Die nuwe skepping en genade!

Die nuwe skepping en genade!

Gen.2v16 => en die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê – van al die bome in

die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van kennis van goed en kwaad, daarvan

mag jy nie eet nie, WANT DIE DAG AS JY DAARVAN EET, SAL JY SEKERLIK

Adam het gefaal en die hele mensdom in die grootste ellende en beproewing

gedompel deur sy ongehoorsaamheid.

Dankie vir ‘n tweede Adam wat gekom het om te herstel wat die mens verloor het.

Ons volg God se pad deur die Ou Testament, waar elke vers getuig van die koms

van die tweede Adam, Jesus, die wêreld se Verlosser.

Van die Pasga tot by die berg Sinai het God geen opdragte aan die volk Israel gegee nie.

Met hul uittog uit Egipte na die beloofde land het hulle aanmekaar gemurmureer =>

By Mara het hul gekla oor die water bitter was – op bevel van God het Moses ‘n stuk

hout ingooi wat die water soet gemaak het – hul het gekla oor vleis – God het kwartels

gestuur – manna vir elke dag se voedsel – 2 keer water uit die rots – niemand het siek

geword of gesterf nie – hul klere en skoene het nie te klein geword of verslyt nie.

Exod.19 => die aankoms by Sinai.

God aan die volk => julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenare gedoen het – Ek het

julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring.

Die volk moes hul heilig en hul klere was.

God daal op die berg neer.

God se opdrag => pasop dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie – elkeen wat

die berg aanraak sal sekerlik gedood word, gestenig of met ‘n pyl gedood word.

God se opdrag aan Moses => baken die berg af en heilig dit.

Hy gee die wet aan Moses.

Hy self skryf met Sy vinger die tien gebooie op twee kliptafels.

In die tussentyd het die volk van die goud en silwer wat hul uit Egipteland gebring het ‘n

kalf gemaak onder leiding van Aäron.

Moses het so kwaad geword dat hy die twee kliptafels stukkend gegooi het.

Deut.28 => die seëninge en die vloeke van die wet.

V14 => as jy nie links afwyk van al die woorde wat Ek julle vandag beveel, om agter

ander gode aan te loop om hulle te dien nie.

Die wet het hul nie geleer nie maar hul vernietig as hul ongehoorsaam was

V20-22 => die Here sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar

jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen, totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die

boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het – die Here sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy

jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem – die Here sal jou swaar tref met tering

en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuning dou – en hulle sal jou vervolg

V27 => die Here sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte

en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie –

V59-67 => nog meer vervloekinge.

430 jaar voor die wet sluit God ‘n verbond met Abraham.

Uit sy beloofde seun Izak, sal die Verlosser kom wat die hele wêreld sal loskoop van

Adam se sonde.

Gal.3v13-14 => Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n

vloek te word – want daar is geskrywe – vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang – sodat

die seën van Abraham na die heidene kan kom IN Christus Jesus, en dat ons die

belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

God se heiligheid maak dat Hy nie ons sondes kan onthou nie – daar is dus geen

meer veroordeling vir die wat IN Christus is nie – Rom.8v1.

Voor die wet is geen een van die Israeliete gestraf omdat hul ongehoorsaam was nie.

Na die wet sterf daar 3000 a,g,v, hul ongehoorsaamheid.

Die wet, die beeld van die kennis van die boom van goed en kwaad, het hul bewus van

sonde gemaak en die seëninge en vloeke van Deut.28 het in werking getree.

Na Jesus se kruisdood en Sy opstanding begin ‘n nuwe verbond IN Christus.

God kyk na ons deur Christus se bloed.

Vader op Sy troon – Christus staan voor Hom – Vader sien nie vir ons agter Hom nie –

Hy sien ons IN Sy Seun – Sy Seun se geregtigheid bedek ons.

Onder die wet het die profete van God tot die volk gespreek.

Die hoëpriester het voor God gestaan met die bloed van diere vir die sondes van die

Israeliete – dit moes elke jaar herhaal word.

Christus, ons ewige Hoëpriester, het eenmaal eens en vir altyd vir die sondes van die

wêreld gesterf en leef vir altyd om vir ons in te tree as ons Hoëpriester – Rom.6v11.

God oordeel ons volgens ons Hoëpriester, Christus wat sondeloos en heilig is.

Soos Hy volmaak is, is ons volmaak IN Hom in hierdie wêreld.

1Joh.4v17 => hierin het die liefde by ons volmaak geword – dat ons vrymoedigheid kan

hê in die oordeelsdag – want soos Hy is, is ons in hierdie wêreld.

Die Heilige Gees maak ons net bewus van een sonde => ONGELOOF!

Hy maak ons bewus dat ons die geregtigheid van God is IN Christus.

Jesus is aan die kruis in ons plek veroordeel sodat ons vry kan wees.

Daarom reken ons ons dood vir sonde, maar lewend vir God IN Christus –

Soos Christus vir God aanneemlik is, is ons IN Christus vir God aanneemlik.

Soos Hy by God geliefd is, is ons in Hom geliefd by God.

Hy is vry van veroordeling daarom sê Rom.8v1, daar is NOU GEEN

VEROORDELING vir ons IN Christus nie.

Toe Petrus vir Jesus vra omtrent Johannes wat op Sy bors gelê het – Jesus antwoord hom

=> dit gaan jou nie aan nie, volg jy My.

Dit betaam ons om nie omtrent ander Christene uit te vis nie – dis ‘n saak tussen hul

en God, so ook met ons.

Kyk in alles eers na Jesus i.p.v. na die wêreld.

Die wêreldse dinge laat ons stres en maak ons bevrees.

God se liefde is volmaak – ons liefde onder mekaar is onvolmaak, tensy ons weet dit is

Christus IN ons se liefde, as ons, se liefde teenoor mekaar.

1John.4v17b – hierin het die liefde in ons volmaak geword – soos Jesus in die hemel

is, so is ons in hierdie wêreld.

Toe Jesus daar aan die kruis gehang het, was al ons sondes, siektes, pyne, virusse,

probleme, situasies en omstandighede op Hom – HY het toe alreeds daarvoor betaal –

toe Hy Sy asem uitblaas en sterf, is Sy liggaam met al hierdie vyande van die mens saam

met Hom begrawe – Hy staan op, en in Sy opstandingslewe het Hy die Oorwinnaar in

ons geword, as ons, oor al hierdie dinge in die wêreld => soos Hy IS, IS ons in hierdie

God kan ons nie meer liefhê as wat Hy ons alreeds het nie.

Met dieselfde liefde waarmee Hy Sy Seun liefhet, het Hy ons IN Christus lief.

Vader kyk na Jesus om ons waarde te bereken.

Ons kennis van Hom en Sy karakter, bepaal hoe ver ons IN Hom gegrond en gevestig is.

Hoe vernuwe is ons gedagtes deur die Heilige Gees – openbaringskennis deur Hom

bepaal hoe ons Christus IN ons se karakter uitleef.

Die sleutel is => Bybelstudie van die regte Evangelie => die Evangelie van genade soos

deur Jesus self aan Paulus geopenbaar is – Gal.1.

Dankie Vader vir Jesus se gebed in Joh.17v22-23 => Ek het hulle die heerlikheid (U

ewigheidsplan) gegee, wat U My gegee het, sodat hulle EEN kan wees, net soos ONS

EEN IS – Ek IN hulle en U IN My, sodat hulle VOLKOME EEN kan wees – en dat

die wêreld kan WEET dat U My GESTUUR het, en hulle LIEFGEHAD het net soos

U My LIEFGEHAD HET.

Joh.3v16 sê – “want” => dit verwys na v15 “sodat” elkeen wat IN hom GLO, nie

verlore MAG gaan nie, maar die ewige lewe KAN hê.

V14 => soos Moses die (koper) slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun

van die mens verhoog word.

Jesus as die Lam het ons sondes weggeneem.

Die koperslang => soos ons gelyk en gewees het onder God se veroordeling oor

Ons het soos satan gelyk met sy lewe, natuur en karakter van bose werke.

Die koperslang => beeld van satan wat die mens verlei het –

Koper => beeld van Christus se lyding.

Toe Jesus op die kruis tussen die hemel en die aarde verhoog is, het Hy satan met al

sy booshede oorwin wat die mens onder God se veroordeling geplaas het.

Jesus was soos ons, as sondaars, aan die kruis, sodat ons in die wêreld alreeds in die

hemel is, IN Christus.

Rom.8v4 => sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat NIE na die

VLEES wandel nie, maar na die GEES.

1Joh.4v17 – As ons dit GLO, het ons vrymoedigheid in die oordeelsdag.

*************************

Kol.2v13-16 => julle wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle

vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het.

Ons het meer as wat Adam verloor het.

Ons beloftes is in “RUS”.

Rus is in ons gees, Christus in ons gees is ons rus => deur Sy kruisdood-werke wat Hy

volkome, volmaak, voltooi en vervul het deur Sy dood.

Sy opstanding is die bewys, dat alles afgehandel is sodat ons as mense weer ons plek

voor God kan inneem soos Adam met God gewandel het.

Christus IN ons is nou ons identiteit => geregverdig voor ons Vader => het gemeenskap

met Hom al faal ons partykeer => dit kanseleer nie ons geregtigheid en gemeenskap

(fellowship) met Hom nie, want Vader sien ons IN Christus => Hy is die enigste

regverdige voor Vader => soos Hy na die wêreld gekom het uit die boesem van Sy

Vader, het Hy weer teruggegaan in die boesem van Sy Vader Joh.1v18 – Joh.13v3 =>

ons is in alles deelgenote van Christus.

Soos Christus is, is ons in hierdie wêreld.

Pyn Sy bene en heupe?

Glo ons dit is die waarheid? => Hy is die Waarheid en die Heilige Gees van die

Waarheid sal dit aan ons openbaar.

Ons beloofde land is “RUS” => om te glo en te vertrou, dit is ons oorwinning in

siekte, omstandighede en situasies op ons lewenspad.

Ons sit in hemelse plekke IN Christus, dit is ons rigtingwyser in ons elke dag se

wandel hier op aarde.

Baie keer a.g.v. gebrek aan kennis probeer ons God se genade, Sy guns verdien wat

ons alreeds IN Christus het.

In omstandighede en situasies is dit Hy wat opstaan.

Hy sit in hemelse plekke as die Alleen-Oorwinnaar, as ons.

Hy het klaar aan die kruis betaal vir ons omstandighede en situasies, as ons.

Vader neem nie die omstandighede en situasies weg nie – die Heilige Gees leer ons om

na Jesus aan die kruis te kyk as die Een wat as offer, klaar betaal het – as die opgestane

Christus in wie ons die oorwinning het – ons geloof en vertroue is die sleutel om net stil

te wees, in Hom as ons Hoop, wie as die LIG die omstandighede en situasies hanteer, as

ons – agterna staan ons verwonderd hoe Hy dit hanteer en opgelos het.

Byvoorbeeld => iemand het ons te na gekom en ons het skade gely => ons gee oor aan

Hom – Hy het klaar die offer gebring vir daardie persoon se vergifnis – as Hy nie die

persoon veroordeel nie, veroordeel ons ook nie, want ons stel ons geloof en vertroue in

Hom hoe Hy dit klaar hanteer het – Sy bloed bedek alle onreg – dis waarvoor Hy gesterf

het – vir vergifnis om mekaar nie te veroordeel nie – want Hy veroordeel niemand nie

– Sy liefde vir elkeen van Sy skeppinge, met al hul tekortkominge is onvoorwaardelik –

daarom Sy opdrag => dat ons mekaar sal liefhê soos Hy ons liefgehad het, deur Sy Seun

te stuur na hierdie wêreld van liefdeloosheid en boosheid.

Solank ons na Christus in ons kyk, is Hy ons voorsiening vir alles wat ons benodig.

Omstandighede, situasies en probleme vernietig ons nie, maar maak ons sterk.

Jesus moes Sy kruis self dra, maar Hy het Sy Vader vertrou in al Sy swaarkry en lyding.

Om God in en vir alles te vertrou is Hom welbehaaglik.

Geloof werk as ons God vir en in alles vertrou.

Om teleurgesteld in onsself te wees, is selfregverdigmaking => verkeerde identiteit =>

om op ons self te vertrou i.p.v. in Jesus se kruisdood-werke wat Hy volbring het => deur

te vertrou wat die Opgestane Christus IN ons, as ons geword het, met Sy identeiteit.

Vader beoordeel ons volgens Christus IN ons se geregtigheid.

Vader kyk met Sy Heilige oë na Christus IN ons, om ons raak te sien.

Jesus het gekom om slegte mense goed te maak – om die wat geestelik dood is lewend te

Om elke dag net te vra vir die manna vir daardie dag, weet ons Hy het alreeds voorsien,

vir die goeie maar ook vir die slegte.

Ons vra baie keer die vraag – hoekom kry goeie mense swaar?

Rom.3v9-20 => almal het gesondig – niemand is regverdig of verstandig nie – almal het

afgewyk en ontaard – pleeg bedrog met hul tonge – die gif van adders is onder hul tonge

– hul mond vol vervloeking en bitterheid – hul paaie is verwoesting en ellende – die weg

van vrede ken hul nie – haastig is hul voete om bloed te vergiet – volgens die wet wat

God se karakter is, is die hele wêreld voor Hom doemwaardig – uit die werke van die

wet kan geen vlees voor Hom geregverdig word nie, want deur die wet is die kennis van

*************************

Eseg.44 => die drag van priesters => beklee met linneklere – geen wol mag aan hul

gewees het nie – linnehooftooisels op hul koppe – linnebroeke op hul heupe – mag

hul nie bedek met iets wat hul laat sweet nie – hierdie klere moes in die buitenste voorhof

uitgetrek en daar gehou word – mag nie so aan volk verskyn het nie.

