 want UIT DIE WOORDE SAL JY GEREGVERDIG WORD, EN UIT JOU WOORDE SAL JY VEROORDEEL WORD.

        

                                                                     *******

Jesus beweeg deur die Heilige Gees.

Die Heilige Gees deur Jesus.

Dit is hoekom die waarskuwing van Jesus.

 

 Die onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees is ongeloof want Hy lei ons in ons nood na Jesus –

AS jy jou hart verhard teen Hom in ongeloof – die onvergeeflike onverskoonbare sonde.

 As ons ons hart verhard teen die Heilige Gees, verwerp ons Jesus, verwerp ons Vader, die Drieënige God.

Die onvergeeflike sonde is die WOORDE WAT ONS Sê wat die ongelowige gaan veroordeel.

 

 satan val ons deur ons woorde aan.

 

Woorde verbind ons met God.

Woorde verbind ons met mekaar.

 

Spr.18v21 – dood en lewe is in die mag van die tong – en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

 

Is ons Woorde verbind met God se Woord?

Praat ons lewe tot ons huwelike, finansies, gesondheid , omstandighede, situasies, probleme .

ons denke – dink ons lewe of dood miskien oor ander mense – ons land – regering ens.

Oppas vir satan wat ons in ons gedagtes aanval – sy beste aanvalspunt.

 

Efes.5v25 – 26 – manne,julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en HOMSELF daarvoor oorgegee het – om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die WATERBAD deur die WOORD – sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks, maar dat dit HEILIG EN SONDER GEBREK sou wees.

 

 

                                                                  **********

Woorde kan ‘n prys van jou vra.

Ps.14 – die Here het van die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is wat na God vra – hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.

 

  1. Die tong kan nie beheer word nie.

Ps. 39 – ek het gesê – ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie, ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is –

ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af, MAAR MY SMART IS AANGEWAKKER –

my hart het warm geword in my binneste – ‘n VUUR HET ONTVLAM BY MY GESUG – EK HET GESPREEK MET MY TONG.

 

Dawid wou stil bly, hy wou dit nie sê nie – maar die vleeslike krag van die tong was sterker.

 

  1. Woorde verwond mense se emosies.

Spr.26v 18-19 – soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet –

so is die man wat sy naaste bedrieg en sê – EK SPEEL SOMMER.

 

Vergifnis bring heling vir ‘n emosionele seer.

Vergifnis is ‘n stang in die mond wat die tong beheer.

 

Ons het vergifnis ontvang al het ons dit nie verdien nie.

Daarom moet ons vergewe al het hul wat ookal aan ons gedoen.

 

Hoekom?

omdat die Almagtige, die God van die heelal ‘n duur prys betaal het vir elke mens wat Hy gemaak het.

Ons het deur een mens as sondaars in hierdie wêreld gekom =>

Rom.5v12 – soos deur een mens sonde in hierdie wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, OMDAT ALMAL GESONDIG HET.

v15 – soos deur die misdaad van een baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur GENADE van die EEN MENS, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.

v16 – die oordeel uit een tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot VRYSPRAAK.

 

Ons moet vergifnis loslaat oor onreg.

Jes.53v6 – ons almal het gedwaal soos skape, maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom (Jesus) laat neerkom.

 

Ps.103v12 – so ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

 

Hab.1v13 – U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie – waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose die verslind wat regverdiger is as hy?

 

Job.36v7Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was

 

1Pet.3v12 – want die oë van die Here is op die regverdiges en Sy ore tot hul gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.

 

2Kor.5v21 – want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God IN Hom.

 

Jesus, die Opgestane Christus het deur Sy bloed, Sy dood, Sy heilige lewe het Hy gegee en met ons sonde besoedelde lewe, daar aan die kruis gehang en al ons misdade, ongeregtighede ons onvergewensgesinde  natuur op Hom geneem – al God se toorn, wraak, woede en straf het op Hom afgekom – daarom het Hy uitgeroep soos die sondaar “MY GOD, MY GOD WAAROM HET U MY VERLAAT.