Sweet was ‘n vloek.

Fyn linne is Christus se geregtigheid, waarmee ons as weergeborenes geklee is, wat

*************************

Ken ons die ware Evangelie, die Evangelie van Genade, soos Jesus

Christus dit self aan Paulus in Arabië geopenbaar het

Gal.1v6-10 => Paulus val die Galasiërs aan omdat hul afvallig geword het van die

Gered deur geloof en in genade bewaar.

Christus word verheerlik as die Evangelie van Genade gepreek word, want genade is ‘n

persoon, Jesus Christus.

Jesus Christus, is genade met ‘n ander Evangelie => die Evangelie van genade.

Christus en die Heilige Gees word bedroef as ‘n ander Evangelie gepreek word – daarom

die sterk woorde in 8-9 => al sou ‘n engel of enigiemand anders julle ‘n ander

Evangelie verkondig => LAAT HOM ‘N VERVLOEKING WEES.

Die enigste plek in die Bybel wat aangeteken is dat Jesus kwaad was – Mark.3v1-

6 – hul het kapsie gemaak nie teen die genesing van die man met ‘n verdorwe hand nie,

maar omdat Hy dit op ‘n Sondag gedoen het.

V5 => Hy het hul met TOORN aangekyk en tegelykertyd bedroef was oor die

hardheid van hulle harte.

Hul hardheid van hart was ‘n gebrek aan genade aan die man.

Efes.4v29-30 => laat daar net woorde uitgaan wat goed is en vir die nodige stigting,

sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor – en bedroef nie die Heilige Gees van

God nie = > verwys na vorige vers – as dit NIE ‘n woord wat goed is en stig NIE,

sodat dit GENADE kan gee aan die wat dit hoor.

Mark.10v13-16 – die enigste plek in die Bybel wat aangeteken is dat Jesus ontevrede

was en die dissipels KWALIK geneem het omdat hul die kindertjies verhinder het

om na Jesus te kom, en VERHINDER hulle nie, want aan diesulkes behoort die

koninkryk van God.

Hy het Sy arms om hulle geslaan, Sy hande op hul gelê en hul geseën.

God het nie ‘n engel of enigiemand anders uit die hemel gegee nie, maar Hy het Sy

beste, SY ENIGGEBORE SEUN GEGEE, sodat die wat glo NIE verlore sal gaan

nie, maar die EWIGE LEWE kan hê.

Hierdie Evangelie is nie net ons guns by God nie maar ook ons medisyne en voorsiening.

Satan gebruik die Evangelie om mense te mislei.

Wat gebeur in die wêreld vandag?

Hierdie Evangelie van genade word van die preekstoel afgeskuif, en ‘n gemengde

Evangelie word verkondig wat mense se ore streel.

Die wet van Moses en die Evangelie van genade van Paulus word vermeng.

Wat verkies ek en jy?

Die Evangelie van genade en God se seën, OF ‘n ander Evangelie, en God se

Wat is die vrug daarvan?

Strukture val uitmekaar – bedieninge kom tot ‘n einde.

2Kron.12v9-10 => Sisak, koning van Egipte val Jerusalem binne en verwyder al die

skatte, asook die goue kruike wat Salomo gemaak het – koning Rehabeam maak in die

plek daarvan koperskilde.

Goud => beeld van geregtigheid en geloof – die skoonheid van fyn linne van

geregtigheid – Open.19v8.

Koper => beeld van veroordeling – satan gebruik dit om mense te mislei.

Juda v4 => waarskuwing – sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is

vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God VERANDER in

ongebondenheid, (losbandigheid) en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus

Christus verloën het.

V11 => weë hulle wat die weg van Kaïn bewandel in die verleiding van Bileam (wat

die loon van ongeregtigheid liefgehad het – 2Pet.2) – en Korag (wat in opstand teen

Moses en Aaron omgekom het.)

Die Evangelie van genade plaas Jesus, die Opgestane Christus as die middelpunt

van alles in Sy ewigheidsplan.

Jer.3v14-15 => belofte van God aan almal wat hul tot Hom keer => Ek sal julle

neem, een uit ‘n stad en twee uit ‘n geslag en sal julle in Sion bring – en Ek sal aan

julle gee HERDERS na My hart, wat julle sal oppas met KENNIS EN VERSTAND.

Ons beleef dit vandag ook al meer en meer.

Vir hul wat smag na meer kennis vir ‘n intieme verhouding met God plaas hy herders,

wat die Heilige Gees toerus met openingbaringskennis en verstand om Sy kinders te lei in

die Evangelie van genade en in waarheid.

Die wonder daarvan, Hy lei Sy leergierige kinders, deur die tegnologie, na hierdie herders

dwarsoor die wêreld.

*************************

Die sleutel van die huis van Dawid!

Sien God se goedheid!

Jes.22v22 => Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op Sy skouer lê (Jes.9v6) en Hy

sal oopmaak, en niemand sal sluit nie`(Open.3v7-8 God gee ‘n geopende deur vir die

gemeente van Philadelfia en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy

het My Woord bewaar en My Naam nie verloën nie) en Hy sal sluit, en niemand sal

Jesus is die sleutel – die sleutel is in Sy deurboorde hand – ‘n geestelike sleutel.

Wat God toegemaak het kan niemand oopmaak nie.

Jes.22v23-24 – ‘n profesie van Jesus => en hulle sal aan Hom (Jesus) ophang die hele

swaarte van die huis van Sy Vader, die spruite en die wilde lote (heidennasies) al die

klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike (ons die kruike met Jesus die Skat)

Ons hang aan Jesus.

Open.3v7 => dit sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat

oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie.

Jesus Christus IN ons, as ons, is die Heilige, die volmaakte Oorwinnaar in hierdie

God sluit en open vroue se skote.

Lea was nie die geliefde, en God het haar skoot geopen.

Gen.30v22 => Ragel was onvrugbaar – en God het aan Ragel gedink, en God het haar

verhoor en haar skoot geopen.

God het na haar geluister!

Job.3v10 => Job – Job vervloek sy geboortedag => omdat Hy vir my NIE toegesluit het

die deure van die moederskoot nie en moeite vir my verberg het.

Hand.14v27 => God open deure van geloof en lofprysing – Paulus in Antiochië – toe

hulle daar kom en die gemeente saamroep, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat

God met hulle gedoen het, en dat Hy ‘n deur van geloof vir die heidene geopen het.

V26 => in Antiochië is hulle aan die genade van God opgedra vir die werk wat hulle

ð Gebed is ‘n sleutel waardeur geloof vloei.

ð Lofprysing is ook ‘n sleutel.

Ps.103v1-22 => ‘n lofprysing vir God, vir Sy genade en barmhartigheid.

2Kor.2v12 => toe Paulus in Troas kom om die Evangelie van Christus te verkondig,

hoewel ‘n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad

nie, omdat ek die broeder Titus nie aangetref het nie.

Open.1v16-18 => soos Johannes Hom gesien het – in Sy regterhand die sewe sterre – ‘n

skerp tweesnydende swaard uit Sy mond – Sy aangesig soos die son wat skyn in sy krag

– Johannes val voor Hom neer – met Sy regterhand op Johannes verklaat Hy – moenie

vrees nie – Ek isdie eerste en die laaste – die lewende – Ek was dood en kyk, Ek leef

tot in alles ewigheid – EK HET DIE SLEUTELS VAN DIE DODERYK EN VAN

God se bedoeling was dat die aarde die plek sou wees waar die mens ewig sou leef –

gesond en ewig jonk.

Adam het dit verloor, maar Jesus het gekom om die mens weer heel te maak.

Heb.2v9 => Maar ons sien Hom –naamlik Jesus wat vir ‘n kort tydjie minder as die

engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat

Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

Sodat Hy deur wie alle dinge is, baie kinders na die Heerlikheid wou bring, om die

bewerker van hul saligheid deur lyde te volmaak –

V14 => om hom tot niet te maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel.

God spaar Johannes om sy bediening, sy openbarings wat hy op Patmos ontvang het,

op te skryf – hy word in ‘n pot kokende olie gegooi wat so warm was dat die wat naby

gekom het ook verskroei was – hy het uitgeklim sonder dat ‘n haar aan sy liggaam

Een deur wat God nie sal toemaak nie => Open.3v20 => kyk Ek staan by die deur en ek

klop – as iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en

saam met hom maaltyd hou, en hy met my.

Die ongeredde moet van binne af oopmaak.

As geredde kan niemand ons hel toe stuur nie, Jesus se bloed het die volle, volmaakte

prys betaal – as Hoëpriester wat ewig leef is Hy ons getuie as die volmaakte offer.

Open.1v16-18 => Jesus alleen het die sleutel van die hel => “Ek het die sleutels van

die doderyk en van die dood!”

1Kor.16v8-9 => Paulus aan Christene in Jerusalem – maar ek sal in Efese bly tot

Pinkster – want ‘n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie

Kol.4v2-3 => ‘n oproep van Paulus aan die Kolossense – volhard in die gebed en waak

daarin met danksegging – bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die

Woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook

Gebed en lofprysing is ‘n deur na genade.

Ons kan nie, maar God kan.

Die Evangelie van die “verborgenheid, Christus IN ons, ons Hoop van Heerlikheid”

is die waarheid van die Evangelie van genade.

Die vlees het geen aandeel, deur werke, aan hierdie Evangelie nie.

Dit is ‘n Verborgenheid in God wat vir eeue verswyg was, maar nou in die laaste dae aan

die heiliges geopenbaar word – Kol.1v25-26.

Gal.1v1-6 => waarsku Paulus die Galasiërs dat hul is besig om weg te beweeg van die

Evangelie van genade.

Die Evangelie van genade se vrug is Christus in ons, ons geregtigheid – die enigste

Evangelie wat God behaag.

2Kron.12v9-10 => hoe subtiel die mens verlei kan word.

Sisak, die koning van Egipte verwyder die goue skilde ( beeld van geloof wat die

gelowige se skans teen verleiding is => fyn linne van God se geregtigheid) –

Rehabeam plaas in die plek daarvan koperskilde ( bring veroordeling en lyding –

aanmekaar oorloë teen Israel.)

Soos satan Adam en Eva verlei het, so het hy Israel, God se volk, verlei.

Satan verander wit na swart, en swart na wit.

Hy gebruik die mens om soos in Israel se geval, veroordeling en oorloë oor Israel te bring

deur die omruil van goud na koper.

So word die Evangelie van genade afgewater na ‘n mengsel van genade en die wet, deur

te werk vir God se genade, a.g.v. van skuldgevoelens by die weergeborenes.

Gal.5V4 => julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus,

julle het van genade verval.

Judas v4 => want sekere mense het ingesluip wat lank van tevore al opgeskrywe is

vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in

ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.

V11 => wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel, en om loon, hulleself in

die verleiding van Bileam gestort, en in die verset van Korag omgekom.

Kain moes ‘n bloedoffer gebring het soos Abel sy broer, toe word hy kwaad omdat God

nie sy offer wou aanvaar nie, maar Abel s’n, en vermoor Abel.

As God ons seën kan niemand dit van ons wegneem nie.

Soos Jesus is, so is ons in hierdie wêreld.

1Kor.1v19-30 => God se wysheid teenoor die wêreld se wysheid.

God se wysheid, openbaringskennis deur die Heilige Gees, wat die gelowige se verstand,

sy gedagtes vernuwe.

Kennis van Sy genade deur geestelike, openbaringskennis deur die Heilige Gees behaag

Ons is God se plan – ons het geen aandeel daarin, deur iets wat ons gedoen het, waarvoor

ons beloon moet word, of om op te roem nie.

Gal.1 Getuig daarvan – God se ewigheidsplan vir die mens, Sy skeppinge.

1Kor.2v7-16 => dis ‘n wysheid van God wat bestaan in verborgenheid wat bedek

was en wat God voorbeskik het tot ONS heerlikheid – ons het nie ontvang die gees

van die wêreld nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan WEET wat God

ons uit GENADE geskenk het – nie woorde van menslike wysheid nie, maar die

wat die Heilige Gees LEER, sodat ons GEESTELIKE dinge met GEESTELIKE

kan vergelyk – die vleeslike mens neem die dinge nie aan nie, want hy kan dit nie

verstaan nie, omdat dit GEESTELIK BEOORDEEL word – ons as geestelikes het

die sin van Christus.

Dit is geestelike sleutels waarvan gepraat word => Christus is die geestelike sleutel,

wat IN ons as Vader se geestelike wesens, IN ons innerlike deure oopsluit na dieper

kennis van Hom, en toemaak, om ons te beskerm teen die vyand se misleiding.

Hand.16v15 => in Filippi het Paulus hulle na die bidplek gegaan en Lidia die

purperverkoopster daar raakgeloop – die godsdienstige vrou het GELUISTER en

die Here het haar hart geopen om ag te gee oor wat Paulus gespreek het – sy het

GEGLO en sy en haar huisgesin is gedoop en sy het hulle gedwing om daar oor te

V25 => Paulus en Silas is gevange geneem en in die tronk gegooi – hulle het God

geloof en geprys – na middernag het God die deure en die boeie oopgemaak en hulle

Hulle het gebid en tot God lofliedere gesing, alhoewel hul geslaan en aan soldate

vasgeboei was.

God het vir hulle die deur van vryheid geopen.

Wat die mens sluit kan God oopmaak.

Wat God oopmaak kan geen mens sluit nie.

V27 => God maak vir hul ‘n deur oop tot die tronkbewaarder se hart.

V30 => en hy het hulle na buite gebring en gevra, menere wat kan ek doen om gered

V31 => GLO IN die Here Jesus Christus en jy sal GERED word, jy en jou huisgesin.

V32 => en hulle het aan hom en almal in sy huis die Woord verkondig.

As ons God se liefde, vrede en goedheid ken, vloei dit deur ons na andere om ons –

V33 => nadat hy hul wonde gewas het, is hy en sy gesin gedoop.

V34 => sit in sy huis, hulle ‘n maaltyd voor, en hy en sy gesin was verheug dat hulle

tot geloof in God gekom het.

‘n Aardbewing het die deure laat oopgaan – niemand is dood of beseer nie – selfs die

geboue het niks oorgekom nie.

‘n Aardbewing het plaasgevind toe God se toorn, wraak en straf vir ons sondes op

Jesus afgekom het.

God sit voor ons en ons gesin ‘n GEOPENDE DEUR laat ons LUISTER en AG gee

op wat Hy tot ons spreek.

Dit is moontlik middernag in jou omstandighede en situasies – Christus IN ons is ‘n oop

deur vir oorwinning.

In ons swak tye sit God voor ons ‘n deur van hoop – Christus IN ons, ons Hoop van

Laat ons ons huise verklaar as die sleutel van die huis van Dawid.

Open.3v20 => Jesus is die een wat klop van buite af en as ons van binne af oopmaak sal

Hy saam met ons maaltyd kom hou.

Dit is een deur wat God nie open nie – elke mens moet self van binne die deur oopmaak,

dan sal Hy inkom en saam maaltyd hou.

Agor => Jos.7 => God het beveel dat Josua, Agan met die silwer, mantel, seuns en

dogters, beeste, esels, kleinvee, tent met alles wat aan hom behoort het, na Agor bring –

Josua aan Agan – hoe het jy ons in die ongeluk gestort deur die nederlaag wat Israel gely

het, en die hele volk het hom met sy alles gestenig.

Hulle het ‘n groot klomp klippe daar op gepak en dit die plek Dal van Agor genoem

=>‘n Dal van veroordeling.

Na die kruis het dit ‘n dal van Hoop geword => Jesus die Opgestane Christus.

Alles waarvoor ons hoop, God neem kennis daarvan.

Volgens Gen.1 gee satan aan Adam en Eva te kenne dat God nie so goed is soos Hy

is nie – dis hoe hy hulle versoek en verlei het om hom te glo.

God het aan Adam gesê om vrylik te eet behalwe van een boom.

Hy gee altyd meer as wat ons benodig.

Ons moet nie God beperk nie.

God sê nie Hy help diegene wat hulself help nie – NEE – IN Christus is Hy ons hulp en

voorsiening vir alles.

Christus IN ons is God se alles en met Sy alles is Hy IN ons Efes.1v23.

In 1Kon.9v2-3 verklaar God aan Salomo – Ek het jou gebed en smeking verhoor wat

jy voor My aangesig uitgespreek het – (1Kon.3v1-15) Ek het hierdie huis wat jy gebou

het geheilig deur My Naam te vestig tot in ewigheid – en my oë en My hart sal daar

God het hom baie meer gegee as waarvoor hy gevra het.

Dieselfde met die voedselvermeerdering in Mark.8 – soos die dissipels uitgedeel het

was daar meer as genoeg – dit het vermeerder soos die mense geneem het totdat

almal versadig was, toe het die stroom opgehou – 12 mandjies vol het oorgebly.

Solank ons ontvang so voorsien God – as ons ophou, stop God ook – Hy gee altyd

meer as waarvoor ons Hom glo en vertrou.

Ons dink baie keer dit is te goed om waar te wees.

Israel wat gekom het by die poorte van die land van melk en heuning.

Toe die bespieders terugkom en vertel van die reuse het Israel bang geword.

Net Josua en Kaleb het God geglo en vertrou wat God vir hul beloof het, ook vir hul

Josua het Hebron aan Kaleb toegesê.

Gal.6v1 => broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet

julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op

jouself let, dat jy ook nie VERSOEK word nie.

ð om ‘n sagte tong te hê –

ð hoe meer openbaringskennis ons het wie God is, hoe meer sag en liefdevol sal ons

teenoor mekaar wees.

ð V2 – dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus => Rom.15v1 – op ons

wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie,

en nie onsself behaag nie – v2 – want elkeen van ons moet die naaste behaag met die

oog op wat goed is tot stigting.

Mense gaan hel toe omdat hulle nie geglo het iemand anders het vir hul sondes betaal nie.

As ‘n dokter sê ons moet bloedtoetse laat doen, glo ons hom en doen dit dadelik.

As God vir ons sê in Sy Woord, alles is volbring aan die kruis, en as ons glo, is ons

gered en verlos deur Jesus die Opgestane Christus se kruisdood, twyfel ons en wil ‘n

Ons is geneig om eerder na mense te kyk, en die meeste kere word ons teleurgesteld.

Daarom is ons bang God gaan ons ook teleurstel, dat dit nie werklik so is, soos Hy in Sy

Woord beloof nie.

Gal.1v6-9 => daar is net een Evangelie nl. die Evangelie van genade wat in werking

gekom het nadat die ou Evangelie van die wet aan die kruis vernietig is en die nuwe

Evangelie van genade in werking gekom het na Sy Opstanding.

Waar die Evangelie van Genade gepreek word, volg Sy guns van seëninge van sukses.

Waar die wet en genade vermeng word, volg vloeke.

Die kruis getuig dat God niks van Homself en Sy beloftes terughou nie.

Die Evangelie is nie om reg te lewe nie, maar is ‘n vrug wat uitvloei uit ons gedagtes wat

vernuwe word met die nuwe Evangelie deur openbaringskennis van die Heilige Gees.

Dit wat ons dink dit doen ons liggaam – Spr.23v7.

Efes.4v17-32 => die Christelike heiligmaking teenoor die bedorwe sedes van die

Wat ons is, is wie in ons leef met Sy lewe, natuur en karakter van liefde – teenoor die god

van hierdie wêreld nl. satan, met sy lewe, natuur en karakter van bose werke.

Jesus was voor soldate wat Hom gevange geneem en van Sy klere ontneem het, ‘n beeld

van ons as sondaars, wat as gevolg van ons sondes, kaal voor God staan.

Sy kaalheid om ons te klee met Sy Kleed van geregtigheid voor God.

*************************

God se doel en plan vir Sy skeppinge

Wat is die sleutel van reg lewe?

Die wêreld is besig om te degenereer – ‘n aarde wat agteruitgaan.

Die doel daarvan is besig om uit te loop.

Soos God se plan en doel met alles vervul word, is alles omtrent God wat altyd nuut

is, besig om aan te beweeg na ‘n nuwe dimensie => Vader met Sy kinders in ‘n nuwe

dimensie van Heerlikheid.

Rom.11v25-26 sê Paulus – dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle

nie eiewys mag wees nie, dat die verharding ten dele oor Israel gekom het TOTDAT

DIE VOLHEID VAN DIE HEIDENE INGEGAAN HET – en so sal die hele Israel

Romeine handel oor die herstel van Israel.

Die boek Openbaring handel oor Israel – baie dinge gaan nog gebeur in hierdie tydperk.

Open.20 => satan word vir ‘n duisend jaar gebind – daarna word hy losgelaat en vir altyd

oorwin – die laaste oordeel vind plaas.

Open.21 => ‘n nuwe hemel en aarde, want die eerste hemel en aarde het verby

gegaan, en die see was daar nie meer nie.

V4 => want die eerste dinge het verby gegaan –

V5 =>KYK, EK MAAK ALLES NUUT – die Heilige Jerusalem, wat uit die hemel

van God neerdaal – dit het die Heerlikheid van God, sy Lig soos ‘n baie kosbare

steen, soos die kristalhelder jaspissteen.

Adam se sonde het dood in die wêreld gebring.

Jesus het gesê => soos Hy is, so is ons in hierdie wêreld – 1Joh.4v17.

Die geestelike dood het Jesus aan die kruis oorwin.

Die vleeslike dood is ons vyand.

Jesus se gebed in die Onse Vader => Mat.6v10 – laat U wil geskied soos in die hemel net

so ook op die aarde.

In die hemel is daar nie dood of siekte, armoede of probleme en krisisse nie.

Waar daar net uitbundige liefde en geluk is.

Uit Adam se sonde, die vrug van armoede, stres, virusse, siekte, en het die dood in die

wêreld gekom.

In hierdie wêreld het ons nog steeds ‘n vrye wil – God gaan ons nie stop as ons Hom nie

ten volle glo en vertrou nie.

So mis ons baie keer Sy oorvloedige seëninge en tref vloeke ons, soos Israel as hul nie

die wet nagekom het nie.

‘n Vry wil sal ons nie beskerm van die gevolge van verkeerde keuses nie.

Deur verkeerde keuses beweeg ons weer onder die wet in.

God haat sonde in dieselfde mate as wat Hy ons liefhet.

Wat God voorsien is volmaak en oorvloedig.

Wat die mens voorsien is gebrekkig.

As gevolg van Adam se sonde word alle mense in sonde gebore – Rom.5v12.

‘n Baba word onskuldig gebore maar met die saad van sonde in sy bloed.

Die plasente wat moeder met die baba verbind verskaf net voedsel aan baba, nie bloed

Sonde is in die bloed.

Satan se saad van bose werke en sonde in die baba se bloed.

Oorgeërfde saad wat van geslag tot geslag oorgaan van die vleeslike mens.

Die mens word gebore as ‘n sondaar soos sy vader satan.

Jesus is nie deur ‘n man verwek nie, maar deur God self, daarom was Sy bloed vry van

Daarom kon Sy volmaakte bloed vir die sonde van die mens betaal.

Die mens word weer gebore met Jesus se sondelose saad, God se Saad.

Satan het gedink Moses is die een wat die wêreld van sonde sou verlos.

Daarom moes al die seuntjies doodgemaak word.

God beskerm hom, want hy moes Sy volk Israel verlos uit Egipte.

Met Jesus se geboorte het Herodus ook opdrag gegee dat alle seuntjies doodgemaak moes

God het aan Josef opdrag gegee om te vlug met die Jesus- kind.

God se doel is dat Christus IN ons deur ons sal lewe, as ons – nie deur die wêreld se norm

Dit is wat genade beteken.

Rom.5v20-21 => maar die wet het bygekom, sodat die misdade meer sou word – en waar

die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword – sodat, soos die

sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot

die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

Die wet is soos ‘n spieël, dit wys hoe ons lyk, maar dit kan nie iets aan ons voorkoms

Jesus is die spieël, dit wys hoe ons lyk, verlos van sonde deur Sy bloed, versoen met God

deur Sy dood, Sy ewige lewe gegee vir ons sondaarslewe.

Dit is nie God se fout dat die mens gefaal het nie – dis omdat die mens ‘n vrye wil het

wat sy keuses bepaal.

As ons ‘n artikel koop vergelyk ons die prys met die waarde wat dit vir ons het.

God se prys is Sy Seun, wat bepaal wat die mens se waarde vir Hom is.

Rom.3v10-12 => daar is niemand wat regverdig is nie, selfs nie een nie – daar is niemand

wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie – hulle het almal afgewyk, saam

het hulle ontaard – daar is niemand wat GOED DOEN NIE, daar is selfs nie een nie.

Dis nie waar dat goeie mense nie moet swaarkry nie – daar is geen goeie mens nie.

Daar is nie trappe van goedheid nie – om te sê iemand is is 20% of 50% goed, en

daarvolgens moet dit met hom goed gaan.

Ons kan nie oordeel wie is goed en wie nie.

Dit is self-regverdigmaking – dis ongeloof.

Daar is net EEN wat GOED IS, Jesus Christus.

Luk.13v1-5 => toe die toring van Silóam op net party Galiléërs geval en hul gedood

het – Jesus – dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs,

omdat hulle sulke dinge gely het? Nee, Ek sê vir julle, maar as julle jul nie bekeer

nie, sal julle almal net so omkom – dink julle dat hulle meer skuldig was as al die

mense wat in Jerusalem woon? Nee, sê EK vir julle , maar as julle jul nie bekeer nie,

sal julle almal net so omkom.

Ons is nie wat ons doen nie, maar wie in ons is, wat ons ‘n geestelike wese maak.

Hy wat gesterf het as ons, is ons lewe, natuur en karakter.

Hy het gesterf as ons – dit is ons dood.

Jesus is opgewek as ons verteenwoordiger, om voor Vader se genadetroon te staan as

geregverdig en goed.

Nie hoe ons voel nie, maar as die Een wat aan Vader se regterhand sit, as die Oorwinnaar

in ‘n regerende posisie.

Hy sit want Hy het klaar gewerk – Hy het Vader se wil volmaak uitgevoer.

Sy Vader het verklaar Hy het welbehae in Sy Seun – luister na Hom.

Die Bybel is God se album van Sy Eniggebore Seun, God die Seun.

Ons as weergeborenes deel in Sy Kindskap en Heerlikheid.

Hy is ons genade – as ons Hom nie wil erken as ons Verlosser nie, grief ons die Heilige

Die Heilige Gees is die Een wat ons leer deur openbaringskennis van Jesus ons Verlosser.

*************************

‘n Familie en verlossing verbind met mekaar, en die hemel.

Deut.11v1 => God se opdrag aan die vaders van Israel – jy moet die Here jou God

liefhê en altyd Sy insettinge sowel as Sy verordeninge en Sy gebooie onderhou.

V19-21 => en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit

en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan – en skryf dit op die deurposte

van jou huis en op jou poorte – SODAT JULLE DAE EN DIE DAE VAN JULLE

KINDERS IN DIE LAND WAT DIE Here aan julle vaders met ‘n eed beloof het om

aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.

Genade vir die hele familie.