Sy Vader het Sy aangesig weggedraai want ons het gelees in Hab.1 dat Sy Oë te rein is om op sonde af te kyk, die kwaad en die ongeregtighede van Sy skeppinge.

 

DAAROM NA Jesus se kruisiging is almal se sondes verwyder so ver as die ooste van die weste is en Hy dink nooit weer daaraan nie.

Hy sit almal se sondes op Jesus se geregtigheid.

 

Ontvang God se vergifnis => Mat.6v12 – en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

 God gee Sy vergifnis onvoorwaardelik – alle soorte sondes, misdade en ongeregtigheid onbeskryflik, ontelbaar  groot.

 

Is ons bereid om ons naaste onvoorwaardelik te vergewe. – moontlik net een ongeregtigheid.

 

Kom ons vra God die Heilige Gees om ons geestelike oë en ore en verstand te verlig en ons ‘n openbaring te gee van Jesus se alreeds verminkte liggaam daar aan die kruis.

In daardie drie donker ure het die straf, toorn, wraak en woede op Hom afgekom.

 In ons plek daar gehang tuusen die hemel en die aarde – die aarde wou Hom nie hê nie – daarom het hulle Hom gekruisig.

Die hemel wou Hom nie hê nie – want Hy het daar gehang as sondaar en sondaars word nie in die hemel toegelaat nie.

 

Deur die volmaakte vryspraak wat Hy vir ons bewerk het, het God Sy mandjie van genade oor die wêreld oopgemaak

 

Dis elke mens se keuse of hy/sy dit gaan glo en aanneem.

Daarom moet ons die Woord bestudeer onder leiding van die Heilige Gees om God se wil te ken sodat ons daarin kan wandel en weet van al Sy beloftes en seëninge wat vir ons beskikbaar is.

 

Mat.22v37-38 – jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel

en met al jou verstand – dit is die eerste en groot gebod – en die tweede wat hiermee gelykstaan – jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

 

Die Heilige Gees stort God se liefde in ons harte uit.

God gee vir ons die mate van geloof uit die mate van geloof van Christus.  

 

Gal.2v20 – ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef IN my – wat ek nou in die vlees leef, lewe ek deur die geloof van die Seun van God wat my so liefgehad en Homself vir my ooegegee het.

 

                                                                 ******

Ons tong ‘n giftige angel.

  1. Jak.3v2 – want ons almal struikel dikwels – as iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

v6 – dit besmet die hele liggaam en steek die hele liggaam en lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.

v8 – die tong kan geen mens tem nie – dit is n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.

v9 – daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense, wat na God se beeld en gelykenis gemaak is.

 

Deur kwade gevoelens sê ons baie maklik iets leliks aan of van daardie persoon en dit versprei soos ‘n veldbrand – baie keer met nog stertjies aan.

 

Jy mag ‘n argument wen, maar verloor mense se respek en vriendskap.

 

Spr.6v16 – hierdie ses dinge haat die Here –

trotse oë –  ‘n leuenagtige tong  –  hande wat onskuldige bloed vergiet  –  ‘n hart vol onheilsplanne  –  voete wat haastig na die kwaad toe loop – een wat as vals getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

v12 – ‘n deugniet, ‘n kwaaddoener –  wat met ‘n vals mond rondloop.

v14 – in wie se hart vals streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.

v15 – daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.

 

Spr.20v19 – wie met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar – laat jou dus nie in met een wat sy lippw laat oopstaan nie.

v20 – wie sy vader of moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.

 

2Kor.12v 20 – Paulus – dat daar miskien sal wees twis, jaloersheid, toornigheid, verdeeldheid, kwaadsprekery, nuusdraey, verwaandheid en wanordelikheid.

 

Spr.10v18 – hy wat haat verberg, het valse lippe – en hy wat skindertaal uitstrooi, is ‘n dwaas.

 

Rom.3v13 – niemand kan goed doen nie – hul keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog – die gif van adders is onder hul lippe.

 

Exod.20v7 – jy mag die Naam van die Here jou God NIE YDELIK GEBRUIK NIE< want die Here sal die een wat SY NAAM YDELIK GEBRUIK, NIE ONGESTRAF LAAT BLY NIE.