As God met die vader van die gesin praat word die hele gesin ingesluit.

Gen.6v5-8 => toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en

al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was – het dit die Here berou

dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart – en die Here sê –

Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en

die kruipende diere en die voëls van die hemel, want dit berou My dat Ek hulle gemaak

het – maar Noag het GENADE gevind in die oë van die Here.

V18 => maar met jou sal Ek My verbond oprig, jy moet in die ark gaan, JY EN

JOU SEUNS EN JOU VROU EN DIE VROUE VAN JOU SEUNS SAAM MET

V9 => Noag was ‘n regverdige opregte man onder sy tydgenote – Noag het met God

Net Noag vind genade in God se oë, daardeur ontvang sy hele gesin verlossing.

God se beginsel – die vader is verantwoordelik vir sy gesin.

As daar iets verkeerd gaan, en al maak sy vrou die verkeerde keuses, is die vader

verantwoordelik om orde te skep.

Van vader word leierskap vereis.

Noag uit die geslag Henog , die man wat so naby God gewandel het dat God hom net

weggeneem het – Gen.5v24.

As God met die vader praat, praat Hy met die hele gesin.

Gen.8v20 => nadat Noag en sy gesin uit die ark gekom het na die sondvloed, het hy ‘n

altaar vir God gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en as brandoffers

op die altaar geoffer.

=> God het die lieflike geur geruik en in Sy hart gesê – ek sal die aarde nie verder

vervloek terwille van die mens nie – en verder nie meer al die lewende wesens tref soos

Ek gedoen het nie – van nou af sal al die dae van die aarde, somer, en winter, dag en nag

Die belofte wat ons hier sien => as die vader met God wandel, beinvloed dit sy familie.

As die vader faal, word die hele familie beinvloed.

Hand.11v13-14 => God praat met Petrus om na Cornelius te gaan – 3 engele gee aan

Cornelius opdrag om Petrus te laat haal – hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy

EN JOU HELE HUIS GERED SAL WORD.

Spr.22v6 => die vader se opdrag aan sy kinders – oefen die seun volgens die eis van

sy weg, dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van wyk nie.

Oefen => die woorde deur die vader se mond – soos die baba groei word hy

blootgestel aan ander smake van voedsel – so ook moet die smaak van die Woord

aan die kinders bekend gestel word.

Soos 1Joh. 2v12-17 => kinders dat julle sondes vergewe is – jongmanne => OMDAT

JULLE DIE BOSE OORWIN HET, EN DIE Woord van God in julle woon – VADERS

=> dat julle Hom ken van die begin af.

Heb.5v13-14 => aan die begin is die Woord soos melk aan ‘n kind – met verloop van tyd

as die vader vaste spys aan die kind bedien, word geestes-vermoëns ontwikkel om goed

en kwaad te onderskei.

Dis ‘n voorreg vir die vader om sy kinders te leer.

Hand.15v7 => na ‘n woordewisseling tussen die apostels en ouderlinge het Petrus

opgestaan en gesê => broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat

die heidene DEUR MY MOND DIE WOORD VAN DIE EVANGELIE SAL HOOR

EN GELOWIG WORD.

Die mond is die vervoermiddel om die Woord te spreek, sodat as andere dit hoor en ag

gee daaraan, hul sal glo en gered word.

Die Woord deur die mond => hoor die Woord => in die hart glo ons tot redding.

Om die Heerlikheid van God te proe => kom die Heilige Gees in beweging.

Gen.18v19 => God en Abraham – want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders

en sy huis na hom bevel sou gee dat hulle die weg van die Here moet hou om

geregtigheid en reg te doen, sodat die Here oor Abraham kan bring wat Hy oor hom

Ons moet oplet vir verkeerde deure bv. facebook.

Kinders kan goeie dinge leer daar, maar dit is ook ‘n deur wat satan gebruik om kinders

te beheer, deur slegte dinge op ‘n subtiele manier aan hulle bloot te stel. Maats het ook ‘n

groot aandeel hierin.

Moenie dat kinders deur die wêreld en sy verleidings en begeerlikhede gestreel word nie.

Dit is die vader se verantwoordelikheid om toesig te hou oor sy kinders.

Alleenlopende vroue moet daardie verantwoordelikheid vir haar kinders neem.

Exod.10v7-12 => Farao tipe van satan.

Moses en Aäron vra dat almal oumense, jong seuns, dogters en al die vee moet trek want

hulle wil ‘n fees vir die Here hou.

Farao antwoord – gaan julle en die seuns en die dogters en gaan hou die fees vir julle

Net die seuns en dogters – want hy het geweet die vaders gaan dan nie daar wees om

toesig oor die kinders te hou nie en hulle van die regte weg te leer nie.

Ons moenie toelaat dat ons kinders deur Egipte gevoed word nie.

Die boosheid is altyd met ons.

Alleen deur kennis van wie Christus IN ons is en wie God is, kan ons laat vasstaan in wat

God se wil vir elkeen van ons se lewenspad is totdat Jesus op die wolke kom om ons te

Om volgens Sy wil te glo, is om volgens Sy wil te lewe.

Geregtigheid is nie om reg te doen nie, maar reg te staan voor God omdat ons reg

Ons is geestelike wesens bestem vir die ewigheid.

Ons sit alreeds in hemelse plekke as geestelike wesens in Christus aan die regterhand van

God die Vader.

2Pet.1v2 => mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die KENNIS van

God en Jesus, onse Here.

Vader se doel vir die volkome mens is vrede, met alle geestelike seëninge en voorspoed

– om vry te wees van enige vrees wat onrustigheid veroorsaak – vry van morele

versoekings – om die volle, persoonlike en korrekte kennis van Vader, Seun en Heilige

Net die Heilige Gees, ons Helper en Leermeester, kan ons in en tot hierdie kennis lei.

Ongeloof regverdig satan en maak God tot leuenaar, as ons Christus IN ons verwerp en

ons self wil regverdig deur goeie werke.

Jesus is ons “I AM!”

Gal.2v20 => ek leef nie meer, want ek IS saam met Christus gekruisig – Hy leef NOU

IN MY, AS EK!

God kyk na Christus in ons om ons waarde te bepaal.

1Kon.1v5-6 => Dawid se een seun Adonia wat so vermetel was om te dink – ek sal

koning word – hy het vir hom waens en perderuiters aangestel, met 50 man om hom

– buitendien was hy baie mooi van gestalte – Dawid het sy hele lewe lank nooit vir

hierdie seun van hom iets geweier nie – daarom moes daar vinnig opgetree word om

Salomo as koning te salf.

Jes.60v1-5 => ‘n familie-seën volgens God se verbond met Abraham Gal.3v14 =>

staan op en word verlig, want jou LIG kom –en die Heerlikheid van die Here gaan oor

jou op – duisternis (sonde) sal die aarde oordek en donkerheid die volke, maar oor jou

sal die Here opgaan en Sy Heerlikheid sal oor jou (en jou gesin) gesien word – nasies

(andere) sal trek na jou Lig, (Christus die Lig IN ons) en konings na jou stralende opgang

– slaan jou oë op en kyk, hulle almal kom bymekaar, jou seuns kom van ver, en jou

dogters word op die heup gedra, dan sal jy sien en straal van vreugde en jou hart sal

ontroer en verruim word, want die rykdom van die see gaan na jou toe, en die skatte

van die nasies, (die ongelowiges) kom na jou toe.

Die familie gaan terugkom – die rykdom van die wêreld gaan na jou toe kom soos

die duisternis (sonde) die aarde vul.

Ps.128 => welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees – wat in Sy weë (genade) wandel –

kyk, so sal sekerlik die man (en vrou en hele huis) geseën word wat die Here vrees – mag

die Here jou seën uit Sion (genade) dat jy voorspoed sal sien al die dae van jou lewe –

dat jy jou kindskinders mag aanskou.

God se genade oor Israel met die 9de plaag oor Egipte.

Exod.10v21-23 => toe Moses sy hand uitsteek oor Egipte, kom daar ‘n dik duisternis

oor Egipte – vir drie dae lank kon niemand opstaan van hul plek of mekaar sien nie –

MAAR AL DIE KINDERS VAN ISRAEL HET LIG IN HUL WOONPLEKKE

GEHAD => aan Israel die teken van genade – uit hulle sal die LIG, Jesus, kom as

Verlosser – ‘n manifestasie van Jesus wat as LIG na die wêreld sou kom.

Nie ‘n natuurlike lig nie maar ‘n Hemelse Lig, Jesus.

Met Sy kruisiging was dit ook vir 3 ure duisternis, waarin God die hele wêreld

se sondes se straf, toorn en wraak op Hom geplaas het – sodat ons IN Hom

geregverdig, vergifnis en vryspraak van die hel, die plek van loon vir sonde, kon

Duisternis is ‘n vloek bv. depressie.

God, die begin, – die eerste WOORD in die Bybel!

In Gen.1 lees ons => in die begin het God die hemel en die aarde geskape. – en die aarde

was leeg en woes, en dit was duisternis.

Die son , die maan en die sterre is eers later geskape.

V3 => en God het gesê laat daar lig wees – en daar was lig.

V4 => toe sien God dat die lig goed was – en God het skeiding gemaak tussen die lig en

Die vraag waar of wie was die lig, want van die son wat lig verskaf, lees ons eers in v14

=> Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die

dag en die nag, en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as

V15 => laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op

die aarde, en dit was so.

V16 => God het toe die twee groot ligte gemaak, die groot lig om te heers oor die dag en

die klein lig om te heers oor die nag, ook die sterre.

V17-18 => om te heers en skeiding te maak tussen lig en duisternis.

V3 se lig was nie ‘n natuurlike lig nie, dit is Jesus die LIG wat navore gekom het wat

te staan sou kom teen satan die god van die wêreld, wat sy koninkryk van duisternis

d.w.s. voor die grondlegging van die wêreld het God deur Sy voorkennis geweet

wat sou gebeur met Sy skeppinge wat in Sy gedagtes gebore is, en nog ‘n

VERBORGENHEID IN HOM WAS.

Hierdie twee verborgenhede het afgespeel voor die grondlegging van die wêreld toe

dit nog woes en leeg en duisternis was.

Die een verborgenheid om ons uit te verkies IN Christus Efes.1v4-5 en die tweede

verborgenheid aan die begin het Jesus as die geestelike Goddelike LIG navore

gekom toe God gesê het in v3 – “LAAT DAAR LIG WEES” – en God het geweet

van satan, die God van duisternis => en in v4 het Hy skeiding gemaak tussen die

Lig, Jesus, en die duisternis, satan.

Joh.1 => in die begin was die Woord, en die Woord was by God en die Woord was

God – Jesus was in die begin by God – alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder

Hom het nie een ding ontstaan wat nie ontstaan het nie – in Hom was LEWE,

en die lewe was die LIG van die mense – die LIG skyn in die duisternis, (hierdie

bose wêreld, die koninkryk van satan) – EN DIE DUISTERNIS HET DIT NIE

OORWELDIG NIE.

Kol.1v17 => Hy is voor alle dinge – alle dinge is deur Hom en vir Hom geskape.

Hy het gekom as die LIG van God se Koninkryk van Lig – die deur, die weg, die ewige

lewe, die Lam van God wat gekom het om Vader se skeppinge te kom verlos uit die

slawerny van die heerskappy van satan.

Moses en Aäron het Israel in die vlees verlos van Farao se heerskappy – so het Jesus

gekom om God se skeppinge in die gees te kom verlos van die heerskappy van satan.

Jesus die gesproke Woord van God se eerste woorde was aan die vrou, wat deur die

Fariseërs na Hom gebring is vir hoerery.

Jesus se woorde aan haar, GAAN EN SONDIG NIE MEER NIE – Joh.8v10-12.

1Thes.5v4-5 => sê Paulus – maar julle broeders, is nie in duisternis nie – julle is almal

kinders van die LIG.

Almal wat weet wie Christus is en wie hulle in Christus is, wandel in die Lig.

Christus, ons genade en geregtigheid, is soos ‘n rivier wat ons voortdurend reinig en

heilig in ons wandel – al faal ons.- daar is geen veroordeling vir die wat in Christus is nie.

Nou kan ons sê wat van 1Joh.2v9-11 => hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat,

is in die duisternis ens.

Ons moet hier onderskei => Johannes, Jakobus en Petrus het vir die JODE geskryf wat

onder die wet was.

Hulle verkondig hierdie boodskap aan hul Joodse broeders onder die ou verbond,

die ou Testament van die wet – voor Jesus se kruisiging.

Na Jesus se kruisiging, Paulus se boodskap van genade soos Jesus self aan Hom

geopenbaar het in Arabië.

Al Paulus se briewe handel oor Jesus, die nuwe verbond van genade.

Jesus het die werke van die wet wat Israel, die Jode nie kon nakom nie vervul, deur

sy wandel op aarde en dit is saam met Hom aan die kruis gespyker en vernietig –

*************************

Die spreek in tale => profesië vir dinge wat

gaan gebeur => beskerming – redding van

geliefdes –

om jou as huis vir die Heilige Gees op te bou –

ons weet nie wat op ons en geliefdes wag,

waarvan net die Heilige Gees insig het =>

hoe meer jy in die Gees bid,

hoe meer word jy vleeslik geseën,

volgens God se verbond met Abraham –

hy was geseën met welvaart van baie vee en grond –

In Christus word ons geseën met alle geestelike seëninge in die hemel –

Rom.8v26 => net so kom die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons

moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

Die Heilige Gees ons advokaat – Hy besit onoortreflike kennis van die dieptes van

Genees van al ons krankhede deur Sy wonde.

God die Heilige Gees is die grootste voorbidder wat daar is –

Hy is ons voorspraak by God – ons Berader in tye van smart en hartseer.

Hosea14v3 => Hosea as profeet aan Israel => neem woorde met julle – bekeer julle

tot God – sê aan Hom – vergeef alle ongeregtighede – en neem aan wat goed is (in

genade) dan sal ons as offerdiere ONS LIPPE AANBIED. (as dankoffer.)

‘n Waarskuwing => satan gaan ons laat voel ons werk, as ons in tale spreek.

Tale is die swaard van die Woord => want die WAARHEID word gespreek volgens

God se kennis en nie kennis van die mens nie.

Die Heilige Gees is die RHEMA van God – in tale spreek ons Rhema onder leiding

van die Heilige Gees.

Wat die engel aan Maria gesê het dat sy ‘n Seun gaan baar en Sy moet Hom Jesus

noem – Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word – en die

Here God sal aan Hom die troon van Dawid gee – en Hy sal Koning wees oor die

huis van Jakob tot in ewigheid en aan SY Koninkryk sal daar geen einde wees – DIE

HEILIGE GEES sal jou oorskadu – daarom ook sal die Heilige wat gebore word,

SEUN VAN GOD GENOEM WORD – Luk.1

Jesus het Sy Vader se bloed ontvang.

As nuwe skeppinge van God met wedergeboorte het die Heilige Gees deur ons

bene God se bloed in ons are gestort – die weergeborene is nageslag van God =>

Efes.5v30 want ons is lede van Sy liggaam, VAN SY VLEES EN VAN SY BENE.

Hy help ons in ons swakhede – ons liggame wat verouder, ons verstand wat verswak,

siektes wat toeneem.

As ons in tale bid, d.w.s. die Heilige Gees bid saam met ons deur ons Gees, waar Jesus

woon, tot God – ons is deurdronge deur een Gees – 1Kor.12v13.

Hy weet alles omtrent onsself en God se wil en doel vir ons.

Om in tale te spreek bou ons onsself op vir oorwinning in omstandighede en situasies

waarmee ons te doen kry.

Vir elke hou wat op Jesus se liggaam geval het is daar ‘n doel.

Mat.8v17 => die profesie van Jesaja die profeet – Hy het ons krankhede op Hom

geneem en ons siektes gedra.

Onuitspreeklike sugtinge => ‘n onbekende taal => wat nie in verstaanbare

woorde uitgespreek kan word nie => dis liefdesgeheime van die mens se gees wat

deurdronge is met Christus se Gees, bid deur die Heilige Gees tot God – (Rom.8v9

– as iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort nie aan Hom nie -) in die

proses staan die menslike verstand apart daarvan.

Om in tale te praat word die nuwe verbond van genade bevestig.

Dit getuig van wat Jesus Christus aan die kruis vir ons vervul en volbring het.

Hierdie genade-werke word in werking gestel deur in tale te bid.

Dit versterk ons geloof, want alles gaan oor Hom en niks van ons nie.

Dit is ‘n Goddelike gawe onverdiend aan ons gegee.

As ons dit moes verstaan wat ons in die Gees bid sou ons dit opgemors het.

Om in tale te bid deur die dag, bepaal alles wat ek doen onder leiding van die Heilige

Gees vir die dag – want Hy ken God se plan en doel vir elkeen van ons.

Die spreek in tale stel God se krag vry in ons.

Hand.19v1-6 => Paulus se vraag aan dissipels in Efese – het julle die Heilige Gees

ontvang – hulle antwoord – ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie –

Paulus – met watter doop is julle gedoop – antwoord – met die doop van Johannes –

Paulus – Johannes het met die doop van bekering gedoop en gesê dat hulle hul moes

glo in die Een wat na hom kom,

Dit is Christus Jesus – hulle is toe gedoop in die Naam van die Here Jesus – Paulus het

hulle die hande opgelê en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle, omtrent twaalf

manne het met TALE GESPREEK EN GEPROFETEER.

Die Heilige Gees manifesteer deur tale.

Ons bid deur die Gees vir ons verlede, hede en toekoms sonder dat ons daarvan

weet, want ons verstand en gees word in sulke gebede geskei.

Dis onuitspreeklike woorde en versugtinge deur die Heilige Gees met ons tonge tot

binne-in God se troonkamer.

Met die doping met die Heilige Gees word ons tonge gedoop met vuur vanuit die

hemel – nie omdat ons volmaak is nie, Christus IN ons gees is die volmaakte Een, as

Hand.6v8 => Stefanus die eerste martelaar vir Christus, het van Pinksterdag af in tale

gepraat – ons sien die krag in sy bediening in v8 => Stefanus, vol van geloof en KRAG ,

het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.

Hand.7 spreek Stefanus sy teenstaanders aan in v51-54 – julle hardnekkiges en

onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees, net soos julle

vaders, so ook julle – watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie – ja, hulle

het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle

nou verraaiers en moordenaars geword het – julle wat die wet deur die beskikkinge van

engele ontvang het en tog nie onderhou het nie – en toe hulle dit hoor was hulle woedend

in hulle harte en het teen hom op die tande gekners.

V55-56 => maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en

die HEERLIKHEID van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God

– en het gesê – KYK, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die

regterhand van God staan.

V59 – en hulle het Stefanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê – Here Jesus,

ontvang my gees!

V60=> hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep – Here, reken

hulle hierdie sonde nie toe nie – en met hierdie woorde het hy ontslaap.

Hoekom het ons nie die krag nie?

2Tim.1 => LEES DIT ASSEBLIEF MET AANDAG, GELOOF EN VERTROUE!

Om in tale met God te kommunikeer is ‘n goddelike, GENADE-GAWE wat ons nie

moet verwaarloos nie.

Ons is aan die begin, voor die grondlegging van die wêreld uitverkies IN Christus.

Sy doel, voorneme en wil om ons as Sy GEESTELIKE kinders vir HOMSELF aan

te neem, tot Sy welbehae en heerlikheid.

Om IN waarheid en gees te aanbid.

Jesus, die Gekruisigde het betaal om ons IN Hom, tot daardie posisie te bring.

IN die Opgestane Christus, het ons dit geword.

Vader stuur die Heilige Gees, en Christus doop ons met die Heilige Gees, om in

daardie “naby-eenheid-liefdes-verhouding” te kom, om deur Christus, deur ons,

deur die Heilige Gees met Vader te kommunikeer.

Die Heilige Gees is God die Gees, ken en weet alles.

Hy kom ons te hulp in ons swakhede as ons nie weet wat om te bid nie.

In tye van aanbidding spreek Hy “liefdes-geheime” namens ons tot Vader.

In 1Kor.14v18 sê Paulus – ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle

Hand.2v1-4 => die uitstorting van die Heilige Gees.

Almal eendragtig bymekaar – ‘n skielike geluid uit die hemel soos ‘n rukwind wat die

hele huis gevul het – tonge van vuur op hul koppe – vervul met die Heilige Gees en het

begin spreek in ander tale – soos die Gees aan hulle gegee het.

Die Heilige Gees is die sleutel om in die nuwe verbond, Christus IN ons, te wandel.

Hy spreek deur ons van God se werke en bou ons op in die gees – want Christus wat al

die werke aan die kruis volbring het, is in beheer van ons gees.

Deur in die Gees te bid, word al die kettings waarmee satan ons en ons kinders vashou

gebreek, en kan die Woord van Waarheid wat ons hoor ons vry maak van dit wat ons

Deur in tale te bid in die Gees word ons gedagtes geinspireer met die waarheid van

die Woord – ons ontvang die Rhema Woord in ons gedagtes vir oplossings van ons

probleme, omstandighede en situasies – in ons keuses en besluite volgens Vader se wil

wat Hom behaag.

God die Heilige Gees, is die grootste voorbidder – Hy ken God se gedagtes, want Hy

ondersoek die dieptes van God – Hy weet wat God berei het vir die wat Hom liefhet

– 1Kor.2v9-10.

Hand.2v25-27 => sê Dawid – ek het die Here altyddeur voor my gesien, want Hy is

aan my regterhand, dat ek nie sou wankel nie – my hart is bly en my TONG juig,

ook sal my vlees ook nog rus in hoop – want U sal my nie aan die doderyk oorlaat of

U heilige oorgee om verderwing te sien nie.

Ps.16v8-9 => Dawid – die Here is altyd deur voor my – en aan my regterhand – ek

sal nie wankel nie – my hart is bly en my eer juig – ook sal my vlees in veiligheid

In Christus is ons vry.

Rom.3v23 => almal ontbreek aan die Heerlikheid van God, MAAR, word deur Sy

genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat IN Christus Jesus is.

Jes.43v7 => Vader se visie vir elke mens =>

ELKEEN wat na My Naam genoem is, en wat Ek geskape het TOT MY EER, wat

Ek GEFORMEER, wat Ek ook GEMAAK het.

Elke mens op hierdie aarde moet God verheerlik, want Hy het elkeen geskape tot Sy eer.

Hand.2v26 => daarom moet ons soos Dawid dit uitjubel => my hart is bly en my

TONG juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.

Elkeen van ons is kosbaar vir Vader, want Sy Seun het ons gekoop met Sy Heilige,

kosbare Bloed – ons rus is in die onsienlike HOOP, Jesus die gekruisigde, die

opgestane Christus wat leef vir altyd en ons saam met Hom, IN Hom.

Dit is ons enigste hoop vir elke dag se omstandighede, situasies, korrupsie, manipulasie,

omkopery ens. in hierdie duister wêreld van bose werke wat alhoemeer verdorwe raak.

Die sleutel of instrument om God te verheerlik en te eer, is ons TONG.

Ons tong en God se glorie kan nie losgemaak word van mekaar nie.

Hy het op Pinksterdag in Handelinge 2 vir die wêreld God die Heilige Gees

uitgestort as seël van wat Jesus aan die kruis volbring het vir elke mens.

Hy is ons hulp om ons bewus te maak wat Jesus aan die kruis vir ons gesdoen het.

Op ons eie sal ons nooit gered word, en die ewige lewe besit nie.

Hy is God se advokaat wat ons kom verdedig en oortuig ons het ‘n Verlosser nodig

wat namens ons alreeds alles aan die kruis vir ons gedoen het.

Hy maak ‘n mate van Jesus wat geloof is, wat na hierdie wêreld gekom het,

se geloof in ons los sodat, as ons glo, ons geregverdig word met Christus se

geregtigheid – Rom.12v3 – 2Kor.4v13 – Gal.3v23-25.

God het Hom sonde gemaak wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak,

sodat ons kan word geregtigheid van God IN Hom – 2Kor.5v21.

Rom.8v3-5 => wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die

vlees – deur Sy eie Seun te stuur, en dit terwille van die sonde, die sonde veroordeel

in die vlees – sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees

wandel nie, maar na die Gees – want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar

die wat geestelik is, geestelike dinge.

Efes.2v8 => uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie => dit

is ‘n gawe van God.

Die Pasga in die ou verbond => die wet => die mens moes die wet se werke doen

om homself te regverdig – niemand kon dit doen nie – almal het gefaal en daardeur

gesondig => veroordeling het gevolg => 3000 mense sterf by Sinai.

Pinkster in die nuwe verbond => genade => die mens word geregverdig deur

Christus se werke aan die kruis eens en vir altyd => 3000 mense word gered met die

uitstorting van die Heilige Gees => geen veroordeling by die berg Sion.

Ons is nie volmaak nie, maar is IN Christus geregverdig deur Sy bloed, Sy dood en Sy

lewe wat Hy vrywillig afgelê het

God sien ons so rein dat Hy die Heilige Gees gestuur het om in ons liggame te woon vir

Rom.5v5 => die Heilige Gees stort die liefde van God in ons harte uit (Hy openbaar

Vader se liefde aan ons in ons gedagtes, wil en emosies.)

Die Heilige Gees bid saam met ons vir ons swakhede.

In tale spreek ons deur die Gees intieme liefdeswoorde tot God, wat ons nie in ‘n

menslike taal kan uitspreek nie – dis woorde wat bokant die menslike, vleeslike vermoëns

God is Gees daarom, het Hy voorsiening gemaak dat ons met ‘n geestelike taal met Hom

kan kommunikeer.

Exod.2v23-25 => in daardie tyd het die koning van Egipte gesterf – en die kinders van

Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny – hulle geroep om hulp oor

hulle slawerny het OPGEKLIM tot God – God het hulle gekerm gehoor, en God

het gedink aan SY VERBOND MET ABRAHAM, met Izak en Jacob – God het die

kinders van Israel AANGESIEN en God het hulle GEKEN => hulle gehoor.

Exod.2 se gesug en geweeklaag in die ou verbond met Abraham, het dieselfde

betekenis as Rom.8v26 waar die Heilige Gees vir ons intree in die Gees onder die

Nuwe Verbond => GENADE IN CHRISTUS.

Die volk Israel het gekies om nie hulle aan God te onderwerp nie.

Josua waarsku hulle in Jos.24 waar die volk kies, hulleself sal die Here dien – julle

kan die Here nie dien nie, want Hy is ‘n Heilige God, Hy is ‘n jaloerse God – Hy

sal julle oortredinge en jul sondes nie vergewe nie – as julle die Here verlaat en

vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy

aan julle goed gedoen het – volk => nee, maar ons sal die Here dien, ons is getuies –

ð hulle het gedink hulle kan die Here dien deur die werke van die wet.

Dit is dieselfde woorde wat hulle vir Moses gesê het.

Net daarna toe Moses op die berg Sinai was, het hulle die goue kalf gemaak.

3000 van hulle gesterf – lees Exod.32.

Elke mens behoort aan God want Hy is ons Maker – ons is Sy vakmanskap – OM

HOM TE EER EN TE VERHEERLIK.