 

Wat in jou hart is kom by jou mond uit

 

Kol.3 – wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word –

Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes, gierigheid wat afgodediens is –

waardeer die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het –

Maar nou moet julle aflê toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit jul monde –

lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oumens met sy werke afgelê het.

 

Julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot KENNIS NA DIE BEELD VAN SY SKEPPER.

 

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid, verdra mekaar, vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het, soos Christus julle vergeef het.

 

Beklee julle bo alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

 

Heb.3v12-13 – bewaar jouself van ‘n bose en ongelowige hart en van die Lewende God afvallig word nie – vermaan mekaar elke dag i sagmoedigheid en liefde , sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.

 

Die tong is die giftigste en afbrekendste instrument om af te breek en te vernietig en kan

jou voor die groot wit troon van God laat staan in die oordeelsdag.

 

Want volgens ons woorde gaan ons geoordeel word – of dit goed of sleg was.

 

Volgens Jak.3 besit die tong die krag van lewe of dood.

 

Jak.1v26 – as iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is SY TONG NIE IN TOOM KAN HOU NIE, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.

 

Jou tong kan jou in ‘n verkeerde rigting lei.

As ons onwaarhede spreek glo ons hart dit en bely ons tong onwaarhede.

 

Ons word met ‘n bose tong gebore – Ps.51 – sê Dawid – ek is in sonde ontvang en gebore.

 

Jak.3v10 – uit dieselfde mond kom seën en vervloeking.

 

Laat ons ons monde gebruik om goeie dinge te spreek oor onsself, ons kinders, ons finansies, oor almal met wie ons saamwerk of teëkom op ons lewenspad.

 

‘n Sleutel is as ons emosies bietjie wil opstaan, kom ons bid in ons hemelse taal, deur God die Heilige Gees.

Hy weet wat ons behoeftes is, en Hy weet wat God se wil in die omstandighede is.

Dit bring vrede en kalmte in ons gemoed

 

Dit is deel van ons wapenrusting.

Efes.6v17 – neem aan die helm van verlossing ( => om met geloof na ‘n saak te kyk – Jesus in die saak te sien -) en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God  –  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid BID IN DIE GEES – en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.

 

Judasv20 – maar julle geliefdes, moet julleself opbou in julle allerheiligste geloof en IN DIE HEILIGE GEES BID.

 

Dit is ‘n Goddelike suiwer taal waarmee ons God kan verheerlik en aanbid.

 

Gen.11v1 – aan die begin het die hele aarde dieselfde taal gehad met dieselfde woorde.

 

Kan dit moontlik wees dat hiedie taal wat hulle gepraat het ‘n Hemelse taal was.

 

v4 – en die mense het gesê – kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot in die hemel reik – en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

 

v5-6 – toe daal die Here neer en Hy sê – daar is hulle nou een volk en almal een taal – en dit is net die begin van hulle onderneming – nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

v7 – kom, laat Ons neerdaal en hulle taal verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.

 

Volgens hierdie tekste was dit moontlik dat as hulle in hulle taal bid dit vir hulle moontlik sou wees om so ‘n toring te bou.

Om te roep wat nie bestaan tot dit wat nie moontlik was nie.

 

v8-9 – die Here het hul oor die hele aarde verstrooi en hulle het opgehou om die stad te bou. – daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.

 

God het nie die een taal wat hul gepraat het, heeltemal weggeneem nie.

 

Sefanja3v9 – want dan sal Ek aan die VOLKE REIN LIPPE TOEBRING, SODAT HULLE ALMAL DIE NAAM VAN DIE HERE SAL AANROEP EN HOM MET ‘N EENPARIGE SKOUER SAL DIEN.

 

Met Jesus se koms en kruisiging het God weer daardie eerste eenmalige taal teruggegee.

Die Heilige Gees het almal wat daar was se lippe aangeraak en hul het ‘n goddelike hemelse taal ontvang.

 

Hand.2 – die uitstorting van God die Heilige Gees – weer verwarring van taal soos in Gen.11.

daar het skielik uit die hemel ‘n geluid soos ‘n geweldige rukwind , die hele huis gevul – tonge soos die van vuur wat hulself verdeel het, het op elkeen gaan sit – almal is vervul met die Heilige Gees en begin spreek in ander tale, soos die Heilige Gees aan hulle gegee het.

 

Almal was verbaas en verwonderd – en sê vir mekaar – is almal dan nie Galileërs nie – Parthers, Meders, Elamiete, inwoners van Mesopotamië, Judea, Kappadocië, Pontus, Asië, Frigië, Pamfilië, Egipte, streke van Libië by Cirene, Romeine, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die GROOT DADE VAN GOD SPREEK.

 

Hand.2v26-27 – sê Dawid – my hart is bly en my TONG JUIG, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop – want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of U Heilige oorgee om verderwing te sien – U het my die weê van die lewe bekend gemaak, U sal my vervul met vreugde voor U aangesig.

 

Ons tonge is daar om God te verheerlik

 

Ps.16 – die Here is die deel van my erfenis en van my beker – U onderhou my lot – die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja my erfenis is vir my mooi – ek sal die Here loof wat my raad gegee het, selfs in die nag vermaan my niere my – ek stel die Here altyd voor my, omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie – daarom is my hart bly en my eer juig, ook sal my vlees in veiligheid woon – want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie – U sal nie toelaat dat U gunsgenoot verderwing sien nie – U sal my die pad van die lewe bekend maak, versadiging van vreugde is voor U aangesig, lieflikhede in U regterhand, vir ewig.

 

Ons loop in God se Heerlikheid wanneer ons in ons taal bid.

 

OM ALTYD IN SY TEENWOORDIGHEID TE WANDEL!

 

Adam en Eva het Sy teenwoordigheid verloor.

Jesus het gekom om dit te kom herstel.

Gen.3v8 – – en hulle het die stem van die Here God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie – en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die Here God tussen die bome van die tuin.

 

Adam en Eva het gewys ons kan God se Teenwoordigheid verloor.

 

Hand.3v14 – Sy Kind Jesus wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën – julle het die Heilige Regverdige verloën en gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk sou word – die Leidsman tot die lewe het julle gedood.

 

Ps.95v1 – kom laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil.

 

Ps.100v1-2 – juig voor die Here, o ganse aarde – dien die Here met blydskap – kom voor Sy aangesig met gejubel.

 

Sy goedertienheid is elke dag oorvloedig.

 

Of dit sleg of goed gaan ons is altyd in Sy Teenwoordigheid.

 

Om in ‘n geestelike taal met God te praat is skriftuurlik.

1Kor.14v2 – want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God – want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede .

v14 – want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.

v15 – hoe staan die saak dan? ek sal in die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid – ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met in my verstand psalmsing.

v16 – as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?

v17 – want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.

v18 sê Paulus – ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal –

v39 – daarom broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

 

1Kor14v4 – hy wat in ‘n taal spreek, STIG HOMSELF – hy wat profeteer, stig die gemeente.

 

Efes.6v17-18 – om in tale in die gees te bid is deel van ons wapenrusting –  en neem aan die helm van verlossing en die SWAARD VAN DIE GEES, dit is die Woord van God – terwyl julle met ALLE GEBED EN SMEKING BY ELKE GELEENTHEID BID IN DIE GEES, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heilige.

 

Judas v20 – maar julle geliefdes, moet julleself opbou in jul Allerheiligste geloof en in die HEILIGE GEES BID.

 

DIT IS ONS ELKEEN SE KEUSE – 1Kor.14v14 – want AS (‘n keuse) in ‘n taal bid . . . . . .

v15 – wil ek of wil ek nie – ons keuse  — glo ons as ons ons mond oopmaak sal ‘n stroom geestelike klanke, ‘n geestelike taal – uit ons mond deur die Heilige Gees tot Vader God spreek.

 

Joh.14 – die Woord praat nooit van God die Heilige Gees as “’n dit nie.”

Hy is die derde persoon in die God-die Drie-eenheid – Vader, Seun en Heilige Gees.