Die sleutel om God te verheerlik is ons tonge.

Dawid is ‘n rolmodel om in die vlees te aanbid.

Die Heilige Gees om God in die Gees te aanbid en te verheerlik.

Adam het in God se Heerlikheid gewoon, maar het dit verloor.

Op Pinksterdag is herstel wat Hy verloor het nl. God se Heerlikheid.

Op Pinksterdag in Hand.2v25-28 het Petrus herhaal wat Dawid in Ps.16v8-11

geprofeteer het.

Ek het die Here altyddeur voor my gesien, want hy is aan my regterhand, dat ek nie

sou wankel nie – daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nou

rus IN hoop – want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of U Heilige oorgee om

verderwing te sien nie – U het my die weë van die lewe bekend gemaak – U sal my

vervul met vreugde by U aangesig.

Lev.23v18 => volgens die wette vir die feeste –

By die brood SEWE jaaroud lammers SONDER GEBREK en EEN jong bul en

twee ramme bring (10 diere gelykstaande aan die 10 gebooie) – hulle moet ‘n

BRANDOFFER aan die Here wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat

daarby behoort as VUUROFFER van ‘n lieflike geur aan die Here.

Die diere sonder gebrek => Jesus die Lam, sonder gebrek geoffer aan die kruis as ‘n

brandoffer aan God vir die sondaar –

V12-13 => die spysoffer, meel met olie gemeng as VUUROFFER => Jesus se

kruishoutwerke ‘n lieflike geur aan God –

‘n drankoffer van wyn => 1Kor.11v25 – hierdie beker is die nuwe testament in My

bloed, doen dit so dikwels as julle daaruit drink, TOT MY GEDAGTENIS.

Ons lippe is ‘n dankoffer aan God deur te jubel en juig vir Sy genade, Sy Seun wat

Hy gegee het sodat ons weer Sy Heerlikheid kan binnegaan.

As ons Jesus sien, sien ons liefde, aanbidding en alles wat mooi is, daarom wil ons

TONGE juig en jubel.

Hosea14v3 => God aan Israel – neem WOORDE met julle , en bekeer julle tot die

Here – sê aan Hom – vergeef alle ongeregtigheid en neem aan wat goed is, dan sal

ons AS OFFERDIERE ONS LIPPE AANBIED.

V5 sê God – ek sal hul afkerigheid genees, hulle VRYWILLIG LIEFHê, want My

toorn is van hul afgewend.

***************

Mat.1v1-6 => 4 vroue in die geslagregister van Jesus.

3 verdelings in die 42 geslagte.

Van Abraham tot Dawid is 14 geslagte –

Van Dawid tot die Babiloniese ballingskap 14 geslagte –

Tot Christus 14 geslagte.

God kies Israel nie omdat hul goed was nie maar die geringste.

Romeine was vyande van Israel omdat Israel ongehoorsaam was.

Al die ander vyande die “iete” bv. Moabiete is almal vernietig.

1. Gen.38 – Tamar ‘n Hebrieër – lees asseblief alles omtrent hul – Juda en Tamar –

Tamar skoondogter van Juda – sy verlei Juda deur haar voor te doen as ‘n hoer – sy

skenk geboorte aan ‘n tweeling –Peres en Serag – Peres in Jesus se geslagsregister

Let op na volgende gedeeltes!

Hoofstuk 37 Josef beeld van Jesus, word ontvoer.

~ 38 Jesus uit die geslag van Juda gebore.

~ 39 Josef word verkoop –

Josef se broers verwerp Josef –

Israel verwerp Jesus.

Toe die wêreld in duisternis is met droogte, stuur God Josef tot redding vir Israel.

Jesus kom as die Lig in hierdie wêreld van duisternis => sonde.

Die wêreld is weer besig om duisternis te word van sonde –

Jesus gaan weer verskyn om al God se kinders en Sy bruid te kom haal uit hierdie

2. Ragab ‘n heiden – lees omtrent haar in Josua2 – sy het geglo in die God van

Israel – Boas haar seun – sy help manskappe om te ontsnap – opgeneem in Jesus se

geslagsregister.

3. Rut skoondogter van Naomi – vrou van Boas en moeder van Obed – sy was ook ‘n

Moabiet – lees alles van haar en Boas in Rut.

4. Batseba vrou van Uria wat Dawid laat vermoor het– 2Sam.11 – Ps.51 die

boetelied van Dawid – lees dit asseblief – v.27 – die ding wat Dawid gedoen het was

verkeerd in die oë van God – lees Hoofstuk 12 – die kind wat gebore is het gesterf –

2Sam.2v24 – Batseba het Salomo gebaar en die Here het hom liefgehad.

5. Die laaste vrou was Maria, moeder van Jesus – Lukas1.

God nie aannemer van persoon –

Mat.9+10 => Mattheus ‘n tollenaar – ‘n belastinggaarder.

Baie tollenaars en sondaars was saam met Jesus en Sy dissipels aan tafel.

God kyk nie na ons verlede – IN Christus gee Hy ons ‘n nuwe lewe.

Dawid het hy groot teen God gesondig – Sy genade is groter – Dawid het altyd met

berou terug na God gekom.

Nie ons werke of goedheid nie – God se geregtigheid en heiligheid het te doen met

ons verlossing – Jesus kom as God se geregtigheid en heiligheid en sterf aan die

kruis as die volmaakte SEUN VAN DIE MENS – betaal ons straf, saam met Hom

sterf ons hele verlede en ons staan saam met Hom op in ‘n nuwe lewe, as ‘n nuwe

skepping IN HOM, as die WEERGEBORE KINDERS VAN GOD.

Efes.2 beskryf ons verlede –

Rom.5 beskryf ons as die een mens => versoening met God en vrede deur geloof –

Rom.6 die ou-mens => die genade is geen vrybrief vir sonde nie, maar verlos ons

van die heerskappy daarvan –

Rom.7 => die mens wat gesterf htet => vrygemaak van die wet, dien ons God in ‘n

nuwe gees – die wet het ons geleer om die sonde te ken – die stryd van die vlees teen

Rom.8 – die nuwe mens => die nuwe lewe onder genade – die Gees van Heiligheid en

aanneming van kinders.

Die 4 vroue het deur genade guns by God ontvang.

Ons is vergewe volgens God se kennis van sonde.

God se verbond met ons => Joh.3v16 => want so lief het God die wêreld gehad dat

Hy Sy Eniggebore Seun GEGEE het sodat elkeen wat GLO nie verlore sal gaan nie,

maar die ewige lewe kan hê.

Ons verbond => om te glo en ons te onderwerp aan die Waarheid, Christus IN ons,

Christus in ons gees – ons onderwerping is in ons gedagtes, wil en emosies waar

die Heilige Gees werk om Christus die Waarheid aan ons te openbaar, en so

ons gedagtes, wil en emosies nuut te maak – dis nie om te verander nie maar ons

gedagtes, wil en emosies heel nuut te maak met God se gedagtes, wil en emosies.

God se gedagtes in die begin was, dat geen mens sonder Christus se lewe kan lewe,

om Sy ewige plan vir die mens te vervul nie.

Efes.1 wys dit vir ons uit.

********************

Hoe tel God ons dae?

Hoeveel van ons dae kan ons van rekenskap gee?

Hoe kan ons elke dag ‘n telbare dag maak?

Ps.90v12 => leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom.

V14 => versadig ons in die môre met U goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly

wees in al ons dae.

V9-11 => want al ons dae gaan verby deur U grimmigheid, ons bring ons jare deur

soos ‘n gedagte – die dae van ons jare – daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk

is, tagtig jaar, en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet, want gou gaan dit

verby, en ons vlieg daarheen.

Israel het 40 jaar in die woestyn gemors deur hul ongehoorsaamheid.

Ons moet besef ons moenie ons dae, weke, maande en jare vermors nie –

Baie van ons is ryk aan geld en besittings en vleeslike kennis maar maar is geestelik

arm – dis vermorste tyd.

Dit sê nie ons mag nie hierdie dinge besit nie, maar hoeveel tyd het ons aan Christus IN

Die sleutel is => versadig ons in die môre, deur die openbaring van God se goedheid in

die Woord => resultaat – sodat ons kan jubel en bly wees deur die dag – aan die einde

van die dag gaan ons verbaas wees hoeveel het ons gedoen gekry deur Sy wysheid,

barmhartigheid en genade.

Die jare gaan so gou verby en ons dae wat ons met God deurgebring het is so min.

Al kan ons net 10 minute stil raak met die Woord – dit is dalk die wysheid wat ons nodig

het vir belangrike besluite en keuses wat ons die dag moet maak.

Spr.3v2 => want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.

Deut.34v7 => Moses was 120 jaar oud toe hy gesterf het – sy oog was nie verswak

nie, en sy krag het nie vergaan nie.

Ps.84v11 => want ‘n dag in U voorhowe is beter as duisend – ek wil liewer by die

drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.

As ons in die hemel kom hoe oud gaan ons wees volgens die dae wat ons met God

deurgebring het.

Om gedurig in tale te bid dwarsdeur die dag en in die nag as jy wakker word – jou

gees gaan gedurig met God kommunikeer deur die Heilige Gees.

Nog ‘n sleutel => Mat.18 – dissipels aan Jesus => wie is tog die grootste in die

koninkryk van die hemele?

Jesus neem ‘n kindjie en plaas hom in die middel van hulle –

q Elkeen wat hom so VERNEDER om soos hierdie kindjie te word en te GLO soos

hierdie kindjie, hy is die GROOTSTE in die koninkryk.

q Wat het die kind gemaak – hy het nie vrae gevra hoekom hy in die posisie

geplaas word nie – hy het hom ONDERWERP aan Jesus – hy het Jesus GEGLO

en VERTROU dat niks met hom sal gebeur nie –

q Nederigheid beteken om nie te twyfel nie –

q ‘n kind het nie kwalifikasies vir die reg om in die posisie geplaas te word nie –

q die kind het geweet hy is SWAK, maar hy het GEKLOU aan Jesus deur te GLO

en te VERTROU dat niks met hom sal gebeur nie –

q as ‘n kind se pa sê “spring” spring hy omdat hy sy pa glo en vertrou dat hy nie

sal val nie.

Gemorste dae en jare kan ons nie weer terugkry nie.

God kan ons kwaliteittyd herstel as ons gewillig is om na Hom te kom en tyd met Hom te

Joh.6v16-21 => Jesus loop op die see.

Die dissipels het op see gegaan – die see was baie onstuimig en omdat die wind baie sterk

gewaai het, het hulle maar net so 3 of 4 myl gevorder toe hulle Jesus gewaar, waar Hy op

die see geloop het – hulle was bang totdat Jesus Homself bekend gestel het.

Toe was hulle GEWILLIG om Hom in die skuit te neem, en DADELIK het die skuit

by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.

God wil binne genooi word!

Open.3v20 => kyk, Ek staan by die deur en Ek klop – as iemand My stem hoor

en die deur oopmaak, SAL EK INGAAN NA HOM TOE EN SAAM MET HOM

MAALTYD HOU, EN HY MET MY.

Ons moet GEWILLIG wees om Jesus in te nooi in ons omstandighede en situasies of

Vader dankie dat U ons leer, dat Jesus navore kom, as ons Hom innooi in ons

omstandighede en situasies, sodat ons versadig word met U goedertierenheid, sodat

ons kan jubel en bly wees in al ons dae, en dankie vir U lieflikheid oor ons.

Ons kyk na Israel se verlore, gemorste jare met God.

1Kon.6v1 => in die 4de jaar van Salomo se regering het hy die huis vir die Here

Dit was 480 jaar na Israel se uittog uit Egipte.

Hulle was in die wildernis vir . . . . . 40 jaar –

Hand.13v20 onder rigters vir . . . . . 450 jaar

1+2Sam. Saul as koning . . . . . 40 jaar –

Dawid as koning . . . . . 40 jaar –

Salomo . . . . . 3 jaar –

Altesaam was God met hulle vir . . . . . 480 jaar

As ons berekeninge maak moet dit eintlik 573 jaar wees.

‘n Verskil van 93 jaar.

Waar pas die verlore jare in wat God hulle oorgegee het aan hul vyande.

Israel het 5 keer teen God gesondig, waar God hulle oorgegee het aan hul vyande =>

verlore jare sonder God.

Rigt.3v8 – God se toorn teen Israel, verkoop hulle aan die

koning van Mesoptanië vir . . . . . 8 jaar –

Rigt.3v14 – aan koning van Moab . . . . . 18 jaar –

Rigt.4v3 – aan koning van Kanaän . . . . . 20 jaar –

Rigt.6v1 – aan die Midianiëte . . . . . 7 jaar –

Rigt.13v1 – aan die Filistyne . . . . . 40 jaar –

Altesaam wat hulle verkeerd gedoen het in die oë van die Here was . . .

93 verlore jare.

Dit is ‘n vraag wat ons onsself moet afvra?

Hoeveel dae of jare van ons lewensjare kan bereken word in God se

teenwoordigheid?

Al die tye wat ons rebels was teenoor God, is verlore tyd.

Ps.90v9-10 => al ons dae gaan verby deur U grimmigheid, ons bring ons jare deur

soos ‘n gedagte – die dae van ons jare – daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk

is, tagtig jaar – en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet – want gou gaan

dit verby, en ons vlieg daarheen.

As sondaars het ons dalk baie jare verloor.

Maar dankie dat Hy ons eerste liefgehad het, en na ons uitgereik het deur Sy Seun

te gee, sodat ons posisie in Sy teenwoordigheid herstel kon word wat Adam verloor

Daarom is dit ‘n voorreg dat die Heilige Gees ons leer om ons dae so te tel dat ons ‘n

wyse hart mag bekom – wat ons in die môre versadig met Sy goedertierenheid, sodat

ons kan jubel en bly wees in al ons dae.