 

Joh.16v26 – al drie in een vers – maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

 

Joh.16v7 – maar Ek sê julle die waarheid – dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan – want as Ek nie weggaan nie. sal die Trooster nie na julle kom nie, maar as Ek weggan, sal Ek Hom na julle stuur.

v12 – nog baie dinge het Ek om om aan julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie.

v13 – maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die Waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei, want HY sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal HY spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

 

Hy is Iemand wat by ons sal wees tot in alle ewigheid.

 

1Kor.v9-10 – wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgeko                           m het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet – maar God het dit aan ons deur Sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die diept van God.

 

Hy is ons HELPER!

Joh.16v 9- Hy oortuig van sonde, OMDAT hulle in My nie glo nie.

v10 – van geregtigheid – OMDAT Ek na My Vader gaa.

v11 – van oordeel – OMDAT die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

 

Hy is my vriend – my krag, my liefde, my Leidsman in alle omstandighede.

 

Hy is my God – Joh.14v16 –  v26 –  Joh.15.v26.

 

Luk.3v22 – al drie was by Jesus se doop teenwoordig.

en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal – en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê – U is My Geliefde Seun, in U het Ek ‘n welbehae.

 

Pinkster was die mees geseënde gawe wat God aan die mens teruggegee het na die verwarring van tale nadat hul ‘n toring tot in die hemel wou bou.

 

Jesus het as ons geregtigheid gekom om geregverdig voor God kan leef.

 

Die Heilige Gees het gekom sodat ons in ‘n geestelike taal met God kan kommunikeer.

 

Hand.1v14 – hierdie belofte is vir almal – hulle ALMAL het eendragtiglik volhard in gebed en smeking saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met Sy broers.

 

                                                           **********

 

                                Waarskuwing teen ‘n slegte vrou!

 

Spr.6v20 – bewaar my seun, die gebod van jou vader, verwerp die onderwysing van jou moeder nie –

v21 – bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals –

v22 – mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word –

v23 – want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysing van die tug ‘n weg tot die lewe –

v24 – om jou te bewaar vir ‘n slegte rou, vir die gevlei van ‘n vreemde tong –

v25 – begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en lat sy jou nie vang met haar ooglede nie –

v26 – want vir ‘n hoer verval ‘n mens tot ‘n stuk brood, en ‘n ander vrou maak jag op ‘n kosbare lewe –

v27 – kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand –

v28 –of kan iemand op ‘n kool gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry  –

v29 – SO IS DIT MET HOM WAT BY DIE VROU VAN SY NAASTE INGAAN – ELKEEN WAT HAAR AANRAAK, SAL NIE ONGESTRAF BLY NIE –

v30 – ‘n dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het –

v31 – EN AS HY UIGEVIND WORD, MOET HY SEWEVOUDIG GEE – AL DIE GOED VAN SY HUIS MOET HY GEE –

v32 – HY WAT OWERSPEL PLEEG< IS SONDER VERSTAND, HY WAT SY EIE LEWE WIL VERWOES, HY DOEN SO IETS –

v33 – SLAE EN SKANDE SAL HY KRY, EN SY SMAAD SAL NIE UITGEWIS WORD NIE –

v34 – want jaloersheid is ‘n toorngloed in ‘n man, EN OP DIE DAG VAN WRAAK VERSKOON HY NIE –

v35 – HY NEEM GLAD GEEN LOSPRYS IN AANMERKING NIE< EN HY WILLIG NIE IN NIE AL MAAK JY DIE OMKOOPGESKENK NOG SO GROOT –

Spr.7 – My seun, onderhou My Woorde en bewaar My gebooie by jou – dan sal jy lewe – en My onderwysing bewaar dit soos jou oogappel – neem My wysheid en verstand as jou suster en vertroueling-

v5 – sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou – vir die ontugtige wat met haar woorde vlei – sy is onrustig en losbandig – ‘n hoer aangetrek en listig van hart – sy kan nie in haar huis bly nie – buitekant dan weer op die pleine om oral te loer –

v7 – ‘n verstandige jongman wat verby gaan naby haar hoek in die rigting van haar huis – sy kies die skemer van van die nag in die donker –

v14 – sy verklaar sy het klaar haar dankoffers gebring, haar gelotes betaal – sy sê eintlik ek was in die kerk en het my beloftes van tiendes en gebede gebring –

v15 – daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesi te soek, en ek het jou gekry –

v16 – 21 – haar bed opgemaak met die beste uit Egipte – haar bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel – laat ons dronk word van die liefde, man uithuisig – laat die wellus oorneem verlei jongman deur mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe.

v22 – sy vang hom soos ‘n bees met voetboeie en lei hom na die slagpale – SONDER DAT HY WEET DAT DIT TEN KOSTE VAN SY LEWE IS.

 

Wellus is ‘n begeerte wat nie bevredig kan word nie – soek altyd almeer

Rom.6v19 – aan wie jy jouself as diensknegte beskikbaar stel om hom gehoorsaam te wees – of van die sonde TOT DIE DOOD, of van die gehoorsaamheid TOT GEREGTIGHEID.

 

Rom.13v14 – beklee julle met die Here Jesus Cheistus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

 

Spr.27v20 – wellus is soos die doderyk – die doderyk is ‘n plek van vertering en word nie versadig nie – so word die oë van ‘n mens nie versadig nie.

 

Wellus lei tot die vleeslike dood – Rom.8v13 – as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

 

‘n Waarskuwing !

 

Dit waarmee ons ons besig hou voordat ons gaan slaap – om na vidoes op tv te kyk – ongewenste leesstof – dit waaraan jy dink voordat jy aan slaap raak -kan jou gedagtes besoedel.

Dit skep oop deure of vensters vir demone om jou te beset.

Demone neem jou gedagtes gevange.

 

Neem as voorbeeld Eva wat deur die slang, satan, vir haar gesê het – is dit so dat God gesê het julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie.

 

Hy besoedel haar gedagtes deur haar daarop te wys – as hul daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat jul soos God sal wees.

 

So kom satan en dit wat wat ons sien wat ons sien val hy ons gedagtes aan en soos jy sien kom die begeerte by jou op en dit gaan oop in dade.

 

Indie begin stry jy moontlik nog teen die begeerte, maar in ‘n swak oomblik gee jy toe aan die begeerte.

 

Hand.20v29 – waarsku Paulus – want ek weet dit, dat na my vertrek WREDE WOLWE onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie – ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan – daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.

 

Dit geld nie net vir ongelowiges nie – gelowiges kan ook beinvloed word sonder dat hul daarvan bewus is.

 

Oppas vir sterre voorspel en vals profete.

 

1Pet.5v8 – wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek eie hy kan verslind.

 

Gevolge => jou besigheid gaan dood – dit beroof jou van seën, blydskap en vrede – jou huwelikslewe gaan dood – verhoudings verkrummel.

 

2Kor.10v3-6 – want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie – want die wapens van ond stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp – terwyl ons planne verbreek en elke skans van God , en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.

Joh.10v1-5 – gelykenis van die goeie herder.

Wie nie by die deur in die skaapkraal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower – hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape – vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem – en hy roep sy skape by hul name en lei hulle uit – hy loop voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken – hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.

 

v16 – Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie – Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na My stem luister, en dit sal wees een kudde, een Herder.

 

v27 – My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

 

Dit is om in ‘n intieme verhouding met die Herder te wees.

Ons word daarmee gebore.

Hy is ons Skepper en ons is na Sy Beeld en Gelykenis geskape.

Almal gelykstaande aan God en met mekaar – liefde is die gom, want God is liefde.

 

Lev.19v17-18 – jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie – jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie – EK IS DIE HERE!

Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie – jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.

 

Ons is almal in een kraal – party nog op die pad om ons Herder te leer ken onder leiding van die Heilige Gees.

 

Gal6v1-2 – broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jyop jouself let, dat jy ook nie versoek word nie – dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.


************

 

Rom.10v15 – hoe lieflik is die voete van die wat die Evangelie van vrede vrtkondig, van die wat die Evangelie van die goeie verkondig.

 

v16 – Jesaja sê – wie het ons prediking geglo?

 

Jes.53v1 – aan wie is die arm van die Here geopenbaar?