*************************

Joh.3v16 => is God se verbond met ons – dit wat Hy ons uit genade as guns aanbied.

Gal.1v16 => Paulus se onderwerping aan God => sy roeping => God openbaar Sy

Seun IN Paulus => sy roeping => om Hom aan die heidennasies te openbaar.

In Efes.1 is God se gedagtes aan die begin => dat geen mens sonder Christus IN

HOM, KAN REGVERDIG VOOR HOM LEEF NIE.

Na Jesus se kruisdood en Sy opstanding het God se verbond met die mens

werklikheid geword.

Genade as gawe aan die mens wat Hy as guns aan die mens gee uit Sy

onvoorwaardelike liefde.

Van dat Jesus aan die kruis vir ons VERLOSSING geword het, is ons probeerslae

om God te behaag ‘n ronde nul.

Voor die kruis moes die wet se werke gedoen word – na die kruis voltooi Sy

kruishoutwerke ons uit Vader se genade => die OPGESTANE CHRISTUS is ons

GAWE VAN GENADE.

Hoe nader ons aan die eindtye kom, gaan die Christus IN ons aangeval word as die

vyand van die wêreld, deur die kerk, godsdiens en doktrine as misleiding.

Christus IN ons is die ENIGSTE LEWEGEWENDE persoon IN ONS, AS ONS.

1Kor.1v30 => Christus het vir ons GEWORD, wysheid, verlossing, geregtigheid en

Fil.3 – Paulus se agtergrond was uiterlike godsdiens – hy wou iemand wees – hy was

nog te jonk om deel van die Sanhedrin te word – hy was ‘n vleeslike doener – hy

het gedink as hy sy mede-christene kan vervolg as hulle nie die wet kon nakom nie,

hy sy posisie sal verbeter om deur die Sanhedrin raakgesien te word – hy het geglo

hy is die enigste een wat die wet geken en nagekom het – hy het nie toegelaat dat

enigiemand hom tereg wys nie.

Efes.1 => is die enigste waarheid van voor die grondlegging van die wêreld deur

Christus IN ons, as ons, is die enigste lewe wat daar vir ons is.

Christus IN ons, as ons, maak van ons getuienis van die waarheid, die Evangelie van

Die ander waarheid is die kruis in God se ewigheidsplan vir elke mens.

Ander godsdienste wat dit nie verkondig nie, sê Paulus is ‘n vervloeking – Gal.1v7-8

=> die wat ander in die war deur verdraaiing en ‘n ander Evangelie verkondig, al is

dit ook ‘n engel uit die hemel, laat hom ‘n vervloeking wees.

Fil.3v7 => Paulus moes alles wat vir hom belangrik was verloor in sy onderwerping

aan God => dit wat vir hom wins was, dit het hy om Christus wil skade geag.

So word daar van elkeen van ons gevra is ons bereid om dit wat vir ons belangrik is

agter te sit om Christus wil.

********************

SIMSON => beeld van Christus!

Rigters13 => God het Israel 40 jaar oorgegee aan die Filistyne.

Manoag se vrou was onvrugbaar.

‘n Engel het aan haar verskyn en aangekondig dat sy ‘n seun sal baar – van sy

moederskoot af ‘n nasireër – geen skeermes mag op sy hoof kom nie – hy mag geen

wyn of sterk drank drink nie – hy sal Israel verlos van die Filistyne.

Simson beteken => seun van rus – ‘n beeld van Christus wat sou kom om satan die

vyand van die mens se werke te vernietig.

As seuntjie het hy seker baie verwerp en minderwaardig gevoel, want hy was

afgesonder van hulle almal.

Hy het ‘n probleem met mooi vroue gehad.

Teen God se wil trou hy met Delila, ‘n Filistynse vrou.

Rigters15 => Simson se oorwinning oor die Filistyne – met ‘n eselskakebeen het hy

3000 Filistyne gedood – hy het 300 jakkalse gevang, hul sterte aanmekaar geknoop,

‘n brandende fakkel in die middel vasgemaak en hulle in die Filistyne se graanlande

gejaag – ‘n jong leeu het hy verskeur wat hom wou aanval.

Op ‘n slinkse manier vind Delila uit sy krag lê in sy hare.

Sy SEWE lokke is afgesny en die krag en RUS het hom verlaat.

Hul het sy oë uitgesteek en hom in tronk gegooi.

Rigters 16 => sy hare het weer gegroei – die vorste van die Filistyne het vergader

om ‘n offer aan hul God Dagon te bring – hul het Simson laat kom om vir hulle te

speel – hulle het hom tussen die pilare laat staan – Simson het die dienaar gevra –

laat my staan en die pilare betas – hy het die Here aangeroep en toe hy sy arms om

die pilare plaas het sy krag terug gekom en die huis met 3000 Filistyne op die dak en

almal binne het saam met hom gesterf – so was die dooies meer as almal wat hy in sy

lewe gedood het.

V3 => In Gasa het hy by ‘n hoer ingegaan en die Gasiete het hom gesien – hul het

beplan om hom dood te maak – teen middernag het Simson opgestaan en die deure

van die stadspoort en die twee deurposte gegryp en die met grendel en al uitgeruk

en OP SY SKOUERS gesit en dit OPGEDRA na die top van die BERG wat teenoor

Hebron => gemeenskap.

ð Jesus het die deure van die hel op sy skouers, sy kruis by die stadspoort uitgedra

na Golgote waar Hy vir ons sondes gesterf het – Hy het ons rus geword, want

Hy rus van Sy werke en ons rus IN Hom.

ð Sy dood het vesoening gebring tussen God en die mens.

ð Jesus het nie net Sy verminkte liggaam die heuwel uitgedra nie, maar die hele

mensdom van die begin tot aan die einde van dae op Sy skouers gedra – al ons

sondes wat ons van Adam geërf het, ons omstandighede, situasies waarmee ons

te kampe kry in die lewe, ons siektes, die wet wat ons vyandig was – alles was op

Sy skouers.

Simson se lewe was beeld van Jesus se lewe op aarde – dit waarvoor Hy gekom het.

Waar Simson te doen gehad het met die wêreldse versoekings, het Jesus ‘n sondelose

Selfs satan se versoekings kon Hom nie verlei nie – Hy het elke keer gesê “daar

staan geskrywe!”

Soos satan Eva en Delila gebruik het, het hy Simson gebruik om die mens se

swakheid uit te wys.

Simson het sy rus en krag verloor – hy was afgesonder vir rus in God se weë – hy

was verteenwoordiger van die beeld van Christus wat sou kom.

Hy is beroof van ‘n toekoms sonder visie en vrede.

God is barmhartig en gee hom ‘n tweede kans soos ons lees in Rigters16.

Soos daar op daardie dag baie gesterf het, het Jesus gesterf sodat baie geregverdig

kon word – 2Kor.5v21.

Jesus se kop het eerste gebloei – die bloed wat gevloei het vir die herstel van ons

Ons moet aan Sy voete sit om die gesalfde Woord te hoor wat ons denke vernuwe

deur openbaringskennis van die Heilige Gees.

Soos die doringkroon losraak wat ons gedagtes gevange hou, begin dit blomme van

Kennis is ons krag om standvastig onbeweeglik sterk te staan teen versoekings.

Kennis van Christus in ons is die oorwinning oor omstandighede en situasies,

probleme, krisisse, wat ookal waarteen ons te staan kom.

Ps.34v20 => menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, MAAR UIT DIE

ALMAL RED DIE HERE HOM.

Simson het Israel gerig vir 20 jaar in die tyd van die Filistyne.

*********************

Wysheid en onderskeiding!

Hand.6v1-6 => die kies van diakens.

‘n Murmurering tussen die Grieks-sprekende Jode teenoor die Hebreërs, omdat hul

weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien word.Die twaalf dissipels het

die menigte bymekaar geroep en uit hulle sewe manne gekies,

q Van goeie getuienis –

q Vol van die Heilige Gees –

q En van wysheid.

Op die sewe manne is hande gelê en vir hulle gebid –

En die getal van die dissipels, het in Jerusalem vermeerder, en ‘n groot menigte van

priesters het gehoorsaam geword aan die Woord.

Deut.34v9 => en Josua die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid – want

Moses het hom die hande opgelê.

Josua1v1-7 => God se beloftes aan Josua –

V8 => Sy opdrag aan Josua vir wysheid en onderskeiding.

q Hierdie wetboek mag uit jou mond nie wyk –

q Bepeins dit dag en nag –

q Handel nougeset volgens alles wat daarin geskryf staan –

q WANT DAN SAL JOU WEë VOORSPOEDIG WEES –

q DAN SAL JY MET GOEIE GEVOLG HANDEL.

Hoekom moet ons die Woord lees?

Ons oë is die ingang tot ons gedagtes –

Die Heilige Gees maak die Woord Rhema in ons gedagtes –

Hy verlig die Woord en ‘n Lig gaan vir ons op, en ons verstaan dit –

Dit is geopenbaarde kennis wat ons gedagtes, wil en emosies vernuwe –

Soos ons dink so doen ons.

Ons WEET deur ons gedagtes – soos Rom.6v3,6,9 en 16 sê.

Ons onderskei IN ons Gees waar Christus is – Hy is ons verstand.

Spr.3v13-19 => gelukkig is die mens wat wysheid gevind het, die mens wat verstand

q Verkryging en verwerwing beter as silwer en goud –

q kosteliker as korale –

q in sy regterhand lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer –

q sy weë en paaie is lieflik en vol vrede –

q dis ‘n lewensboom vir die wat dit gryp,

q en elkeen wat dit vashou is gelukkig –

q DIE HERE HET DEUR WYSHEID DIE AARDE GEGROND –

q DEUR VERSTAND DIE HEMELE VASGESTEL.

1Konings3v7-13 => Salomo.

q Ek is ‘n jong seun – ek weet nie om uit of in te gaan nie –

q Dis ‘n groot volk wat nie getel of gereken kan word nie –

q Gee dus aan U KNEG ‘N OPMERKSAME HART OM REG TE SPREEK OOR

U VOLK –

q OM TUSSEN GOED EN KWAAD TE ONDERSKEI, want wie sal hierdie

talryke volk kan regeer –

q Dit was goed in die oë van die Here –

q Omdat jy nie ‘n lang lewe, rykdom en nie die lewe van jou vyande begeer het nie

q MAAR VIR JOU VERSTAND BEGEER om regsake te verhoor –

q EK GEE JOU ‘N WYSE EN VERSTANDIGE HART, sodat nie een soos jy voor

jou gewees het, en een soos jy na jou, nie sal opstaan nie –

q SELFS DIT WAT JY NIE BEGEER HET NIE SAL EK JOU GEE,

q RYKDOM SOWEL AS EER, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees

Gen.41 => Farao se 2 drome wat Josef uitgelê het.

V33 => laat Farao dan nou uitkyk na ‘n VERSTANDIGE en WYSE man en hom

aanstel oor Egipteland.

V39 => en Farao sê aan Josef – aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het,

is daar niemand VERSTANDIG EN WYS soos jy nie.

V41 => kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.

Exod.31v1-5 => God se opdrag aan Moses vir die bou van die Tabernakel =>

Besàleël vervul met die Gees van God, met Wysheid en VERSTAND en KENNIS en

BEKWAAMHEID vir allerhande werk – om kunstige planne uit te dink, om dit uit

te voer in goud en silwer en koper – snywerk in stene wat ingelê moet word – deur

houtsnywerk, om werksaam te wees in allerhande werk.

Efes.1v17-18 => Paulus se gebed vir al die heiliges =>

q Dat God , die Vader van Heerlikheid, aan julle die Gees van WYSHEID –

q EN OPENBARING IN KENNIS VAN HOM MAG GEE –

q VERLIGTE Oë VAN JULLE VERSTAND –

q Sodat julle kan WEET wat die HOOP van sy ROEPING –

q En wat die RYKDOM van die HEERLIKHEID –

q Van sy ERFDEEL onder die heiliges is.

********************

Jesus ons HOOP van ‘n beter verbond!

Heb.7v21-22 => U is priester vir ewig volgens die Orde van Melgisédek –

in sover het Jesus van ‘n BETER VERBOND BORG GEWORD.

Rom.1v16 => sê Paulus => want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie,

want dit het ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook

God se krag => ‘n ontploffing soos dinamiet het in ons plaasgevind tot redding en

verlossing deur Jesus se kruisdood.

Die vernietiging van ons sondes en misdade van Jes.53 – alles wat satan van die

mens gesteel het – is in ‘n ontploffing van God se krag vernietig tot onmiddellike

redding en verlossing.

God het aan die mens ‘n vrye wil gegee vir sy keuses en besluite.

Deur hierdie wil kan ons nie uit ons eie besluit ons is gered van wat Adam verloor

God het Sy Seun gestuur en Jesus die 2de Adam se keuse was dat Hy sal sterf sodat

ons weer in die posisie kan wees wat Adam verloor het.

Hy het as Seun van die mens gekom in die vlees.

In Hom was geen sonde nie, maar Hy het sonde in ons plek geword – 1Kor.5v21.

Redding en verlossing van stres, genesing en rykdom in alle areas van ons lewe =>

Rykdom van Heerlikheid nou en vir ewig in die hemel – rykdom in kennis van God

– rykdom van Abraham hier op aarde, en rykdom van alle geestelike seëninge in

die hemel – rykdom van ‘n ewige lewe by Vader in Sy Koninkryk van Lig – die

rykdom van ons erfdeel en kindskap IN Christus – in Christus aan die regterhand

van Vader, die rykdom van lengte van dae in Sy regterhand – in Sy linkerhand eer

Hierdie Evangelie van krag is Paulus se Evangelie wat Jesus self aan hom in Arabië

gegee het – Gal.1.