Jes.28v9-11 – vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak – vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is – want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël , hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie – ja hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek. (spreek in ‘n geestelike taal deur God die Heilige Gees.)

 

Rom.10v17 – die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.

 

Hand.13v 38-39 – laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word – en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

 

Jes.50v4-7 – die Here Here het My ‘n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde – Hy wek elke môre – Hy wek My oor OM TE HOOR soos die leerlinge – die Here Here het my oor geopen en Ek was nie wederstrewig nie – Ek het nie agteruitgewyk nie – Ek het My rug gegee vir die wat slaan, en My wange vir die wat die hare uitpluk – My aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.

 

Deur gereeld na die Woord te luister word ons gedagtes vernuwe – soos ons dink so doen ons liggaam.

 

2Tim.3v16-17 – die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing, in die geregtigheid – sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

 

Wees toegerus met die Woord wat die Waarheid , Jesus, die Gekruisigde, die Opgestane Christus is.

 

2Tim.4 – verkondig die Woord, hou aan tydig en ontydig – weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering – want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede – en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

                                                                    

                                                            ***********

 

Spr.30v5-9 – elke Woord van God is gelouter –

 Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil –

 voeg by Sy Woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as leuenaar openbaar word nie.

 

‘n Gebed – twee dinge vra ek van U –

onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie –

hou valsheid en leuentaal ver van my af –

gee my nie armoede of rykdom nie –

laat my geniet die brood wat vir my bestem is –

dat ek nie,

as ek oorversadig geword het –

U verloën nie –

en sê – wie is die Here –

dat ek nie, as ek arm geword het –

steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.

                                                          

God het ons geskape om Sy stem te hoor.

Deur Sy stem te hoor is ons een met Hom in ‘n intieme, Goddelike verhouding.

In Luk.10v41-42 – sê Jesus aan Martha – Martha, Martha jy is besorg en verontrus oor baie dinge –            MAAR EEN DING IS NODIG –

Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem SAL word nie.

 

God praat deur omstandighede – 

vrede te ervaar, in besluite en keuses wat ons moet neem –

drome en in gedagtes–

Mat.1v20 Josef – maar terwyl hy dit in die GEDAGTE gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n DROOM aan hom en sê – Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.

Deur terwyl ons die in die Bybel lees.

Die stil stem van die Heilige Gees.

 

Ander mense kan nie vir ons God se stem hoor nie.

Dit kan deur die Woord wat iemand preek ‘n boodskap of deur iemand wat deur ‘n profesie jou vir jou rigting gee.

 

                                                                     *************

 

Kol.2v2 –-Gebed => ons dank U, God en Vader van Jesus Christus, in wie al die die skatte van wysheid en kennis verborge is, dat ons in U saamgevoeg is deur die liefde tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig om hierdie verborgenheid te leer ken.

 

Heb.6v11 – mag elkeen van ons dieselfde ywer toon om te kom tot die volle sekerheid van die HOOP tot die einde toe – mag ons nooit traag word as navolgers van hulle wat wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is –

v17 – daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van Sy Raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg –

v18 – sodat ons deur twee ONVERANDERLIKE dinge, waarin dit ONMOONTLIK is dat God sou lieg, KRAGTIGE BEMOEDIGING kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die HOOP wat voorlê –

v19 – en ons het dit as ANKER van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel –

v20 – waar Jesus as VOORLOPER vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n Hoëpriester geword het vir ewig.

 

                                                            *************

 

Ps.145 – o my God, o Koning, ek wil U verhoog en U Naam loof vir ewig en altyd –

  • elke dag wil ek U loof en U Naam prys vir ewig en altyd –
  • die Here is groot en baie lofwaardig, en Sy grootheid is ondeurgrondelik –
  • ek wil spreek van die glans van U heerlike majesteit en van U wonderdade –
  • genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid –
  • die Here is vir almal goed, en Sy barmhartigheid is oor al Sy werke –
  • al U werke loof U, o Here, en U gunsgenote prys U –
  • die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in Waarheid –
  • Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle –
  • die Here bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose –
  • my mond sal die lof van die Here uitspreek, en laat alle vlees Sy Heilige Naam loof vir ewig en altyd.