Die 4 evangelies was babakos vir Jode, voor die kruis.

Paulus se Evangelie vaste voedsel vir almal wat glo.

Die Evangelie van Genade na die kruis – Efes.2 => vir die wat ver was, die heidene,

en die wat naby was, die Jode, te vereing deur Sy bloed – deurdat Hy in Sy vlees

die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge

bestaan, sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot EEN NUWE MENS

kon skep, en albei in EEN LIGGAAM met God kon versoen deur die kruis, nadat

Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

Dawid en Jonathan se verbond =>

Ons Hemelse Dawid en Jonathan se verbond.

Dawid beeld van God –

Jonathan beeld van Jesus.

Ps.89v4-5 => sê God – Ek het ‘n VERBOND gesluit met My uitverkorene, met ‘n

EED aan Dawid, My kneg – tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou

troon opbou van geslag tot geslag.

V35 => Ek sal My VERBOND nie ONTHEILIG nie, en wat oor My lippe gegaan

het, sal Ek nie verander nie.

V36 => een maal het Ek gesweer by My heiligheid – waarlik Ek sal vir Dawid nie

V37 => sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon SOOS DIE SON VOOR MY!

V38 => soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou.

‘n verbond is om posisies te verander.

Dit word deur bloed aan mekaar met ‘n eed bevestig.

1Sam.18v1 => Jonathan se siel het verkleef geraak aan die siel van Dawid, en

Jonathan het hom liefgekry soos sy eie siel.

V3-4 => Jonathan en Dawid sluit ‘n verbond met Dawid – trek sy mantel uit en gee

dit aan Dawid – ook sy klere, selfs sy swaard, boog en gordel.

Jonathan het aan Dawid gesê – jou vyande is my vyande.

Dawid het voorspoedig geword en guns by almal ontvang.

1Sam.20v13-17 => hul verbondsbeloftes aan mekaar – as my vader onheil oor jou

wil bring sal ek dit openbaar, sodat jy veilig kan wegkom – mag die Here met jou

wees soos Hy met my vader gewees het – as ek dan nog lewe, die guns van die Here

bewys, sodat ek nie sterwe nie – sal jy ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie,

wanneer die Here die vyande van Dawid, een vir een van die aarde uitroei nie – so

het Jonathan dan ‘n verbond gesluit met die huis van Dawid – EN DIE HERE HET

DIT GE-ëIS van die hand van Dawid se vyande – Jonathan het Dawid weer laat

sweer by die liefde vir hom, want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel = >

met al sy gedagtes, wil en emosies.

Sag.12 => heil en seën vir die verre toekoms –

V10 => oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal EK UITGIET

DIE GEES VAN GENADE EN SMEKINGE – en hulle sal opsien na My vir wie

hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n

ENIGSTE SEUN en bitterlik oor Hom ween – oor ‘n EERSGEBORE KIND.

‘n Beeld van God => ‘n Verbond wat gemaak is tussen God en die SEUN VAN DIE

MENS, Jesus, die ENIGSTE en EERSGEBORE SEUN VAN GOD – wat verwerp is

Ons is die slapende figure IN Christus.

2Sam.4v4 => en Jonathan het ‘n seun gehad, lam aan altwee sy voete – hy was vyf

jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jonathan uit Jisreël gekom het, en sy

oppasser het hom opgetel en gevlug – maar terwyl sy in haastigheid vlug, het hy

geval en lam geword, en sy naam was Mefibóset.

Die wêreld is kwaad vir God.

Die hele gevalle mensdom, was lam in die vlees soos Mefibóset, as gevolg van Adam

se ongehoorsaamheid.

Daarom het die tweede Adam Jesus verskyn om die mensdom te red van sy lamheid,

satan se heerskappy oor die mens.

Dawid, beeld van God, vyand van Saul, beeld van satan.

Niemand het geweet van Dawid en Jonathan se verbond met mekaar nie.

2Sam.9 => Dawid se edelmoedige gedrag teenoor Mefibóset.

Dawid roep => is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek hom kan GUNS

bewys terwille van Jonathan.

God roep nog steeds => is daar iemand in die wêreld wat Ek kan seën?

Heb.3v7 => daarom soos die Heilige Gees spreek – vandag as julle Sy stem hoor,

verhard julle harte nie soos in die verbittering , in die dag van versoeking in die

Hy roep ons elkeen op ons naam.

2Sam9v7 => Dawid aan Mefibóset – wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik

guns bewys terwille van jou vader Jonathan en al die grond van sy vader Saul aan

jou teruggee, en jy sal altyddeur aan my tafel brood eet.

Wees nie bevrees nie => engel aan Maria – Jesus na Sy opstanding aan dissipels.

‘n Verkeerde opinie van God kan ons bevrees maak vir Hom.

Bekering is ‘n verandering van ons gedagtes oor God.

Hy wil Sy goedheid en onverdiende guns aan ons bewys.

Dawid, beeld van God bewys genade, onverdiende guns aan Jonathan, sy

verbondsmaat se seun.

Die verbond sluit al die kinders ook in.

Vader in verbond met Jesus – almal IN Christus is verbondskinders van Vader.

Weet ons ons is verbondskinders, nie deur gedoop te word met water nie, maar deur

die bloed van van Jesus – ons is saam met Hom gekruisig, dood en begrawe – die

ewige lewe ontvang deur Sy Opstandingslewe.

Ons is met Sy bloed in Sy dood en Liggaam gedoop.

‘n Verbond kan nie verbreek word nie.

God in verbond met ons die weergeborenes, Sy verbondskinders, wat nie verbreek

‘n Verbond gee sekuriteit.

Lees gerus die hele Hoofstuk 9 van 2Samuel => Dawid het aan die hele volk reg en

geregtigheid gedoen => beeld van ons Vader deur Jesus die Gekruisigde, Opgestane

Laat ons die Drie-enige God voortdurend prys met die Psalms van

2Kron.29v30 => daarop gee koning Jehiskia en die owerstes aan die Leviete

bevel om die Here TE PRYS MET DIE WOORDE VAN DAWID EN ASAF, DIE

SIENER, en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.

Ps.23 => die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie.

Ps.34 => ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my UIT AL MY

VREES GERED – Hy het my uit al my benoudheid verlos – die wat die Here soek,

het geen gebrek aan enigiets.

Bid die hele Psalm vir jou en gesin.

Die reukwerk van lofprysing is Dawid se woorde in die Psalms.

Ons moet dit leer en daarin God verheerlik.

1Pet.3v10 => wie die lewe wil liefhê en goeie dae sien, moet sy tong bewaar van wat

verkeerd is, en sy lippe dat hul geen bedrog spreek nie.

2Pet.1v2 => mag genade en vrede julle vermeerder word deur die KENNIS van God

en Jesus, onse Here.

Dis om Jesus meer te sien in alles om ons en IN ons, as ons – dit is ons krag, wysheid,

oorwinning, bewaring, beskerming, vreugde en vrede vir elke oomblik van die dag.

Nie net as dit goed gaan nie, maar ook in ons teenspoed en slegte tye.

Deut.28v12 => die Here sal die goeie SKATKAMER, die HEMEL, vir jou oopmaak

om die REëN van die land op die regte tyd te gee en om die werk van jou hande te

seën – en jy sal aan baie nasies uitleen maar SELF NIE HOEF TE LEEN NIE.

Die hemel is ons geestelike skatkamer.

Hy open die skatkamer met die sleutel van reën => geestelike seën om te gaan

God het Israel die kleinste volk gekies om al die ander nasies te wys hoe goed Hy is.

1Kor.15v45 – die eerste Adam aards, geen lewe –

die tweede Adam die geestelike, gee lewe, die ewige lewe.

Mat6v19-20 => moenie skatte van juweliersware wat kan roes en gesteel word

bymekaar maak nie – maar skatte in die hemel wat eg is en nie kan roes nie – ‘n

intieme geestelike liefdes-verhouding met God – die wins is ontelbaar wat in die

ewigheid hierna nie sal opraak nie – dit sal net nog vermenigvuldig.

Mark.10v29 => Jesus antwoord – daar is niemand wat huis, broers, susters, vader,

moeder, vrou, kinders of grond terwille van My en van die Evangelie verlaat het

nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel huise, broers, susters,

moeders, kinders en grond, SAAM MET VERVOLGINGE, en in die eeu wat kom,

die ewige lewe.

Vervolging ook ‘n seën!!!

Dit is verborgenhede wat net die Heilige Gees vir ons kan openbaar sodat ons dit

geestelik kan verstaan en ons gedagtes daarmee kan vernuwe.

Jes.55v9-11 => want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle

weë en My gedagtes as julle gedagtes – want soos die reën en die sneeu van die

hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak

dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter – so

sal My Woord wees wat uit My mond uitgaan – dit sal nie leeg na My terugkeer nie,

maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

God is hoër as ons behoeftes – Hy gee oorvloedig meer as waarvoor ons vra of bid.

2Kor.9v8 => God het mag om ALLE GENADE OORVLOEDIG oor julle te laat

wees, sodat julle altyd in alle opsigte VOLOP kan hê en oorvloedig kan wees tot elke

V9 => soos geskrywe is – hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy

geregtigheid bly tot in ewigheid.

Voorspoed is nie selfsugtig nie, deur alles vir jouself te hou nie.

Waar Sy Woord gaan, volg Sy seëninge.

Jes.45v2-3 => Ek self sal voor jou uitgaan en hoogtes gelykmaak – koperdeure sal

Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan – Ek sal jou die skatte gee wat in die

donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek jou naam roep,

die God van Israel.

Wat ons verloor, Vader gee altyd iets beters terug.

Hand.3 => Petrus se toespraak in die tempel – die genesing van die kreupel man.

V12-21 => volk was verwonderd – asof dit deur Petrus en Johannes se eie krag

die man genees het – dit is deur die Man Jesus Christus, wat julle gekruisig het –

die Leidsman tot die lewe het julle gedood – God het Hom uit die dode opgewek,

waarvan ons getuie is – deur die geloof in Sy Naam, die kreupel man het hom

gesond gemaak in julle teenwoordigheid – kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat

julle sondes uitgewis kan word en TYE VAN VERKWIKKING van die aangesig

van die Here mag kom.

So is God besig met herstel aan die mens soos dit was voor die val van Adam.

Die tweede Adam is die Persoon van herstel.

Joël2v25 => Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger,

die kaalvreter en die afknyper verslind het – My groot leërmag wat Ek teen julle

gestuur het => die aardse seëninge van Abraham.

Aan Sy weergebore kinders die seëninge wat IN Christus verborge is en aan ons

behoort, die genade en guns deur Christus IN ons, as ons.

Vader het Christus gegee, sodat ons IN Sy guns kan staan.

Liefde is nie ‘n emosie nie, maar ‘n keuse.

God het ons eerste liefgehad => Joh.4v10 – hierin is die liefde – nie dat ons God

liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy Seun gestuur het as ‘n

versoening vir ons sondes.

Jesus het Homself vir ons geopen, ons deelgenote gemaak van Sy erfporsie van Sy

Christus IN ons is ons vesting van Hoop => ons is Sy gevangenes van Hoop.

Sag.9v12 => keer terug na die vesting, O HOOPVOLLE GEVANGENES – ook

verkondig Ek VANDAG aan dat EK JOU DUBBEL SAL VERGOED.

Jesus die opgestane Christus IN ons, as ons, is ‘n persoon.

1Kor.1v30 => HY AS PERSOON => het vir ons geword wysheid uit God,

geregtigheid, heiligmaking en verlossing.

Hy as persoon is ons genesing.

Christenskap is nie ‘n formule of doktrine nie, maar ‘n PERSOON, Christus IN ons,

Gen.39v1-6 => Josef – die Here was met Hom, sodat Josef ‘n voorspoedige man was.

Die Here was Sy sterkte, sy oorwinning oor die verleiding van Potifar se vrou wat

hom wou verlei, al moes hy weer tronk toe gaan.

Dankie Jesus U IN ons, as ons, is ons mate van oorwinning en geregtigheid.

Dankie Jesus dat ons in U Teenwoordigheid kan wandel.

Dankie dat U ons liefhet en na ons teenwoordigheid verlang.

Dankie Heilige Gees dat U ons gedurig daarvan bewus maak en ons leer en

voorberei vir so ‘n “elke-oomblik-se-wandel.”

Salomo => in God se regterhand was God se wysheid en rykdom vir Salomo.

Jesus is ons linkerhand – in Hom alle seëninge van die hemel vir ons –

Hy wil hê ons moet met Hom praat oor alles – van die kleinste tot die grootste dinge

wat ons beleef – Hy is die persoon wat vir ons geword het – Hy is die rook, die vierde

persoon in die vuur – ons moenie ons probleme en krississe alleen wil dra nie –

Jesus is die oorwinning tussen irritasies en frustrasies – Sy Teenwoordigheid is die

Ons moenie agter die simptome aanhardloop nie – hardloop na Jesus toe.

2Kron.26v5 => die jong seun van 16 jaar, Ussia het gedoen wat goed was in die oë

van die Here net soos sy vader Amasia gedoen het – hy het die Here GESOEK en

God het hom VOORSPOEDIG gemaak.

Die Woord is ons rigtingwyser onder leiding van die Heilige Gees ons Leermeester.

Ons moet leer om IN Christus IN ons te rus – Hy is ons rus.

Naomi het vir Rut gesê in Rut3v18 – sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak

Mat.11v28 => kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal jou RUS

Amp. Bible – I will cause you to rest ( I will ease and relieve and refresh your souls.)

*************************

Lewer kommentaar